Liewers laat as nooit seker, en ja ons weet julle het klaar julle picks gemaak so ons praat vandag so bietjie Bokke.
Dis nog net twee weke voor ons MANNE hul eerste game jol en die week het oom Heineken getune wie in sy groep is.
Ek het lank met kenners soos Dick van Dyk, Kwai Ou Man en Skenier hieroor gesels en tussen die vier van ons was dit amper onmoontlik om oor al die posisies saam te stem. Dick was tempted om die hele span Sharks te maak, maar toe check hy die log. Dieselfde geld vir Skenier, terwyl Kwai Ou man meer oor die swak refs as enige iets anders worry.
As jy nie die manne ken nie, hulle skryf so elke nou en dan vir kapteinkortbroek.co.za
O ja, as jy nog nie het nie, join ons SuperBru pool vir die June Internationals – http://www.superbru.com/juneinternationals/pool.php?p=11081835
Pool name: Unofficial Springboks Pool code: gentnits.
Raait.
Hier is my span maar jy sal check daar is so paar plekke wat nog so leeg soos Ellispark is:
1. Coenie – Die bra is 'n legend en met Beast wat vir lank beseer was, moet hy die eerste keuse wees.
2. Atter (Adriaan Strauss) – Atter jol 'n hond uit 'n bos uit en as ons eerlik is gaan Bissie hard moet werk om sy plek terug te kry.
3. Eish – Dit behoort Jannie Dup te wees, want die man se ervaring kan nie gekoop word nie. Wie anders?
4. Bra Flip (Van der Merwe) – Ja ek check al hoe bliksem Eben Ysterbeth by oor die een, maar ek like kombinasies en op die stadium werk dit vir die Bulle.
5. Dr JuanDré Kruger – Kombinasies, mense! En mens kan check JK word deur Victor gecoach.
6 …… – help so bietjie want die is 'n donnerse moeilike een.
7. Lappe – Die man speel al heel seisoen soos 'n legend.
8. Duane – Insane in the Duane Brein. Spies klop maar Vermeulen het gekook in die groen en goud. Vir nou is dit nog sy trui.
9. Jano – Vermaak ons amper elke week en as daar nou een bra is wat 'n jersey verdien…
10. Morras – Yup – sorry vir Die Lam, maar die punte masjien het in die off-season sy radar loop vind.
11. …… – Dit behoort Habrannas te wees, tog was daar 'n paar manne wat aan die deur geklop het. Wie skiem jy?
12. Die Slim Twin – Robert Ebersohn was nog heel seisoen solid, vra jou Vrystaat tjommas.
13. Jean (cappy) – Ja die Stormers suig so bietjie, maar die is ons man. Finish en klaar.
14 Willie – Try ek nou onthou wie die laaste wit winger was….hmmm. Asseblief oom Heineken – kies hom
15 Joe aka Mini Percy – Ja, Joe Pietersen het nie die groep gemaak nie, maar was steeds een van die mees solid 15s die seisoen.
My Springbokspan moet asseblief nie met my pathetic SuperBru standing vergelyk word nie. Ek's so vêr agter die agterste speen lyk soos 'n spikkel.
Hier is Griff se picks vir die naweek. Enjoy en drink baie brannas want Saterdag gaan daar genoeg rugby op TV wees om divorce lawyers kakryk te maak. En as jy check 'n ref maak 'n kak call, gebruik #hugaref in jou tweet. Ons gaan dit Sondag middag tel.
Chiefs v Crusaders is klaar. Rebels v Waratahs so hier is wat Griff skiem more gaan gebeur.
Blues v Brumbies 9:35
Griff: Brumbies met 8
Kortbroek: Fair enough, ek like die Blues meer. Want Mealamu so ore is freaky.
Force v Highlanders 11:40
Griff: Force met 2
Kortbroek: Solid call. Dalk bietjie meer vir die Force.
Kings v Cheetahs 15:00
Griff: Cheetahs met 18
Kortbroek: Dalk bietjie closer – so 5 vir die Tahs.
Stormers v Reds 17:05
Griff: Stormers met 6
Kortbroek: Stormers met 23 – hulle skuld hulle fans een moerse game.
Sharks v Bulls 19:10
Griff: Bulls met 10
Kortbroek: Bulls met 4 – dit kan dalk nat wees en shit.
Amper tyd om te duik. Brannas asseblief, Ma!
Watkykjy staan op 3,048,217 post views in totaal sedert 1 November, 2019.