Jy kan Deel I hierso lees. Jy kan ook ‘n trip na Thailand vir twee wen hierso. Check aan die einde van die storie ook. Ons gee 5 x R1000 hampers weg.
So halfpad deur jou vakansie in Phuket het jy begin wonder of jy nou daai speed boat trip moet aandurf na Phi Phi Islands want jy sien die brochures in jou hotel se lobby elke dag oppad na jou free breakfast. Die foto’s lyk poesmooi, maar hulle bewoording en kak beskrywings laat mens nogal dink aan een van daai sangoma flyers wat ‘n solution het vir kort piele, egskeidings en jou onvermoë om die lottery te wen. En jou brein is nogsteeds besig om Baht na Rand te convert, want jou ESKOM bonus het ook maar sy limits.
Dis defnitief die moeite werd. Bespreek net die fokken trip. Sommer al op dag twee vir die volgende dag. Check net die weer uit. Soms raak dit pisserig. Dit sal jou so R400 per persoon uit die sak jaag en dit hou jou in elk geval uit die moeilikheid uit vir ‘n volle dag. Jy gaan so moeg wees na ‘n dag uit op die water, see en sand dat jy heel moontlik net twee biere sal kan klap die aand voor jy uitpass en vol energie wakker word die volgende oggend.
Wat die tour operators betref is dit maar much of a muchness. Almal bied min of meer dieselfde dagtrip aan vir min of meer dieselfde prys. Jy tune net die meisie by jou hotel se “travel desk” en sy organise alles. Jy gaan net mooi stadig moet praat en mooi moet luister. Engrish in Thailand, she’s not beeg.
Die tour operators kom pik jou poesvroeg op met ‘n bussie. Dis die kak deel, want hulle stop eers by so vier ander hotelle ook om nog so paar mense op te laai. Daarna is dit so vyftig minute se ry na die harbour toe waar ‘n klomp toeriste rondstaan terwyl die crew vir jou free koffie, tee, koeldrank of water gee. Jy word ge-issue met ‘n “ek-sal-nie-‘n-poes-wees-nie” vormpie wat jy moet onderteken en dan word jou snorkel gear unceremoniously aan jou oorhandig voor jy saam met sowat dertig ander mense op ‘n groot speed boat klim. Dit klink dalk heavy, maar die boot is nie overcrowded nie. ‘n Derde van die mense is in elk geval kakbang vir water (wat mens laat woner hoekom hulle in die eerste plek op die fokken ding geklim het) so jy kan ‘n lekker spot op die neus gaan uitskoffel en net chill.
Die crew is moerse engaging en hulle Engels is aansienlik beter as jou deursnit local, obviously omdat hulle heeltyd met toeriste moet kak praat. Een van die bra’s wat homself voorstel as Captain Jack Sparrow is nogal next level. Soos mens op die boot klim, vra hy elke persoon se naam en hy onthou elke persoon se naam. Fokken Mega Memory vibes. Ek vergeet soms my eie naam. Veral oor naweke. Op die speed boat kan jy soveel vrugte vreet en koendrankies drink as jou hartjie begeer. En so cruise jy die oop see in. Punt in die wind.
By Bamboo Island word daar eerste gestop sodat kinders en pienk marabse van Rusland kan leer hoe om met snorkels en padavoete te werk in die vlak water. Regte laergraad stuff. Jy kan mos fokken swem. Jy kom mos van fokken Suid-Afrika af. Dis op hierdie stadium van die geveg wat jy jou ass op die sand plant, ‘n sigaret opsteek, ‘n bier drink wat jy saamgebring het en so paar foto’s neem van die awesome scenery – dis nou die sand, see en palmbome, nie die oorgewig trol wat Captain Jack Sparrow besig is om van ‘n gewisse dood te red in dertig sentimeter water nie.
Jou average hydrophobic toeris het omtrent veertig minute nodig om sy duikbril baas te raak, let alone die flippers. Daarna klim almal weer op die boot en ‘n vinnige trippie na Nui Bay sorg vir een van die beste onderwater experiences wat vierhonderd skille kan koop – snorkeling met duisende kleurvolle visse in kristalhelder water. Dis hier waar ‘n handvol brood en ‘n GoPro handig te pas kom. Nemo is ook daar. I fokken found that doos!
Teen hierdie tyd begin ‘n man al skraal voel, so dis tyd om bietjie te graze. Vir so uur en ‘n half lank pak almal af by Phi Phi Don. Dis die grootste van die Phi Phi eilande en dis fokken mooi daar. Jy wil egter nie daar bly tydens jou vakansie nie. Want toeriste. Dis ook waar jou dagtrippie sorg vir ‘n buffet lunch. Die lunch is seker die kakste deel van die hele outing. Die kos is niks om oor huistoe te skryf nie en lyk of dit deur ‘n internasionale span van Masterchef round 1 losers aanmekaar gemoer is. Dis wel eetbaar. Net nie fokken lekker nie. Jy kan eerder so paar biere koop en net uitlam en die view geniet. As jy regtig lus is vir ‘n downer, kan jy die groot informasieborde met paragrafies en foto’s oor die 2004 tsunami kokkenodge. Dis nogal fokken grim. Meer as 1000 mense het op die eiland gesterf toe die groot golf sy buiging kom maak het.
