Tune hierso om deel I te lees
Tune hierso om deel II te lees.
Ek is mal oor vliegtuie, veral omdat hulle hoog en vinnig vlieg. Soos ek hier sit en tik, is ek hoog bo in die lug in ‘n vliegtuig. Wat hoog en vinnig vlieg. Die flights self is nie altyd so lekker nie. Soos vandag. Oppad Kaap toe. Die vlug is eers vertraag as gevolg van mis en toe moes ek baklei met twee lesbians van Portugal af oor my fokken window seat. Die letter A wat langs ‘n actual prentjie van ‘n venster is op die overhead storage lid maak vir hulle fokol sin. Die ongeskikte wisseling van profanities is seker ook deels my skuld omdat ek die een boksbyter getune het: “Excuse me, sir, but you are in my seat.” Jirre, hoedefok moes ek weet met daai haarstyl?
Die flight na Thailand was baie lekkerder, alhoewel dit amper tien keer meer tyd neem om by die final destination, Phuket uit te kom. Jy klap ‘n flight op Thai Air vanaf Joburg na Bangkok vir so net oor die elf ure. Gelukkig het Thai Air ‘n poesgroot selection van movies en TV shows om van te kies of jy kan na die inflight cam staar op jou eie screen soos ‘n zombie en die runway uitcheck soos jy opstyg. Die kos is ook aansieklik lekkerder as die usual chicken, beef of haaspoes options wat lelike hostesses met kakbaie make-up of koffiemoffies met uppity boude emosieloos resiteer.
By Bangkok aangekom, moet jy chill vir so vyf ure by die airport voor jy ‘n vlug van 1 uur en 20 minute Phuket toe aanpak. Daar is nie juis veel om te doen nie. Dis maar ‘n fokken airport, hoewel dit nogal mooi is. Gaan vang ‘n brekkie by Burger King, drink ‘n koffie by Starbucks daarna en gaan vang ‘n kak. Doen alles staaadig. Even daai kak. So stadig as wat jy kan. As jy so net oor die een uur oorhet, gaan na die info desk toe en vra vir free wi-fi waarmee jy die laaste uur kan kill op Facebook of opcatch op e-mail. Jy wil nou mos brag omdat jy nou oorseee is, so post duck face selfie foto’s of whatever dit is wat jou balhare wegblaas. As jy ‘n roker is, kan jy ‘n paar roke gaan gooi ook. Wees net gewaarsku, die smoking hokkies is amper meer hartseer as daai deel op Lion King waar Simba se pappa die lepel in die dak steek toe daai doos van ‘n Scar hom vir ‘n poes gevat het. Dik fokken sad vibes. Tranedal.
Jou flight na Phuket is verby nog voor jy gemaklik raak in jou seat, so dis glad nie ‘n big deal nie. As jy dinge reg gedoen het, behoort jou hotel se drywer vir jou te wag met ‘n bussie vir ‘n 40 minute drive Patong toe. Dis die perfekte tyd om bietjie die vibes deur die venster uit te check en die locals so bietjie in te neem.
Wanneer jy by die hotel aankom en ingecheck is, is dit raadsaam om die advies van so paar local biere te raadpleeg. Gesels so bietjie met menere Leo, Singha en Chang. Hulle sal jou mooi vertel wat is wat.
