Deur Die Kwaai Ou Man
Het myself laaaaank gelede voorgeneem ek gaan nooit ‘n donnerse woord oor die Cape Crusaders skryf nie, want dit moedig hulle net aan.
Plus, ek het eerlik nie ‘n fokken saak wie jy ondersteun nie; dis net sport, for fuck’s sake, ek kyk dit om te ontspan. Cheer vir Mars as jy fokken lus het, sover dit my aanbetref. Dit kan my minder skeel. Moet net nie in my gevreet kom skree nie.
So is ek toe vir die Paasnaweek Kaap toe, soos amper elke jaar, nes die bleddie winter, soos ook amper elke jaar. En toe ‘n ou pêl my Nuweland toe wil sleep, waarom de hel dan nie?
Brom-brom die fokken bra oor die Cape Crusaders, maar ek moet sê: eers dag ek die spul is darem min om so ‘n bohaai oor op te skop. ‘n Paar fokken glory hunters ondersteun die sewemalige champs, moerse verrassing.
Kaapstad het meer fokken Manchester United fans per vierkante kilometer as bleddie Manchester, wie weet wie hierdie hartseer drollings oor drie jaar gaan ondersteun?
Maar vir so ‘n piepklein klompie maak die ouens nogals luidkeels kak. Hulle booo die Stormers-bus, hulle booo die Stormers-stelskopper, hulle sou hul eie poepholle gebleddie booooo het net omdat dit Kaapse poepholle uit die Stormers-streek is as jy die simpele donners kans gegee het.
Sien vanoggend ‘n ou op Vuisbroek beweer hy cheer al van 1994 af vir die Crusaders. Dan’s die bliksem met die helm gebore, want die Crusaders het eers twee jaar later bestaan en was eers twee jaar daarna iets anders as hondkak.
Van toe af maak die kêrels egter aan.
Ek is self ‘n groot Crusaders fan. Dis ‘n outydse span met fokken lelike voorspelers; maak-voor-sag-en-slaan-dan-agter. Hulle kom uit Christchurch, ook nog, ‘n mooi ou stadjie wat onlangs ‘n panelbeating gevat het en waar ek ‘n jaar of tien terug drie amaaaazing dae beleef het danksy Nieu-Seeland se destyds wettige party pills.
Oor die toonbank party pills, bid julle aan.
Dit was fokken varkmedisyne, het ek later uitgevind, maar ek was nie verbaas nie, want fok – hierdie vark was behoorlik aan daarvan. Anyway, probleem is dat Christchurch sweerlik Nieu-Seeland se mees benepe fokken stad is. En daai knaende gerugte van nie-amptelike rassekwotas, sodat die Crusaders darem min of meer so blank kan bly as die bloeddorstige klomp bulshitters van wie hulle hul naam gekry het.
Ek meen, fok, die Kruistogte was venynig. Om te sien ‘n Moslem-ou cheer vir die Crusaders, is so fokken bisar as ‘n New Yorker wat ‘n span genaamd die fokken Jihad ondersteun. Die Vancouver Jihad, sê, want die betrokke helde is nie eens uit dieselfde donnerse land nie.
Jare terug kon ek nogal insien dat die manne die Blues ondersteun. Dit was Sean Fitzpatrick en Zinzan Brooke se dae en darem ‘n multi-cultural span wat rugby aan die redefine was, vanuit relatief moderne Auckland.
My teorie is dat die klomp irriterende kaksakke nog nie DIE seisoen helemaal kans gesien het om die sprong na die Chiefs te maak nie. Die Chiefs speel nou soos die Crusaders destyds, maar gaan dit lank genoeg hou dat jy in ‘n fokken jersey kan belê?
Dis die soort existensial krisisse wat ‘n Cape fokken Crusader beleef.
Op pad uit het een van die bra’s jolig staan en sing, so ‘n dikke; ek het hom daai kakkerige arched eyebrow Roger Moore move gegooi om seker te maak die ou kan sien ek voel fokol. So ‘n ene (janee, Roger was die kakste Bond, die was een van sy twee uitdrukkings). (Maar Bond was veronderstel om kak te wees, druk hierdie newfangled Oscar wannabe Bonds van julle waar die son nie skyn nie):
Hy kyk toe so diep in my oë en sê: My broer, jy try hard, maar jy fool my nie; ek kan sommer sien jy’s de moer in vir my nou.
Toe besef ek die fokker is reg.
Maar dit het my goed 48 uur gevat om tot verhaal te kom en teen die tyd sien ek dommer dose as ekself opper sommer die moontlikheid van afsonderlike pawiljoene vir rugbywedstryde. Ek meen, moet daar werklik ‘n seksie opsy gesit word vir die fokken Rebels se reisende ondersteuners? Moenie histeriese kak praat nie, man.
Intussen is hier ‘n prentjie van ‘n dag, anders as op Nuweland, toe die Crusaders op hul moere gekry het. Die vorige keer dat hulle Jerusalem genader het, het hulle die eerste mense wat hulle teëgekom het, afgemaai met die swaarde.
Net om agterna te besef die dooie swartes was Koptiese Christene uit Ethiopië wat hulle kom verwelkom het. Sleg bleddie etters gewees.
Anyway, op die prentjie kak hulle buite Jerusalem.
Hul modern donnerse rugbyspan-afstammelinge kak gans te min in Kaapstad. Of Suid-Afrika in die algemeen. Nou, na jare, hoop ek die Crusaders val deur hul eie gatte. Ver en hard. Net om daai vet fokken parra van nou die aand te dwing om ‘n nuwe fokken jersey te moet koop om my mee te probeer afpis.
Watkykjy staan op 3,101,777 post views in totaal sedert 1 November, 2019.