Jy kan die eerste drie dele hierso uitcheck:
In hierdie vierde en laaste deel gaan ek julle tune wat jy alles in om Phuket kan doen (actually geld dit seker maar vir Thailand in general ook). As jy een van daai marabse is wat absoluut fokken alles uitcheck en shit afneem met vuurhoutjieboksies langs dit om skaal aan te toon, is hierdie dalk nie vir jou nie. Ons holiday was moerse relaxing en ons het nie veel gedoen nie. ‘n Klomp goed het ons bloot net fokol geïnteresseer, maar ek sal dit hier noem sodat jy vir jouself kan besluit en dan (soos die grootmense sou tune) ‘n informatiewe besluit kan neem.
Ons val sommer weg met die scams, want omtrent elke fokken aktiwiteit is gekoppel aan ‘n scam. Jy moet net besluit vir hoeveel zak jy wil tatta roep.
Soos in een van die vroeër posts genoem is, is amper elke tweede shop ‘n family mart, apteek of ‘n massage parlour. As jy vir ‘n relaxing massage wil gaan van so uur lank, doen dit by jou hotel. Die chicks (en dis regtig chicks) ken hulle storie. Hulle werk op drie settings – soft, medium en opfok. Ons het vir twee sessions gegaan op twee verskillende dae. Die eerste een was befok gewees. Sagte musiek, jou voete word eers gewas (dit was nogal fokken creepy) en dan begin die tannie al jou spiere te bewerk (nee, nie daai fokken spier nie). Sodra jy besig is om aan die slaap te raak, is die session verby en jy is moerse relaxed. Kalm soos ‘n daggawalm.
Die tweede dag se session was ‘n fokken disaster. Ek en die goose het weer ingeklok, sy het medium gekies en ek het ge-opt vir hardcore. Alles na die deel waar die petite chick my voete gewas het was pure fokken hel gewees. Toe ek weer check is die chick bo-op my, my voete en arms is soos koeksusters gebuig en alles word in verskillende rigtings getrek. Fok alleen weet waar so klein meisie so baie krag kry, maar sy het vir my six-love opgefok. Dit was asof sy besig was met ‘n excorcism. Ek het verwag dat ek enige tyd in vlamme sou uitbars en al brandende kaalgat deur die strate hardloop en skree “Kill the witch!” Sy het fokken alles ingeclick, uitgehaak en terug geclick. Bewerig het ek koorsagtig terug hotelkamer toe geloop en prewel en eers in die badkamer ‘n poep gewaag. ‘n Poep met ‘n skilletjie, want sy’t alles fokken losgemaak. ‘n Uur later was my ass Krakatoa. ‘n Average poep se PSi is ongeveer 4. Dit het vir my gevoel asof die Hindenburg al vlammende deflate deur ‘n opening so groot soos ‘n ou 5 sent coint. Flaming, akute spuitkak . Jirre. Moet nooit vir die diep, harde massage gaan nie. Jy gaan fokken kreun, pappie!
As dit jou sou behaag, kan jy wel in die strate gaan probeer vir massages. Dis nou as jy aspris op soek is na ‘n happy ending, maar ek kan nie waarborg dat daai chicks nie dalk piele ook onder hulle skirts dra nie. Dis maar jou roep. As jy happy is dat ‘n chick jou riem ruk en jou obrengste vang op welke manier jy verkies nadat sy reeds twintig ander ouens se apies pakslae gegee het, wie is ek om in jou pad te staan? Moenie huil as iemand jou zak steel nie. Dit sal jou nie Baht nie.
Wat jou wel miskien sal baat is om vir jouself ‘n snazzy suit te koop. Lekker tailor made en alles. Hier moet jy ook ligloop, want elke tweede doos op straat wil jou probeer wysmaak dat hy vir jou ‘n suit kan maak. Jy gaan genuine gatvol raak vir hierdie ouens. Daar is twee maniere hoe hierdie scam werk: 1) Poesneus tune jou hy kan vir jou ‘n cashmere suit maak. Hy neem jou afmetings en as jy weer sien het jy ‘n polyester suit wat lyk of dit vir ‘n politician sou pas: Short arms, deep pockets. Asof ‘n pak blinde poedels ‘n naaimasjien in die hande gekry het. 2) Die scamster vat jou na sy “tailor” toe. Julle hop in ‘n taxi wat die kak uit jou overcharge en jy kry jou suit teen ‘n effense bargain. Wat jy nie sien nie, is hoe die drie naaiers jou taxi fare en suit se mark-up split. Almal is in op die deal. Kyk, ek het nie ‘n fokken suit nodig vir niks nie, so ek het nie een gekoop nie. Hoe avoid jy hierdie irriterende fokkers op die straat? Koop vir jouself ‘n t-shirt wat tune: “No, I don’t need a fucking suit, a fucking taxi or a fucking massage. Leave me the fuck alone!” Moenie meer as 150 Baht vir daai shirt betaal nie. Oplossing twee (ingeval jy bittergraag ‘n suit wil koop en nie verder lastig geval wil word nie): Gaan kry jou suit sommer die eerste dag en gaan vir ‘n massage met ‘n happy ending. Maak seker die tannie met die tril skiet jou soldate oor jou baadjie se lapel uit. Ry dan rond op ‘n skoeter. So sal taxi drivers, tailors en massage “therapists” jou uitlos. Want sies.
