Jy moet 'n special kind of faktap wees om Sweet Child O' Mine van Guns 'n Roses so liederlik op te naai. Van die "bassist" se guitar strap wat soos 'n skewe das lyk en oor sy kaksak trek to die "guitarist" wat so dokken into it raak dat hy deur nul deel en jou brein breek. Dis maar net die eerste 35 sekondes. Dan kom die "drummer" in met sy 11/13 beat en fok alles meer op. Daarna klink die vocalist asof hy met geroeste minora blades gorrel deur sy poefkanaal. As jy in die woordeboek gaan kyk onder "kakafonie", sal jy moontlik 'n foto van hierdie band langs dit sien. Sonder hulle hemde.
Dis soos 'n miskruier wat per ongeluk 'n bokrol deur sy kloue laat glip op die piek van die Himalayas. Die outjie rol dan af, tel meer kak op en destroy 'n hele bedreigde village van eenvoudige mense wat andersins in vrede en harmonie sou saamlewe…
Dis pragtig.
Watkykjy staan op 3,056,186 post views in totaal sedert 1 November, 2019.