Kak mooi as jy nie swaartekrag naby het nie
So, hier’s die situasie. Jy’t deur poesbaie opleiding gegaan, ‘n ongodellike hoeveelheid toetse geslaag en vele ander uitdagings oorkom om jou droom te bewaarheid – om ‘n ruimtereisiger te word. Jip, jy’s een van die uitverkorenes om een van die enkele reisigers te wees op ‘n ruimtesending. Jou ma is fokken trots en as jy terugkom gaan jy nooit, ooit weer sukkel om stukkie te kry nie – loop net by ‘n bar in en tune “ek’s daai astronaut-ou” en die meisies gaan baklei (hopelik kaal en met KY Jelly) om jou piel te suig.
Dan gebeur dit:
Daai’s ‘n transkripsie van ‘n gesprek tussen Thomas Stafford, John Young en Eugene Cernan op die Apollo 10-ruimtesending na die maan. Blykbaar het hulle nog nie heeltemal uitgewerk hoe die ruimteskip se kakhuis nou eintlik werk nie. Ons by Watkykjy het nog net onsuksesvolle ruimteskepe gebou, so ons moet seker nie die eerste drol gooi nie, maar jissis …
Hulle was seker net fokken bly dit was nie aliens nie … dalk was dit? Jirre, drol-shaped aliens. Ons is gefok. – Daily Mail
Dronk, kaal dude fok tussen krokodille in … vir drank
Wat sal jy doen om drank te wen? Stuur jou antwoord aan watky… nee, moenie, want jou “twintig zoo cookies gelyk in my mond sit”-idee lyk maar kak teen wat hierdie bra gedoen het … wag, hoe de fok wil jy drink met twintig zoo cookies in jou mond? Met ‘n fokken strootjie? Jy weet nie eens watse drank dit is nie. Dalk is dit fokken Malibu, hoe gaan daai kombinasie proe, huh? Chill uit. Poes.
Anyway, die ooreenkoms wat hierdie Australiër met sy tjommies gehad het, was dat hy twee kiste bourbon sou kry as hy kaal op ‘n stomp roei deur ‘n rivier vol krokodille. En ja, dit is ‘n poes gevaarlike rivier – in 2009 het ‘n ou daar gesterf toe hy die rivier probeer oorsteek het … om nog bier te gaan kry. Australië het blykbaar nog nie van koelbokse gehoor nie.
Die man, wat nie sy naam bekend wou maak nie, het gesê hy’t reeds ‘n paar biere ingehad en hierdie affêre het vir hom heel logies geklink. Die volgende oggend het hy eers besef dit was nie so ‘n goeie idee nie.
Ja-nee, daai gevoel is nie onbekend nie. Maar meeste ouens se krokodille van die vorige aand is meer Vagina Dentana-vibes. – Northern Territory News
So gepraat van vrees en vaginas en so …
Man met padda-fobie kry uitbetaling van $1,6 miljoen
Paul Marinaccio (65) van Clarens in New York, Amerika, reken hy het ‘n vrees vir paddas ontwikkel toe hy ‘n laaitie was, toe ‘n oom wat ‘n klomp brulpaddas (bullfrogs) vasgehou het, hom uit ‘n wingerd gejaag het. (Dit is onduidelik of die oom hierdie paddas aan kettings gehou het, of soos aanvalspaddas in ‘n magasyn gedruk het, of wat. Hy het hulle net “vasgehou”.)
Toe gebeur daar nou ‘n kak ding – ‘n nuwe ontwikkeling is begin naby sy huis en ‘n moerse klomp water het van die ontwikkeling af by sy erf ingestroom. Toe kom die paddas. Fokken, fokken baie paddas. Die bra het die ontwikkelaar en die stadsraad of iets hof toe gesleep en nou, sewe jaar later, het die hof uiteindelik besluit vergoeding van $1,6 miljoen moet aan hom uitbetaal word.
Ek skat ‘n mens kan sê …
… (sit donkerbril op) …
… Petrus Padda was ‘n poes.
YEEEAAAAH! – National Post
Paartjie paar vir Google-kamera
Julle maak uit van hierdie Google Street View-kameras wat so oral ry om, wel, die street view vas te vang? So, wat doen jy as jy een sien aankom?
As jy in Suid-Australië is, klim jy summier uit jou kar en begin jou meisie naai, met ‘n bier in die hand. Op jou BMW se bonnet.
A picture tells a thousand words, of hoe …
Mens wonder egter onwillekeurig wat die gesprek was wat daar plaasgevind het …
"Liessen luv, the gugle cah is on iets whey."
“Croickey!”
"Lemme get a toowhees outa the eskee and i put my chazwazzuh up your bungoogalah!"
“Roight! Heeeh cahms the cah!”
"Gidday mate! Good on ya for putting thees up on the old satteloit!"
(unf unf unf)
"Slow down, sheilah! Don't wanna blow me load all over the Bimmer Dabbah Yee!”
(unf)
"Goddammit, Sheilah! I thought i was all up in your bungoogalah! Now me dick is fullah goddam shit!"
(unf unf unf)
"Next time, please direct me peenis to front of house, will ya?"
(unf unf)
“WAAAALTZING MATEELDA WAAALTZING MATEELDA, YEWL COME A-WALLTZZAAAAAAAAHHHHHHHH … bloimey!” – Gawker
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.