Dis maybe ‘n cool idee om dit die eerste dag rustig te vat. Jy’t sopas halfpad om die aarde gevlieg en het rus nodig. Check, ek weet jy is van Suid-Afrika af en is fokol gewoond, maar hou jouself bietjie in. Jy gaan jou nasionality te vroeg, te vinnig weggee. Daar is baie om by die hotel te doen, soos om te drink of te vreet of ‘n middagslapie en dalk ‘n naai in te squeeze in ‘n airconditioned hotelkamer terwyl die see effens geraas maak in die agtergrond. Hier is nog ‘n voorstel: Jy het nie ‘n tas saamgebring nie, right? Kief. Jy moes nie. Jy moes fokol saambring. Jy kan alles daar koop. (As jy soos ek maak, dan dra jy ‘n swembroek, plakkies en ‘n t-shirt alliepad van SA af Phuket toe. Met ‘n extra ontie in jou laptopsak in case jy jousef dalk oppad soontoe along the way iewers bekak.) Klap ‘n toon in die hotel se straat af. Jy behoort binne die eerste 500 meter ‘n winkeltjie te kry wat klere verkoop. Koop vir jou twee stelle klere en ‘n swembroek, want die een wat jy vir die afgelope 15 ure dra begin so bietjie ruik soos ‘n illegal apteek . Jy kan die res van die kak later koop as jy die town beter ken. Moet nooit meer as R50 per t-shirt betaal nie. Like, nêrens in Phuket nie. Haggle met die mense.
Elke tweede shop is ook of ‘n apteek of ‘n massage parlour of ‘n Family Mart, so as jy een of ander kuggie het, spuities ondervind, ‘n weird groeisel op jou tril ontdek of kopseerpille soek, is dit ook die regte tyd om op te stock op meds. Koop sommer kakbaie bier ook. Singha bier gaan vir so 35 Baht (Thailand se currency) per bier en jy score dit sommer in die supermarket. Deel Baht deur 4 om Rand te kry. Dis seriously fokken cheap.
Om julle ‘n idee te gee van nog so paar items: ‘n boksie Milo (wat jy drink) gaan vir R2.50 en ‘n stewige bakkie noodles sal jou R4 kos. Kry al daai admin uit die pad uit op jou eerste half useless dag sodat jy in jou hotelkamer kan snack net wanneer jy wil of ‘n bier uit jou yskassie kan ruk en onder die prop inklim. Sigaratte is ook fokken cheap, maar dan lyk die pakkies so fokken aaklig soos hierdie een. Jy sal vind dat jy ook minder rook daar:
Jy kan dalk jou daglig gedeelte van jou eerste dag afsluit met ‘n rustige goof by die hotel se swembad waar jy heeltyd vir jouself dop kan bestel by die pool bar. Jissis, hoe kaksleg kan een mens raak? Maak gereed om in ‘n mode in te gaan: die “luiste-fokken-poes-op-aarde mode”. Jy maak uit van sterk dop in pynappels en coconuts met sambreeltjies en daai dik strooitjies? Daai outjies gaan jou nuwe vriende word. Best buddies. Soos Leon Schuster en Alfred Ntombela.
Op pad terug van die swembad af, gaan gooi ‘n draai by die hotel se lobby of info desk en gryp al die flyers en brochures wat jy kan kry. Dag een is mos admin dag. Jy gaan nou halfdronk vir jouself ‘n tipe van ‘n plan van aksie uitwerk, want more is jou eerste vol dag in Phuket en jy’t baie kak om te doen. Fok, maar kry eers vir jou so bietjie room service ook. En koop local, want local is poeslekker:
Hopelik het jy vroeg genoeg opgestaan op jou tweede dag om die free buffet breakfeast te gaan aanval. Rondom die breakfast tafel word die vorige aand se planne bespreek met die beter helfte, maar julle het so gekettie geraak dat julle vergeet het waddefok alles beplan was. Dis OK, daai flyers lê nog daar iewers rond. Jou eerste voldag is ‘n goeie tyd om die surroundings te gaan verken. Klap die hotel se shuttle wat elke 30 minute “dorp” toe en terug mission of huur ‘n scooter. Julle kan twee op ‘n scooter pas, afhangend van hoe skaam jou chick vir haar swembroek is. Hier is vir jou ‘n tip – as jy haar lanklaas kaal gesien het, is sy heel moontlik oorgewig, so kry dan twee fokken scooters. Hulle ruk jou vir so tussen 150 en 200 baht per dag. ‘n Taxi ride sal jou 150 baht vra per trip. My advies: vat die hotel se free bussie en loop in die dorp rond. Daar is so paar mense wat jou miskien sal try naai met ‘n scooter scam, maar daar is orals scams (meer hieroor ‘n volende keer)
