Goeiedag, seuns en dogters, maaifoedies en marabse! Ons is fokken opgewonde en ons swart harte pomp heavy metal, want Metallica is oor minder as 'n maand in Suid-Afrika! Ons het reeds ons tickets gekoop, sommer vir Kaapstad en Joburg. As jy 'n Metallica fan is, behoort jy ook excited te raak want daar is nog tickets beskikaar vir beide shows. Ongelukkig is die golden shower tickets reeds uitverkoop, maar jy kan nog sit- en-staan tickets koop.So lekker uit jou stoel sit en headband en met twee vingertjies op jou palms handeklap na elke tune.
Metallica is Woensdag 24 April 2013 by die Cape Town Stadium (tickets hier beskikbaar) en Saterdag 27 April 2013 by die FNB Stadium in Johannesburg (tickets hier beskikbaar). Of jy kan hier op Computicket gaan kokkenodge vir tickets. Ons weet nog nie wie die supporting act is nie, maar ons geld is op Van Coke Kartel en Black Cat Bones. Dit sal nogal piele wees as daar twee extra bands is.
Maar nou kan die opregte Metallica fan se nipples solank deur sy swart vest begin klim, want ons het 'n spul tickets, DVD's en Blu-Rays om weg te gee:
- 5 x Double tickets na Metallica in Kaapstad
- 5 x Double tickets na Metallica in Joburg
- 'n Blu-Ray of DVD van Metallica se nuwe Quebec Magnetic – jy check, ons is fokken gaaf, want ons weet nie of die wenners DVD of Blu-Ray players het nie, so ons gee hulle 'n keuse, jy maak uit?)
Dis 20 tickets na Metallica en twintig discs! Dis fokken mal! Vir nou sal ons vier double tickets na elk van die shows hier op Watkykjy weggee asook die disks vir elke wenner. Ons sal een set double tickets oorhou vir elke show onderskeidelik om last-minute weg te gee in nog 'n kompetisie van ons keuse. Dis 'n poesgroot kompetisie hierdie, wat 'n hele paar duisend skille werd is. Werk dit maar self uit.
Hoe werk die kompetisie?
Ons soek jou weergawe van enige Metallica song (behalwe Enter Sandman of Nothing Elses matters) in 'n YouTube video van nie langer as twee-en-'n-half minute lank nie.Jy kan kan die op enige van die volgende maniere doen:
- Jol 'n Metallica tune of gooi 'n medley saam met 'n Metallica tune op enige instrument van jou keuse: Dit kan 'n viool, bass guitar, drums, keyboard, klavier, trompet, blokfluit, trompie, saag, saxophone, keyboard of whatever instrument wees waarmee jy reken jy goed is.
- Ons weet nie almal kan musiekinstrumente speel nie, so jy kan 'n video submit waar jy fokken air guitar of headbang op 'n song ook. Fok, jy kan even kareoke of lip sync en act as jy wil. Die punt is, ons soek jou in die video.
- Jy kan 'n hele band vibe ook gooi as jy so voel. Julle kan self fight oor watter twee maatjies dan die kaartjies kry.
- As jy 'n gamer is, kan jy jouself ook afneem waar jy Guitar Hero of Rock Smith jol op een van Metallica se songs.
- Jou video moet opgelaai word na YouTube en moet die volgende title dra: Metallica South Africa – Watkykjy kompetisie (Jou naam) byvoorbeeld Metallica South Africa – Watkykjy kompetisie (Griff)
- Stuur jou YouTube video link na griffin@watkykjy.co.za of as jy lus is, tweet dit na @Watkykjy met die volgende: "Hey griff, hier is my Metallica submission om tickets te score na #MetallicaCT / #MetallicaJHB (jou link na jou video)
- Jy hoef nie goed te wees nie. Wees net kreatief of snaaks. Jy is 'n unieke sneeuvlokkie.
Reels:
- Lees fokken mooi hoe die kompetisie werk, neem die woorde in. Verstaan dit.
- Sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 19 April 2013, 11:00am en wenners sal Maandag, 22 April bekend gemaak word.
- Ons sal die 8 beste submissions kies (vier vir die Joburg show en vier vir die Kaapstad show) en die wenners sal elk 'n double Metallica concert ticket ontvang, asook die keuse van 'n Metallica Quebec Magnetic DVD of Blu-Ray vir elke kaartjie wat gewen word. Double tickets beteken dus twee discs (een vir elke kaartjie).
- Die oorblywende twee double tickets (een vir Kaapstad en een vir Joburg) sal op 'n latere stadium weggegee word, tesame met 'n keuse van 'n DVD of Blu-Ray disc van Metallica Quebec Magnetic vir elke kaartjie.
- Jou video mag dalk op Watkykjy verskyn soos ons entries inkry.
- Ons hoef nie geselsies met jou aan te knoop aangaande jou entry nie, maar jy is welkom om vrae te vra, solank dit nie fokken dom of stupid vrae is nie
- Ons kan nie fokken ruik waar jy bly nie, so tune ons vir watter show jy inkskryf: Kaapstad of Joburg. As jy nie hierdie info stuur nie, ignore ons jou fokken flatter as 'n 12-jarige laitie se borskas.
- Jy mag enige Metallica song cover soos hierbo uiteengesit, maar moet asse-fokken-blief nie entries stuur met Enter Sandman of Nothing Else Matters nie. Die fok weet, dis die eerste songs waaraan almal dink.
- Kompetisie is oop vir Watkykertjies in Suid-Afrika of mense wat seker is hulle sal in Suid-Afrika wees wanneer die Metallica concerts gegooi word.
- Ons behou die reg voor om die kompetisie te modify, sou ons uiterse swak gehalte entries inkry, en tickets op 'n ander wyse wil weg gee.
- Moenie 'n doos wees nie.
- Tickets ter sprake hier is nie Golden Circle tickets nie. Nie sover ons weet nie. As dit is, fokken bonus vir jou.
Raait, en net om jou 'n idee te gee van wat ons min of meer soek, het griff gou kitaar gaan afstof en 'n voorbeeld uitgekak. Verskoon die foute. Die vingers is so effens verroes. At least stel ons 'n voorbeeld. Lead by example, soos die Ingilsmanne hom roep:
Watkykjy staan op 3,101,772 post views in totaal sedert 1 November, 2019.