Hulle sê as jy ‘n hol kol op jou maag voel, jy either Kwashiorkor het of, dat wat ookal jy direk daarna beplan om te doen ‘n baie kak idee is. ‘n Mens kry byvoorbeeld daardie gevoel NET voor jy ‘n doosdronk back summy in die swembad try maak en jouself ‘n sexy gap in die voortande besorg. Of wanneer jy Deep Heat op jou voël smeer en hoop vir ekstra skommel woema. Hmm… lekker plesier soos die vure van hel. Slat my met ‘n sambok-oor-die-cock-salf. Ay caramba, brand my fokken mamba! So ‘n tipe kak idee…
Anyway, toe ek Saterdag so teen 11:00 die oggend nog sukkel om die vorige aand se roes af te skud moes ek daai selfde kak gevoel op die maag gehoorsaam het en moes ek geweet het dat die onheil dik in die lug hang toe my tjommies aan die deur klop en wil mission KKNK toe. “Kom bietjie uit die huis uit bra, dit sal jou goed doen.” Die vorige aand toe ek stoksielalleen by die casino was, my ellendige salaris solid op die zip geskop het deur te spend op ‘n Jay Z mothafuckin’ level en opgeëindig het om te sit en “sKots” praat met ‘n vet ou met die naam James die Pitbull-lookalike, was ek obviously nie out-going genoeg gewees nie. Ek het ook fokken lame Amerikaans gepraat en Pommie en selfs dronk Nairobiaans. Fokken wilde globe trotter, slat my naam met ‘n glibberige totter. As mens so gesuip raak dat jy almal se aksente (walglik kak) begin na-aap moet jy weet, jy is fokken gesuip. Skande.
So hier steek ons deur die Robinsonpas van Mosselbaai af Oudtshoorn toe, lekker feministe met ons 6 pack Klippies & Pepsi Kots panty droppers en ‘n paar bullets vir later. Dinge loop sover kiefpiele, considering dat ons laasjaar oppad soontoe al binne die eerste 5km afgetrek en ge”breff” is (nie om te mistake vir ge”braf” nie, daai is baie gagga, maats). Toe die sheriff ons vector na die geelstreep, skrik ek en my gabba ons ‘n shade of spliff-pis geel. Ek donner albei ons vol biere by my voete uit, dik nonchalant asof dit NIE lyk soos ‘n mini foam party tussen my voete nie. Hy vra of ons al ietsie te drinke gehad het. Wag? Tune hy iets van dronk? As ons nie nou mooi hustle and flow nie word ons more wakker met taai boude en nat ogies. Ooh fok… Hy vertel ons dat hy ‘n vrinlike ou is, en dat hy nice is as hy by die huis kom by sy vrou, maar nou moet onse manne verstaat dat hy by die werk is. Njara-njara. Ek oorweeg op hierdie stadium om te “inkwaair” wat de poes dit met die prys van bail te doen het en, if in fact, HY dalk iets te drinke gehad het. Hy was darem toe net cuntserned oor die tow bar wat die number plate harbour soes ‘n criminal. Hy het ons darem gou weer laat pad vat na ons belowe het ons sal nie weer nie. Die bye was onse getuie.
Ek was nou al ‘n paar keer daar en die KKNK is elke jaar meer van die selfde. Die setup is dieselfde, die stalletjies is dieselfde, die weer vary tussen reënerig en poeswarm. Weet nie van die toneelstukke nie – ek gaan net om musiek te luister en te drink. Ek kan wel sê die level van greed deur die organisers en watergatte is ever-changing – dit het evolve oor die jare van mild Sondagmiddag-jagsheid na Dankraal-jagsheid na full-blown, new years tienerpaartie op die beach-bobbejagsheid. ‘n Man moet oral met jou fokken hard-earned skille skei. Almal staan bakhand. Parking, dan hierdie entrance, dan daardie entrance, dan weer hier, dan weer daar. Ek mind nie om te betaal vir bands nie. Ek support die SA musiek scene all the way, behalwe vir Fredi Nest, jirre hy moenie sing of musiek skryf nie, ook verkieslik nie sy eie jeanpants uitkies of naby kinders toegelaat word nie.
