Onthou om hierso vir griff te vote. Click ‘like’ langs die marabs in die ninja suit. Hy loop voor, maar hy kort so paar rugbyvelde tussen hom en die nommer twee trui.
Some toppie het my op twitter getune eks ‘n marabs oor ek die slapies voor die Bokke jol aftel. Die krimpie is seker reg en het al meer Bokspanne op sy dag gesien as wat ek borshare het. Tog like ek dit erg baie om op ‘n Saterdag ‘n braai te kan gooi waar ek weet die manne gaan nie mekaar bliksem as byvoorbeeld die Bulls die Sharks beat nie.
Meeste van my tjommas (okay fok, al vier van hulle) is hardcore fans. Van hulle huil as hulle spanne verloor. Van hulle kom by games aan “dressed only in body-paint”. Bryce Lawrence prentjies is redelik standard op hulle dartboards. So ek reken om bietjie opgewonde te raak voor die Bokke teen even ‘n mediocre spannetjie soos Italië jol is maar net hoe ons rol.
Die naweek braai ons egter nog op separate locations want ek sommer nou al sien hoe die manne mekaar telyf gaan na die Cheetahs game. Passion, pappa! En sterkte veral in die kombuis waar die stukkies gaan opgetel moet word.
So gepraat van die naweek se ruggas, ons het die week dinge bietjie anders gedoen. Een van my journo tjommies het geskiem ons moet ‘n Podcast bou. Hy kry toe vir ‘n SABC nuusleser, die kak funny Melt Sieberhagen en my vir ‘n paar doppe in Jozi. Een take later en… kom ons sê net ek moes dalk nie tequila voor die tyd gedrink het nie, want ek klink soos ‘n Cape Crusader.
Ons bespreek so bietjie die Stormers se seisoen ook, so gaan luister hier as jy wil hoor hoe Kortbroek klink. PS my Engels suig so bietjie:
Click hier om te luister
En as jy nog nie het nie, join ons June Internationals pool – http://www.superbru.com/juneinternationals/pool.php?p=11081835
Vir die van julle wat wil weet wat Griffin se picks vir die naweek is. Chekkit uit:
Crusaders v Waratahs het hy soos meeste van ons vir die Crusaders gegaan. Toe het Griff geskiem die Brumbies behoort die Hurricanes met so sewe punte to beat.
Crusaders v Waratahs (9:30)
Griff: Crusaders met 2
Kortbroek: Fokken solid pick…of hoe?
Brumbies v Hurricanes (11:40)
Griff: Brumbies met 7
Kortbroek: Ek gaan Hurricanes want my pool is klaar moertoe
Hier volg Saterdag se games
Blues v Highlanders (9:35)
Griff: Blues met 8
Kortbroek: Go Highlanders!
Reds v Rebels (11:40)
Griff: Reds met 13
Kortbroek: Kief pick
Stormers v Kings (17:05)
Griff: Stormers met 6
Kortbroek: Dalk so bietjie meer vir die Stormers
Bulls v Cheetahs (19:10)
Griff: Bulls met 4
Kortbroek: Ek skiem net 2 punte…vir die Bulle. Die Cheetahs beter wakker skrik
Dankie tog die Sharks jol nie die naweek nie anders het twee van my vier tjommas hul polse afgekou. Kappit flou so kort na payday en onthou – Om ‘n Korbroek in die winter te dra wys jy’s ‘n yster.
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.