Sommer so vir starters wil ek net iets van my hart of kry en dit is dat Pretoria se hipster laaities my erg maak worry. Ek meen, dalk moet iemand vir die mannetjies wat met ma se kar rondry bietjie leer waddefok 'n mosh pit is, want wat laasweek by Griffin se party by Arcade Empire gebeur het, het die outjies my laat dink rock 'n roll het van 'n full blown contact sport na iet soortgelyks aan hacky sack verander het.
Ek meen seriously! Dat ek met 'n vol brannas tot voor teen die stage kon loop en check hoe Van Coke Kartel gejol het, was ietwat kommerwekkend. Ek meen daai ouens het weer iets mal uitgefreak en al is dit baie oulik dat julle manne al die woordjies so mooi ken, sou Kortbroek meer daarvan gegou het om dalk so bietjie bloedneus daar weg te mission.
Miskien mis ek net die dae toe ek nog tydens Soulfly se set so hard gedonner is dat ek geskiem het Metallica is Slipknot. Dalk is ek net die een wat al hoe meer krimpie word en dit nie like nie. Meer afpissend is die feit dat meeste van die SnorCity seuns van vandag so baie ysters in die gym rondgooi tog so rustig kan wees as die befokste band in Suid Afrika jam. Maybe is dit 'n Oos-Rand ding. Terloops, aweh RAMFKNJAM, julle tunes het behoorlik gat geskop.
Geluk ook aan Griffin wat die week verjaar het en op een monster babelas sy SuperBru picks gemaak het. Ja dis mos hoekom ons hier is. Kom ons vergeet gou van die moshless laaities wat protein shakes bo zamalek verkies.
Kortbroek was laasweek on-fokken-fire met 6 uit sewe games in die kol. Net die Reds wat gaan staan en draw het was my ondergang. Dit was die eerste keer in ses weke wat ek nie carrots geëet het nie. Dankie die Highlanders wat iets gewen het en dankie aan daai sexy nurse in SuperBru Rehab wat my gekeer het om die Stormers en Sharks te back.
In SuperBruRehab leer hulle ons mooi van kies met die kop en nie met die hart nie. Tog as ons die naweek se games mooi check, is 'n relapse op die kaarte. Net so vir die rekord: ek's bly iemand het vir Steve Walsh getune hy's 'n doos, but then again is dit seker iets wat elke week gebeur so ek weet nie hoekom bitch daai Kiwi/Aussie ref so nie. Fok tog.
Voor ons gaan check wat die naweek in SuperRugby gaan gebeur, aweh ook vir die BlitsBokke wat laasweek weer Kiwi's maak huil het. Gooi weer rooi die naweek manne! Julle behoort die support van so 3 miljoen Suid-Afrikaners wat in Londen rond tos se support te hê.
Raait, hier is die ruggas as jy nog nie besluit het nie:
Chiefs v Force
Griff: Chiefs met 25
Skenier: Chiefs met 8
Kortbroek: Chiefs met 16
Reds v Sharks
Griff: Reds met 13
Skenier: Reds met 10
Kortbroek: Sharks met 2
Cheetahs v Hurricanes
Griff: Cheetahs met 8
Skenier: Cheetahs met 6
Kortbroek: Cheetahs met 11
Blues v Rebels:
Griff: Blues met 4
Skenier: Blues met 16
Kortbroek: Blues met 23
Waratahs v Stormers
Griff: Waratahs met 6
Skenier: Waratahs met 4
Kortbroek: Stormers met so 5
Kings v Highlanders:
Griff: Kings met 1
Skenier: Highlanders met 4
Kortbroek: Highlanders met 6
Watkykjy staan op 3,092,337 post views in totaal sedert 1 November, 2019.