Kom ons veronderstel jy is ‘n Gautenger wat ‘n vakansie Kaap toe wil beplan vir twee mense vir twee weke lank (nie dat baie mense dit so fokken lank op een slag kan uithou nie). Jy het nodig om vlugte, car hire, slaapplek met brekfis en so paar ander ekstra’s uit te sort om jou vakansie at least draaglik te maak.
So paar vinnige Google moves vir ‘n vakansie (met hotelverblyf) in die Kaap het die volgende opgelewer:
- Flights vir twee mense (return) is omtrent R4500 as jy gelukkig is.
- ‘n Kleinerige kar soos ‘n Polo wat jy by die lughawe optel en afdrop, sal jou omtent R500 per dag uitwerk en dan kry jy hom sonder ‘n GPS (R80 per dag ekstra). En jy beter hoop jy fokken stamp of krap nie die fokken ding nie.
- ‘n Standaard hotelkamker (3 ster) vir 2 mense wat share in Seepunt sal jou R8385 uit die sak jaag (en dis net vir 9 aande – jy kan nog so drie grand bygooi daar as jy dertien aande wil oorbly). O ja, en jy kry nie ontbyt nie, maar ‘n R35 discount voucher vir brekfis.
Kry daai calculator uit. Waar trek ons nou al? Nee wag, sit die fokken ding weg. Ek het dit uitgewerk. Net so onder die R23k. Dis nou vir jou en jou flossie om twee weke lank in Seepunt te sit en dan het julle nog nie eers McDonald’s gevreet of die seemeeue op julle laat kak by die Waterfront nie.
Beteken dit ek is nou besig om ‘n total poes met die Kaap te wees? Glad nie, my blaar. Dis nie ek wat die fokken pryse maak nie. Almal weet jy kan self met jou kar Kaap toe fok, so 250 skille uitruk vir tolgeld, R2k vir petties uithou en by jou tjommie in Ysterplaat gaan lam en tik rook vir brekfis. Ons compare appels met appels hierso, want vir net onder R12k per persoon, kan jy ‘n poeslekker vakansie in die overseas gaan hou vir twee weke. In Thailand byvoorbeeld. Phuket, om meer spesifiek te wees. Ek en die goose was daar gewees en deel graag so paar tips met julle.
Jy het niks meer as ‘n driester hotel nodig nie. Jy is daar om vakansie te hou en cool shit te gaan doen en daar is dinge om te sien – nie om voor die TV te lê in jou ontie en wag vir Two Broke Girls om op te kom sodat jy kan velle klap nie. Jy soek ‘n kamer met air conditioning (dis poesbedompig daar en kan warm raak), ‘n nice badkamer en kakhuis, ‘n gemaklike bed om op te slaap en ‘n balkon met ‘n view van die see so dertig meter van jou af. Die balkon is belangrik, want jy kan vir die see sit en staar, heeltemal te veel biere klap en so paar siggies rook na ‘n middag se rondfok in die strate.
Sunset Beach Resort is presies dit. Dis in die Noordelike deel van Patong in Phuket. Dis reg op die see en uit Patong se besige deel. Die cool ding is dat dit so 2.5km van Patong self is, so jy kan rustig soontoe toonklap of sommer op die hotel se shuttle bussie klim. Jou bene sal jou so halfuur neem, afhangende van hoe fiks jy is en of jy dalk so paar kakke agter is. Die shuttle sal jou so in net onder tien minute daar kry. Fokken sorted!
Hier is vir jou ‘n vinnige breakdown van die kostes vir ‘n trippie na Phuket in Thailand vir twee. Volgens die interwebsmasjien sal ‘n package deal vir twee na Phuket vir 13 nagte jou R11595 uit die sak jaag (dis nou per person sharing). Presies ‘n jaar terug het ons net onder R10k elk betaal vir presies dieselfde vibe.
Dit sluit die volgende in:
- Jou return flights op Thai Airways vanaf Joburg na Bangkok, vandaar na Phuket en weer terug ba Joburg toe via Bangkok.
- Al jou airport transfers vanaf die lughawe na die hotel en weer terug wanneer jy moet fokof
- Alle airport taxes
- Dertien aande se verbly in Sunset Beach Resort in Patong (wat ‘n driester hotel is)
- Free breakfast elke dag (proper ontbyt – buffet vibes)
- Een free set menu aandete vir twee
- Verniet daaglikse trips met die hotel se shuttle bussie van 9am tot 9pm (die bussie ry elke 30 minute van die hotel af)
- Jy het nie ‘n fok ‘n visa nodig vir Thailand nie.
So al jou transport is uitgesort, jy het ‘n nice plek om te bly langs die see en jy score ‘n solid breakfast elke dag. So wat is die catch? Daar is nie regtig ‘n catch nie, maar soos met enige land op aarde is daar altyd ‘n kakhuis vol ander Suid-Afrikaners. Afrikaanse Suid-Afrikaners. Check, daar is hoegenaamd geen probleem daarmee nie, maar hoekom moet Afrikaanse mense hulle Afrikaanswees altyd so fokken ernstig opneem en orals saam met hulle neem?
Vat hierdie ou byvoorbeeld. Sy naam is Eric:
Kan jy sy skrefiesogies sien? Kan jy die guitar in sy hand sien? Kan jy sien hy lyk nie Afrikaans nie? Hy is nie eers van Thailand af nie. Hy is van die Philippines af. Hy is fokken vriendelik en speel elke aand guitar en sing in die hotel se restaurant. Lekker Creedence tunes en what not. So wat is fout met Eric? Absoluut niks nie. Die fout lê by die doos wat hom geleer het om in Afrikaans te sing. Nie cool Afrikaans nie. Kak soos “Loslappie”, “Sarie Marais”, “Kaptein” en “De La Rey”. Jirre mense. Los daai fokken ekstra tassie met die baie tos Afrikaans asseblief by die huis onder die bed langs jou Koos en die 1933 vertaling. Kyk wat doen julle aan toeriste in nie-julle-eie-land-nie:
Gelukkig slaap jy net daar. Jy hoef nie jou landsgenote op holiday te naai nie. Tensy jy hulle vol Afrikaans wil naai. Jy sal seker.
Hopelik het jy die basic info om ‘n klein vakansie na Phuket in Thaliand te oorweeg. Begin solank kou aan die idee. In deel II en deel III sal daar bietje meer info en specifics uitgekak word om wat om in Phuket met jouself aan te vang. Daar is ‘n lekker documentary aanmekaargesit, so paar foto’s asook ‘n vinnige video van ‘n dagtrippie uit na ‘n spesiale plekkie toe.
Amper so spesiaal soos die plekkie tussen jou bene…
(O ja, check hierdie link uit – jy kan ‘n vakansie Thailand toe wen vir twee – http://partyofalifetime.co.za/)
Watkykjy staan op 3,056,125 post views in totaal sedert 1 November, 2019.