Slaan ek en bra Fred mos uit by die Assembly om die Fokofpolisiekar 10 jaar toer te vang na hulle die land getoer het. Die toer, genaamd En nou is dit 10 jaar later, het selfs oorgestop by crazy plekke soos Klerksdorp, Cresta en Kempton. En toe… Kaapstad. Once.
First things first en ons vang die manne van Fokof backstage na soundcheck om bietjie kak te praat oor die toer, hoe ‘dit’ voel 10 jaar later en wat die ‘spirit of Fokof’ is. Check die interview hieronder.
Tien jaar is ‘n fokken lang tyd en ek dink dis fair om die manne nou veterane te begin noem. Fokof is die real deal, bra’s wat hulle stripes lankal verdien het en nou soos brannewyn nog meer skop gekry het met die verouderingsproses. Maar hulle speel eers later en ons verdaag vir verversings. Shack toe. Balke toe. Jy kry die prentjie…
Terug by die Assembly is ons net betyds om melodic rockers Conduit te vang. Nou gewoonlik verwag mens nie om moerse beindruk te word deur die heel eerste band op ‘n three-band bill nie, maar Conduit het die jol geskud. Heavy.
Halfpad deur hulle set het heelwat verbaasde mense leepoog uit die bar area na die stage gestrompel om te kom check, want die energie het oop geloop in die venue. Conduit is ‘n four-piece in die styl van Tool en A Perfect Circle, maar met ‘n female vocalist. Baie gees en fokken verfrissend vir ‘n local band. Maak plan om hulle te sien.
Daarna was dit The Future Primitives, wie ek heavy fokken smaak. Ek moet eerlik wees though, dit was asof hulle nie 100% connect het met die crowd by Assembly nie. Dis nie dat hulle kak gespeel of kak geklink het nie, maar hulle was nie vir my op hulle Ramfest standaard van face-melting awesomeness nie. Steeds ‘n befokte band, any way you slice it. Kry hulle plaat en besluit self. (Ja, plaat. Soos in vinyl. Dis hoe ons rol in die Kaap.)
Maar maybe was dit dat die crowd NET daar was vir Fokof. Dit was damn fokken duidelik toe die ligte dim en mense agterkom dis die oomblik van waarheid. Toe dit weer aangaan het mense dit verloor. Big time. Daar’s gespring, geskree, geheadbang en gehang bo-oor daai barriers voor die stage. Mal. Kak mal.
Vanaf ‘Brand Suid-Afrika’ eerste tot by ‘Fokofpolisiekar’ laaste was daar ‘n skroeiende energie wat almal binne gehoorafstand gegrip het. En Fokof het niks of niemand agtergelaat nie. Ek weet nie hoe lank hulle gespeel het nie, maar dit was seker amper twintig tracks en die pas was intens. Befok.
Hulle hare is dalk korter, hulle gooi nie meer op stage op nie en hulle los liefs fans se beursies goddeloos maar Fokof bly rock en fokken roll, pappa! Damn straight. Dit kan jy maar op jou eie patchleer beursie skryf, want dis die waarheid.
En so sterf die laaste note weg en ons bondel in die backstage area in (die luuksheid van ‘n ‘joernalis’ wees). Jägermeister sponsor mos die event… Mos… BOK IN MY MOND!
Foto’s deur Image Engineer. (Check die res hierso)
Watkykjy staan op 3,084,465 post views in totaal sedert 1 November, 2019.