As almal kaar ge-burp en gekak het na lunch is dit terug skip toe vir ‘n avontuur na Monkey Island. Ons gebruik die woord “avontuur” baie onverantwoordelik hier. Monkey Island is presies wat die naam sê: ‘n eiland vol fokken apies. As die gety kak is, is daar glad nie ‘n strand nie. Wanneer die gety saamspeel is daar ‘n strand omtrent so groot soos ‘n townhouse in Equestria se stoep. (Vir die wat nie die vergelyking snap nie – Equestria is in die Ooste van Pretoria en die nuwe townhouses daar is so groot soos die helfte van Spur se smoking section). Maar hey, as jy apies like, is jy op die regte plek. Hulle doen maar wat apies doen. Byt mekaar, speel met hulle piele, gooi mekaar met kak en maak lawaai. Hierdie apies, however kan onder die water swem. Dis nogal oulik. Next level apies. Tot hulle op die boot se neus spring, goed uit mense se hande gryp en tannies van Joburg se Northern subburbs op die enkels byt. Reverse daai skip, Captain Sparrow! Let’s make like Michael Jackson and get the fuck out of here!
Sodra almal bedaar het na die Satan’s-monkeys-from-hell-aanval, klap ons in die rigting van die Viking Caves. Impressive rotsformasies en so aan. Mooi blou see. Warra-warra… Meneer Sparrow vertel vir ons dat hulle bird’s nest soup hier harvest. Blykbaar kook jy die hele nes net so met gras, eiers, kak en hare. Alles. Ek het nie mooi opgelet nie. Ek het beplan hoe ek daai apies een vir een ‘n poesklap wil gee op my volgende trip…
Net om die draai van die Viking Caves (en die poeslike apies amper ‘n distant memory), lê Pileh Bay. Dis regtig nogal piele want elke dag in Thailand is naweek, so kom ons fokken duik! Fok die paddavoete en die brille. Jy kan sommer net so in die stil water swem en jou ogies oopmaak onder die water. Vat jou brilletjies saam as jy weer vir Nemo wil soek. Daar is geen rush nie.
Die laaste stop vir die dag is by Maya Bay. Die plek is famous gemaak deur Leonardo Die Cupsicum (of whatever sy naam is) se fliek, The Beach. Dit lyk presies soos in die movie. Lekker groot strand met massiewe towering rotse aan beide kante en die oop blou see wat hier en daar deur ‘n moerse rots versteur word. Jy kan op die eiland gaan rondloop, by lookout points uitklim, zak in ‘n wishing well gooi of net soos ‘n sleg kak op die strand so paar sontrale vang vir so uur lank in jou swemmies. So gepraat van sleg kak: as jy die eiland op die verkeerde tyd of windrigting slaan, ruik dit soos kak met so elke sewende briesie wat verby jou neus cruise. Ek skiem Leonardo het dalk ‘n iewers agter ‘n klip ‘n bruinbeer gaan uitworstel en die eiland se gemoedstoestand was na dese nie weer dieselfde nie…
En so sien ‘n hele dag in Phi Phi Islands sy moer. Na al die opwinding rev hulle die speed boat op vir die uurlange trip terug oor die oop see. As jy tjommies gemaak het met Captain Jack Sparrow, kan jy voor in die neus van die boot so paar biere saam met hom klap. Hy’t ‘n special stash vir cool mense en hy ken reeds jou naam. Hou net jou blikkie mooi vas, want dis kakgevaarlik op die high seas…
Hier is vinnige highlights reel van die dag. Onthou om jou kamera in te pak:
Terloops, jy kan ‘n trippie Thailand toe wen. Gaan na partyofalifetime.co.za/ of Diggit.co.za– dis nie ‘n Watkykjy kompetisie nie, maar hulle het wel vir ons 5 x R1000 hampers om weg te gee spesiaal vir die Watkykertjies. Vertel ons sommer van jou kakste hangover experience ooit op vakansie. Sommer onder in die comments. Jy het tyd tot einde April. Jy kan een van hierdie wen:
Mens Hampers: Diggit Vest, Havaianas, Lundun Sunglasses, Jay Jays Coffee Flask, Beer cup, Student card holder.
Ladies Hampers: Diggit Vest, Jay Jays Sunglasses, Jay Jays Hair Accessories, Cell Phone Cover, Nail Polish, Hi-lighters, Jay Jays Bracelets, Book Bag, Student card holder.
Watkykjy staan op 3,056,133 post views in totaal sedert 1 November, 2019.