Score tickets na Park Acoustics se derde birthday!

In Kompetisie deur griffin

Na ons hele mission Metallica het ons alweer min slapies ingekry en is weer vroeg die Sondagoggend Park Acoustics toe. Dit was die eerste Keer dat Van Coke Kartel daar gejol het. Befokte vibe gewees. Check so bietjie foto’s en ‘n video recap uit van die gig hieronder.

Ons gee vandag ook twee double tickets weg na die volgende Park Acoustics. Dis hulle derde birthday en daar is ‘n killer line-up. Click sommer op die flyer vir meer info. Ons gaan nou nie hanna-hanna daaroor nie.

As jy tickets wil koop, kry dit hier, maar jy beter fokken gou maak.
park acoustics 3rd birthday

Watkykjy se top notch fotograwe, Henry Engelbrecht & Ingrid Swart het weer ‘n paar kief kiekies geneem van laaskeer se jol.Daar is ‘n paar seriously befokte shots. Check die Watkykjy Flickr stream uit:

En nou vir die kompetisie om twee dubbel kaartjies te score:

  • Check die video hieso onder wat ons gemaak het.
  • Pause hom op 1 minuut en 44 sekondes.
  • Vertel vir ons in jou eie woorde wat in daardie scene aangaan (sommer in die comments – nie langer as 150 woorde nie)
  • Die twee mees kreatiefste beskrywings score elkeen ‘n set double tickets.
  • Jy het tyd tot 13:30 vanmiddag (Vrydag, 17 Mei) om in te skryf.

Go!

Hierdie post is 111 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,737,578 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinScore tickets na Park Acoustics se derde birthday!