Skenier het sy SuperBru picks die week soos speed-dating aangepak en as ek die dinge so kyk gaan hy dalk net 'n horing kry en die ending behoort nie so happy wees as wat hy hoop nie.
Griffin tune hy het 'n Kempton cherrie vir advice gevra. Haar naam is K Lo en sy voer krimpies en support die Blou Bulle – kanse is goed dat hy ook so extra helping humble pie gaan eet. Ek meen, waddefok weet cherries van rugby. K Lo is net upset oor sy nie 'n Bulls Babe cheerleader kon wees nie.
Soos elke week gaan ons vandag dit so bietjie anders doen. Want ek het dik babelas van gisteraand se onverwagse brannas. Ek wou brag oor ek 16 plekke op is in ons pool, maar sal eerder nie, aangesien ek nog nie in die top 350 is nie. Tweetkak byt my heel week en ek is nou moeg om in 'n hoekie te sit en huil nadat spanne soos die Highlanders dinge moerse gecomplicate het vir my. Kortbroek pick vandag niks en sal eerder net commentary lewer op die twee zaberkoppe se besluite. Onthou SuperBru is meer belangrik as om jou huweliksherdenking te onthou.
Okay piele, chekkit uit.
Hurricanes vs Stormers
Skenier: Was oortuig Hurricanes gaan kak maak, maar met Savea wat homself uit die span uitgebliksem het en Habana wat terug is gaan die Stormers dalk bietjie kak maak… met so 4.
Griff: Stormers met 8
Kortbroek: As ek dit nie mis het nie word die game op 'n veld gejol wat about so groot soos Affies sin is. Die Stormers kan dalk die pyp rook, maar ek skiem die eerste game op toer is altyd die moeilikste. Julle is dus altwee verkeerd met die een. Dubbel brannas vir 'n bet?
Reds vs Blues
Skenier: Laasnaweek ged(r)ink die Reds by die huis gaan baie beter wees. Hulle was nie. En Quade Cooper bly 'n doos. Nietemin, Reds met 4.
Griff: Blues met 7
Kortbroek: Hier moet ek saam Skenier gaan al like ek die Reds minder as warm bier. Griff se advisor dra 'n rok – enough said.
Chiefs vs Sharks
Skenier: Maak seer om te sê, maar ek dink die Sharks gaan dit harder vat as 'n los girl met daddy issues. Net met minder lubricant. Aan die ander kant lyk die Chiefs ook maar tos. Tuisveld, though. Chiefs met 7.
Griff: Chiefs met 14
Kortbroek: Okay, so niemand skiem die Sharks kan wen nie. Ek ook nie. As Frans Steyn so dik is, waddefok doen hy op buitesenter?
Brumbies vs Force
Skenier: Oz derby. Wie voel n fok? Brumbies met 9.
Griff: Brumbies met 16
Kortbroek: Ek hoop die Brumbies kry op hulle moer soos die Crusaders. Solid picks, Griff se spread is dalk bietjie aan die jagse kant.
Bulls vs Waratahs
Skenier: Bulls lyk of hulle weer onthou het hoe n rugbyball werk. En met Sideshow Bob wat fokof kan hulle spirits net op wees. Bulls met 7 en almal op Loftus gaan fakt raak.
Griff: Bulls met 10
Kortbroek: Dink die Wartahs mag dalk harder a pakslae kry as wat Griff dink. Onthou Wors Greyling is terug die week en hy lyk lus om iemand hard te donner.
Cheetahs vs Kings
Skenier: Ek was bitter pisserig vir die Cheetars laasnaweek, maar gee die keiser wat hom toekom. Die ouens is lus vir jol. Die Kings het nou weer almal luise gevang uit Luke se baard uit en kon net kop krap. Gaan nie dié naweek beter wees nie. Cheetahs met 11.
Griff: Cheetahs met 16
Kortbroek: Die Kings het Luke gedrop en die Cheetahs jol nou al kak lank sonder 'n ruskansie. Mag dalk 'n close een wees. Ek sou gaan met so 8 punte vir die Vrystaat, maar ek weet mos fokkol.
Crusaders vs Rebels
Skenier: Die Rebels is so relevant soos 'n faksmasjien. Hulle sal seker maar oppitch omdat hulle betaal word, maar Crusaders gaan hulle sleg vat. Sommer met so 12.
Griff: Crusaders met 22
Kortbroek: Griff se advisor het die een dalk presies in die kol. Sorry, Skenier, jy gee die Rebels dalk 'n moerse kompliment.
Watkykjy staan op 3,083,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.