Die maybe 'n goeie idee om ook ons interview met James Hetfield van Metallica te lees as jy dit nog nie gedoen het nie. Kry hom hierso.
"Van Coke Kartel se manne het hul bes probeer om die skare se aandag te trek. Wynand Myburgh, basspeler, het sy lyf geruk en Francois van Coke het rondgehardloop en geskree terwyl die gehoor die stadion opgevul het. Die luidrugtigste reaksie wat hulle ontvang het, was egter toe Van Coke “Metallica!” aan die einde van hul optrede uitgeroep het."
Uhhm… askies tog, maar is dit nie maybe hulle fokken job nie? Was die opgeskote kind al ooit by ‘n live concert gewees? En obviously sal mense aapkak gaan met die noem van Metallica. Dis like… 'n Metallica konsert. Anyway, dis hoe Malherbe Nienaber, 'n nat-agter-die-ore reportertjie van Die Burger die begin van Metallica in die Kaap beleef het. Iewers op dieselfde bladsy reken hy "Nuwe Metallica album eersdaags uit". Sy definisie van eersdaags is seker 2015. 'n Hele paar ander publications het ook die kat aan die clit beetgehad. IOL het sommer getune dat Fokofpolisiekar vir Metallica ge-open het. Jirre ouens. Fokken skaam.
Dis hoekom Watkykjy Metallica toe gestuur is. Om die job oordentlik te doen. Vir die fans. Vir Mission Metallica. En at the end of the day, soos Naas sê, was dit nogal fokken epic. Kliphard. En seer.
1. One
Ons het die Woensdag voor die Kaapse gig begin met 'n V-Town hookup in Long Street met tjommies wat ons moer lanklaas gesien het. Hulle, soos ons, sou ook die Kaap gig sowel as die Joburg gig kokkenodge. Dis met sulke aande waar mens die rookie mistake maak van "gaan poesgroot die aand voor die actual show". Maal tien. V'town style. Dit het ons nogal gebreek op aand een. Met griep en alles wat ook nog so hap-hap aan die ballas het ons eventually uit die pisvelle gekruip die volgende middag, 'n hand vol pille (vir griep, jou aap) gegryp en saam met 'n paar biere afgesluk. 'n Bussie het twaalf van ons by Chopper se huis kom oppik en Veldrome toe gepiekel. Belville pappa!
Daar aangekom was die bier fokken maklik om in die hande te kry omdat die gig in twee aande opgesplit was. Ticket sales in die Kaap is mos maar soos die mense in die Kaap – effens deur die kak. James Hetfield sou ons later tune dat hy effens ongelukkig was oor die Kaap attendance, maar ons het hom verseker dat Joburg uit sy nate sou bars. Soos 'n piel in paartyd. Dit was ook die geleentheid om hom mee te deel dat Kapenaars daarvan hou om simpel goed te doen, soos om met dikwielfietse rond te ry, nie te bad nie en organic groente te vreet..
Anyway, by Velodrome het Poesklein Ruantjie vanaf die cheap seats sommer general standing en toe Golden Circle se barriers gejump en in 'n moshpit verdwyn. Die security het nie 'n kans gehad nie. Van Coke Kartel (ten spyte van die kakker sound waarmee hulle gestraf is) het 'n mean show opgesit. Net Die Burger korrespondente het dit nie geniet nie. Die boys het even 'n Metallica tipe van medley opgesit met hulle tune "I love Brandy". Dik gees, ouens!
Teen die tyd dat Metallica die stage betree het, het ons kak verloor, lekker bier gesuip, ons shirts uitgetrek en geheadbang laat die kak wit sit. Om terug te kom na Die Burger se artikel – "By tye het die kamera ook op die gehoor en veral van die ouer mans met hul kaal bolywe en Metallicatatoeëermerke gefokus." My bra, ek was so hoog op griep meds en so dronk op bier dat ek sommer my fokken broek ook uitgetrek het. Sit dit in jou fokken pyp en maak of jy dit rook. Blerrie marabs.
