Miljoene by stadion geswipe ná Bieber-konsert
Justin Bieber was seker bly om na Suid-Afrika te kom. In sy tuisland van Amerika of Kanada of Willy Wonka’s Chocolate Factory of watookal is hy nog nie oud genoeg om te drink nie. Op 19-jarige ouderdom is dit egter in Suid-Afrika verpligte aktiwiteit om B&C’s weg te slat tot jy minstens een van jou vriende donner, dan onder die bure se venster te staan en hul dogter te serenade met ‘n Kurt Darren tune, al die woorde behalwe “Kaptein … kaptein … kapteeeeein” te vergeet, agter te kom jy’s by die bure aan die verkeerde kant se huis en in jou eie kots voor jou ma-hulle se posbus aan die slaap te raak.
Die organiseerders van sy show in Johannesburg is dalk egter nou spyt hulle’t dit gereël, want sien, ‘n heavy Ocean’s 11 tipe crew het by ‘n kantoor in die FNB-stadion ingebreek met kabels wat hulle laat afsak en al daai kief goed. Hulle’t eers soos daai dude in Shawshank Redemption deur ‘n muur gegrou om in die eerste plek in die kantoor te kom. Die amptelike syfer is nog onbekend, maar meeste nuuspublikasies tune dit was miljoene rande waarmee die ouens weggekom het.
Shit, heavy. Dis redelik duidelik dat iemand “on the inside” gehelp het om die heist af te pull. Jy kan immers vir ‘n paar honderd rand ‘n sertifikaat koop om ‘n security guard te word, so dis nou nie asof die dudes/dudinne deur ‘n moerse moraliteitstoets of iets moet gaan voor hulle daar kan werk nie.
Volgens ‘n onbekende bron wat nie bestaan nie het Bieber oor die voorval gesê: “Julle bedoel seker biljoene dollars? Wat de fok is ‘n miljoen? Ek’t nog nooit van so iets gehoor nie. Leer duideliker praat, ek en Usher gaan nou eers bietjie … uhm, vergader.”
Poes. – NY Daily News
Polisie-alligator vang vlugtende boef
Vir die van julle wat nie weet nie, ‘n Alligator (in Afrikaans – ‘n aligator) is basically ‘n klein krokodil, ook bekend as ‘n Amerikaanse krokodil.
Raait. Nou, Bryan Zuniga van Clearwater het by ‘n traffic stop gereken hy sal eerder weghol van die cops en by ‘n waterway induik as om ‘n fine te kry vir wat hy ookal verkeerd gedoen het. ‘n Alligator in die waterway het gescheme “norrefok, jou letterlik nat naai” en hom ‘n paar byte gegee. Die alligator was sowat ses tot agt voet lank, so dis ook nou nie asof dit ‘n fokken akkedis is nie.
Die ou se kop en een arm was in die ‘gator se kake, maar hy sê hy’t met sy regterarm en sy bene gefight teen die reptiel en op die ou end losgekom. Net nadat hy seriously die dood in die gesig gestaar en dit afgefight het en waarskynlik gereken het hy’s moerse badass is hy egter in hegtenis geneem en gaan tronk toe.
Daar’s seker ‘n les in hierdie storie, maar ek’s te babelaas om dit uit te figure. Fok, do unto others blabla, so iets.- Fox 13
Vrou bliksem restaurantwerker oor te veel pickles in broodjie
Ons almal ken die gevoel. Hoe meer jy by ‘n restourant vra dat hulle nie uie op jou burger sit nie, hoe meer uie poes hulle daarin. Maar die meeste van ons sal net sug en skoon vodka daarby bestel, want as jou sooibrand onafwendbaar is, fokkit, doen dit maar ordentlik.
Die 49-jarige Tina Drouin van Massachussets in Amerika het besluit kak met dit. Sy het ‘n steak-en-kaas-broodjie by Nathan’s Famous Hot Dogs bestel. Blykbaar het sy gekyk hoe hulle die broodjie maak en vreeslik gevloek en geskree oor die samestelling van die broodjie, veral omdat daar te veel pickles in was.
Sy het vir ‘n refund gevra. Die vroulike werker wat haar gehelp het, het geweier. Drouin het die werker toe in die gesig geslaan, twee moerse pickle jars omgegooi en weggehardloop. Die werker het besluit kak met dit en Drouin agternagesit. Die werker het Drouin vasgetrek en aangehou tot die polisie gekom het.
Ek skat ‘n mens kan sê …
(sit donkerbril op)
… sy moet nou maar tronk toe piekel.
YEEEEEEAAAAAH! – Boston.com
Watkykjy staan op 3,124,116 post views in totaal sedert 1 November, 2019.