Ons was die afgelope naweek by die We Are One festival gewees by Emmarentia Dam in Joburg. Of ten minste, party van ons was daar.
Griffin het dit baie duidelik gemaak dat hy nie vir ‘n poes soontoe wou gaan nie: “Fokof met jou kleurvolle hippie poeier kak…” of so iets. En dis eintlik goed so, want ek kan net myself verbeel hoe hy arme jong kinders deur die gevreet sou bliksem as hulle hom gegooi het met pakkies organic colour powder. As hy die fees bygewoon het sou dit beteken het dat hy al 15000 mense daar moes opfok, en dan sou niemand ‘n lekker tyd gehad het nie.
Dis egter sy loss gewees, want We Are One was ‘n lekker vet jol. Die oorspronklike Holi festival is ‘n tradisionele gebeurtenis in die Hindu geloof en simboliseer die begin van lente en verheerlik gode soos Vishnu, Krishna, ensovoorts. Die We Are One festival (wat eers bekend gestaan het as Holi One maar toe later ge-rebrand is) is ‘n nuwe gebeurtenis in die hard-partykie-hou geloof en simboliseer die swaai van vuil lywe op harde dansmusiek en verheerlik gode soos Black Lable, Hunters, ensovoorts.
Blykbaar was baie gelowige Hindu’s afgepis met die idee dat hulle heilige fees commercialise word, maar ek skiem dis dieselfde soos Jesus op sy kruis wat verander in bulk bokse Beacon Easter Eggs oor Paasfees.
Maar vir almal wat nie ‘n religious stok in hulle holle gehad het nie was dit ‘n moerse lekker tyd gewees. Elke uur was daar ‘n moerse countdown en dan gooi mense hulle pakkies kleur in die lug op en skree en dans en drink en vryf teenmekaar. Fokken goeie tye. Die Musiek is verskaf deur DJ’s soos Toby2Shoes en Michael Lesar, met Goodluck as die headliner act maar eintlik was hulle net ‘n bysaak. Die hele idee was om vuil te raak (in die mees kleurvolste moontlike manier) en in daai aspek was dit ‘n reusagtige sukses.
Ons het ‘n ou kak kamera saamgevat want die poeier kom orals in en kan nogals jou electronics heavy opfok maar ons kon ten minste so kort video maak voor die outjie ‘n hartseer reenboog dood gesterwe het. Daar’s ook so paar foto’s van die event self en een van die poesvuil bad na ons die dag van onself afgewas het.
(Moerse baie dankie aan One-Eyed Jack en Seed Experiences vir ons tickets en vir die multicoloured snot wat nou nog by my neus en ore uitkom)
Watkykjy staan op 3,056,146 post views in totaal sedert 1 November, 2019.