As jy like van bargain hunting of ‘n nuwe klerekas nodig het vir next to nothing, is jy op die regte plek. Jy kan about drie dae lank (of even meer) spandeer deur jouself net faktap te loop tussen markte, shopping centres en flea market-tipe set-ups. Die eerste dag het ons min of meer ‘n fokken klerekas gekoop vir R1800 en dit het die volgende ingesluit:
- Nike tekkies (daai fokken mooi geel outjies wat Dr House op die TV dra. Dik stylvol – ons het die volgende dag sommer nog gaan koop)
- Twee fake leer handsakke (Prada of Gucci – ‘n jaar later tune my goose die goed hou haar nogsteeds)
- Vyf pare kouse
- Ses boardshorts
- Plakkies
- ‘n Rok tipe ding
- Een of ander fokken silk kimono (chicks like mos weird goed)
- Vyf shirts
- Vyf onties
Jy sal noddefok daai kak alles eers by Pep kan koop vir naby R1800 nie. Silk kimono’s is byvoorbeeld poesduur en ek skiem nie hulle stock dit nie.
As jy op die regte plekke afkom, kan jy piele electronics en kamera’s ook kry vir baie minder as die holnaaiery terug by die huis. Jy kan byvoorbeeld in die Jungceylon mall gaan rondtos vir so paar ure. Dis soos Menlyn van die overseas, net met korter mense. Daar is ook baie crafty tipe weird goed om te koop. Chicks sal die plek stukkend smaak. Ek het sommer vir myself ‘n miniature hand made Predator gekoop. Baie mooi. Hy hou so Alien se afgerukte kop vas. Fok jou, Alien! Dit het die bra wat dit gemaak het twee dae geneem om die outjie te bou. Die life-size weergawes neem hom so twee maande, maar jy sal ‘n extra seat op die aerie vir daai knaap moet book. Teen R800 vir myne, was dit ‘n fokken bargain.
Soos al gemention is, koop gerus die local kos by restaurante of by die hotel. ‘n Square meal sal jou enige iets tussen R25 en R50 per persoon terugsit en jy sal happy en versadig wees. Lobster termidor sal jou byvoorbeeld ‘n skandalige R120 kos. Wat kan jy in SA koop vir R120 wat naby hierdie meal sal kers vashou? Jirre, iemand bel die prys polisie! Check hierie mafakker uit – jy gaan kies hom uit tussen sy maatjies terwyl hy lustig swem in die vistenk, hulle weeg hom vir jou en dan is dit om-nom-nom:
Die laaste shopping klap jy sommer by duty free oppad terug huistoe in Bangkok. Ek kan nie onthou hoeveel drank jy uit Thailand mag vat nie, maar skraap gerus vir jouself so paar bottels Thai whiskey of Thai rum. Dis verspot goedkoop en is glad nie te kak nie. Jy kan mos Coke met enige fokken drank meng.
Lyk my daar moet maar ‘n deel vier ook wees van hierdie reeks, want ek het nog nie eers by die activities uitgekom nie, net die basic shopping kak.
Nouma gaaf, dan sal ek hom volgende week gooi saam met ‘n videotjie of iets en julle vertel wat om waar te gaan speck, jy weet, die olifantjies en die pussy shows en so aan.
Intussen, kyk of jy vir jouself ‘n free vakansie Thailand toe kan wen by http://www.partyofalifetime.co.za . Smaak my daar is minder as ‘n dag oor om te enter en die draw is oor minder as twee weke… Dit sal befok wees as een van julle dit wen.
ลาก่อน
Watkykjy staan op 3,048,235 post views in totaal sedert 1 November, 2019.