Die enigste bangbroekies moet jou laaitie en sy tjommies wees as oom Fredi stadig verbyry by die parkie en sy hand voor in daai stywe jeans druk… “He puts the lotion on his skin..”
So ja, die KKNK is in my opinie, heeltemal overrated. Miskien is ek net ‘n siniese doos. Ek weet nie. G’n wonder die Afrikaanse mense kry so fokken swaar nie. Almal staan bakhand en as pappa nog daai Amarok se paaiement en boetie se iPhone 5 van R500 ‘n maand moet betaal dan is daar fokol oor vir die aftreevarkie nie. Hoop maar die Stuyvies en stres punch ons tickets voor 65, anders is dit hondekos en Fietas-living op die oudag. Ja, dis waar wat die ouens sê – die lig aan die einde van die tonnel is ‘n fokken trein. Hoekom dan so bedroef, Christo? Mag jy dalk vra. Miskien omdat dit Maandag is, my budget is genaai, en my oë lyk of ek vir ure lank onophoudelik gehuil het. Daar is vooraf geweet ons gaan die volstruis se hol HEELTEMAL ruk as ons fees toe gaan. En ons het.
Eerstens was ek lelik warm onder die arm toe ons daar aankom. Miskien was die Econo opsie op die wasmasjien nie so goeie idee nie. Jy weet as jou hemp nie thoroughly gewas het nie, dan dra jy hom so halfuur dan raak daai hemp WILD, pappie! En as jy die vorige aand jouself raakgedrink het dan stink jy soos ‘n ou straathond se ballas. Toe gaan ek maar by die local China shop in en koop ‘n “Calvin-Klein” t-shirt vir R40. Note die koppelteken. As ek ‘n fokken Rand gehad het vir elke judgmental kyk wat ek oor daai koppelteken gekry het dan het die fokken ding vir homself betaal, one time. Anyway, soos gewoonlik was ons in KuierTuin. Daar het mense gesing wat niemand fokken ken nie, of bother om te ken nie. Daar was hope Stellenbosch laaities wat se hemde fokol moue het nie en wie heeltemal te gemaklik met hulle seksualiteit was. Fokken hipsters. Daar was ook ‘n bra met ‘n swart leerbaadjie wat soos ‘n los poep in die bar gestaan het. En sy woorde was, en I quote “Mens is Steve Hofmeyr se seun en niemand wil eers vir jou ‘n drink koop nie?” Gevolg deur ‘n nervous laggie toe hy sien almal voel ‘n volledige vliëende fok. Ek wou hom eintlik liewer ‘n pie koop. Die arme man is so maer jy kan die kak deur sy ribbers ruik. Darem een girl saam met hom kom pose vir ‘n foto. Shame. En soos gewoonlik het ek weer my foon laat pap word en my vriende verloor. Dit was so fokken epic, daar is eintlik ‘n kinderboek oor my geskryf. Vervang net “Domkop” met “Dom, dronk doos”
Hoekom het ek agtergebly? Want ek het weer gedink met my voël. Die verlange na parra kan ‘n man heeltemal simpel maak. Ek loop die hele Oudtshoorn toe plat. Snaaks genoeg was die plek klaar plat om mee begin en gevolglik het ek my faktap verdwaal. En as ek sê ek het baie gestap dan fokken oordryf ek nie – ‘n kwessie van seker 20 fokken kilo's. Van 1 uur tot half 5. Non-fokken-stop. Toe eindig ek by KFC op. Dink ek sal die barmhartige Samaritaan wees en vir al 10 homeless kinders elkeen ‘n Streetwise Two en drinks koop. Lekker R500 later. O ja, plus die R300 wat in my wallet was want een van die klein fokkers het hom ook sommer geskep. Ek hoop hy kry lelike fokken pyne op sy magie van daai chicken pieces. Weer dik filosofies geraak met die manne, “stay in school”, “don’t stop believing” al daai mooi dingetjies. Lekker simpel. So ja, daar het dinge weer afdraande gegaan soos gewoonlik.
Dankie, Oudtshoorn. Sien jou weer volgende jaar weer. Dankie vir die spyker in my hol, my gemoed en my finansies.
Watkykjy staan op 3,084,328 post views in totaal sedert 1 November, 2019.