2. Double bass
Blykbaar het ons so paar goed raakgevang ook (behalwe nou mangriep). Ek het die Vrydagoggend wakker geword met 'n hoofpyn, nog groter griep, 'n Metallica guitar pic in my gatsak en 'n afgeblaasde, swart Metallica bal in my onderbroek. Lekker sweterige eiers. Plastic haal mos nie asem nie. En as plastic nie asem haal nie, haal jou klokke ook nie asem nie. (Ja meisies, klokke haal asem. Dis soos die piel se longe.)
Dit was weer tyd om die rookie mistake te maak: "gaan poesgroot die aand voor die actual show – die sequel". Chopper en Iron Leyden het 'n RAMFKNJAML gejol. Weer in Long Street. Ons het groter as geloof gegaan, spring die hele aand op en af tot die honde blaf…
3. The Unforgiven III
Ons het die Saterdagoggend 3am gaan slaap en 5am opgestaan om Joburg toe te vlieg vir die laaste leg van Mission Metallica. Of so het ek gedink. Ek het per ongeluk ons vlugtyd verkeerd onthou en ons was 'n uur te vroeg by die airport. 'n Uur by die Wimpy wat 'n wonderlike slaap by ons twee ure kon byvoeg. Jissis.
Toe ons eventually in Snor City aankom, het ons 'n uur gehad om 'n branna en 'n bier te klap en ons interview met James Hetfield uit te sort. Mos nie groot op huiswerk, ons nie. Fokkol. In die meantime het die Gauteng posse begin uitslaan by WKJ HQ vir die Mission Metallica bussie wat ons ge-organise het. Weer twaalf mense, maar hierdie keer moes ek en Chopper vroeër fokof om oom James te gaan ontmoet, so die ander ouens het op hulle eie mission gekletter geraak. Ons is deur een van ons gawe vriendinne aangery Soccer City toe. Reg tot by die backstage area. Supergees! Dis ook hier waar ons alles uitgecheck het om Justin Bieber se zak te steel.
'n Uur later is James Hetfield die trotse eienaar van 'n Watkykjy t-shirt en ons sit lekker saam met die larger-than-life omie en kakpraat oor alles en nog wat en snap so paar kiekies saam met die man. Ons plak vir julle so paar van die sound snippets hierso. Julle kan nou ook nie na alles luister nie. Ons moet darem ietsie oorhou vir die personal collection, jy maak uit?
James Hetfield kry sy Watkykjy shirt: James Hetfield WKJ shirt
James oor kids wat leer jol op Metallica: James on kids learning on metallica
James skryf nie juis vir side-projects nie: James on side projects
Joburg en stadium gigs: Johannesburg metallica family
Dit sou nog altyd musiek wees: It was always music
I've got a yell in my pocket: Always got a yell in my pocket
Obviously was die tjommies waarmee ons toe ophook in die Golden Circle fokken jaloers oor die hele vibe en ons is poese en so aan, maar toe ons weer sien is biersuip, kak verloor, kak dans moves en headbang saam met klein Chris van Black Cat Bones aan die orde van die dag. Dit was so fokken lekker dat ons nie eers die poeskak opening acts in Joburg se name kon onthou nie. Hulle was hond poes aaklig.
Daar was blybkaar fireworks ook gewees *vat trek van zol*
Blykbaar… *knip oë poesstadig*
Ja…
Check hierdie video uit. Dit sal jou meer van 'n idee gee hoe mens iets soos Mission Metallica aanpak:
Hier is ook so paar kick-ass foto's wat ons tjommie Ingrid Swart geneem het.
(Oom James het met haar geraas aan die einde van die interview ook, maar op 'n vriendelik manier)
Watkykjy staan op 3,056,585 post views in totaal sedert 1 November, 2019.