Vir ‘n rustige dag op die beach het jy nie veel nodig nie. Jy huur deck chairs en ‘n sambreel vir next to fokol en daar is heeltyd mense wat rondloop en snacks, koeldrank en bier verkoop. Parasailing is heelwat pret en veilig maar effens duur. Wees bereid om R300 te blaas vir vyf minute se pret hoog in die lug agter ‘n speedboat vanwaar jy die hele town uit die lug kan kokkenodge. Moet net nie so ‘n doos soos ek wees en ‘n framed foto van jouself in die parasail se harnas koop nie. Dit kos R120 en jy gaan soos ‘n proper kont lyk. Die ouens snap net ‘n kiekie terwyl jy nog jou swembroek uit jou hol trek en so stupid Kepler Wessels smile trek. Die bra stop dit in jou hand en jy betaal. Not my finest moment. Lekker fokken oopmondkind.
Die jetski’s lyk ook heel aanloklik, maar dis een van die nuwer scams. Jy huur dit teen R750 per uur wat in my nederige opinie kak-fokken-duur is. Nadat jy dit terug gee, begin hulle met jou baklei en tune jou hy het die ding opgefok. Dit gaan nie help om al die vloekwoorde wat jy op Watkykjy geleer het op hulle te skree nie, want hulle ontbied dan die polisie wat heel toevallig within earshot na die argument staan en luister. Die polisie raai dan aan dat jy die bra se “skade” van sowat R4000 betaal as jy nie tjoekie toe gesleep wil word nie. Die victim betaal dan die jetski poes en sodra hy sy rug draai, deel die con artist en polisie die zak. Heavy kak styl. Gelukkig het ek my eie jetski, so ek is darem nie heeltemal fokol gewoond nie.
Hey, outjies, maar daar is hoop! Nie alles in Thailand is ‘n scam nie. Daar is baie ander activities wat jy kan geniet, soos Thai boxing, olifant shows en besoeke aan hulle weird goue tempels. Ons het nie een van daai gedoen nie maar dis maar ‘n persoonlike ding. Hulle adverteer Thai boxing elke dag in die strate vanaf modified bakkies met moerse banners en sound systems. Gewoonlik word een of ander bleek poes van Australie of Engeland deur ‘n Thai outjie gedonner. Daar is nie legit bouts nie – hulle buit net toerisme uit. Dis niks meer as ‘n glorified sparring event nie. Dis omtrent net so boring soos ‘n fokken olifant show. Wie wil nou kyk hoe lomp geverfe diere met klere aan op hulle agterpote staan, mekaar se sterte vashou en in die rondte loop? Jissis, olifante is poesboring diere. *Klap stadig hande. Kyk op horlosie. Kry sooibrand.*
Vir sommige mense is die Thai tempels impressive. Not so much for me. Die enigste keer wat ek myself naastenby in soortgelyk milleu bevind het, was by die Voortrekkermonument verlede jaar. Die enigste rede hoekom ek die plek besoek het, was omdat ek ‘n Kaaskop die HELE fokken Pretoria moes gaan wys het. Ek het net ‘n klomp opgemaak en vir die arme siel gelieg oor alles. At least was ek vir myself entertaining.
Voor ek by die lekkerste scam uitkom moet ons gou eers die boringste een uit die pad kry. Die Australian property scam. Terwyl jy sit en roomys vreet op die sypaadjie sal een of ander couple op ‘n scooter langs jou stop. Gewoonlik ‘n chick van een of ander eksotiese land en ‘n Suid-Afrikaanse poes (hy lift die chick). Lang stories kort, kry jy ‘n scratch card waarmee jy ‘n ipad, ‘n vakansie in Thailand of ‘n Blackberry kan wen, maar jy mag nog nie krap nie. Jy moet eers gou saam met hulle na ‘n meeting toe gaan. In retrospek is ek bly ons het hulle offer aanvaar. Ons het onsself fucked up geloop die hele oggend en het ‘n lift nodig gehad. Hulle organise ‘n taxi for free na die middel van die town, jy kry ‘n free drink en luister hoe ‘n charismatic Australian ‘n gat in jou kop probeer praat oor timeshare. Dan gaan wys hy vir jou fokken duur apartments terwyl jy die bra uitvra oor scams in Thailand en hy jou alles vertel. Daarna kry jy nog ‘n drink, hy pitch sy kakduur timeshare aan jou en begin geld praat. Jy tune hom jy is poesarm, hy krap jou scratch card en jy wen ‘n free vakansie in Thailand (nooit die iPad nie). Jy poes die scratch card in die asblik en bedank hom vir die free taxi ride na Hard Rock Cafe en gaan aan met jou lewe.
Fok, daar is nou so baie kak gepraat dat daar nou ‘n deel V ook geskryf moet word. Ek sweer, dit sal die laaste een wees. In die meatime, check hierdie award-winning documentary wat ek oor Phuket aanmekaargesit het. Dit sal jou min of meer ‘n idee gee van die kak wat ons gesien het. Ek skiem ons praat sommer volgende keer oor die ping-pong show. Dis nogal poes erg (pun intended).
Watkykjy staan op 3,110,847 post views in totaal sedert 1 November, 2019.