'n Engelse vriendin vertel my eenkeer die twee woorde wat nêt in Afrikaans presies reg klink, is "kuier" en "wroeg". Ek reken dis nie om dowe neute nie, want dis einste die twee dinge wat Afrikaanse mense met mening kan doen. En Superrugby-tyd word daar so al om die ander week gekuier of gewroeg. Verlede week, natuurlik, was daar al van Saterdagoggend vroeg af 'n geween en 'n gekners van tande met die gepaardgaande reuk van verbrande steak oor Christchurch en 'n haaivin-soppie in Durban. Fok ja, wroeg is daar gefokken wroeg!
So op die onderwerp van verbrande steak – ons het die week besluit om vir BraaiBoy te corner om vir Saterdag se rugby 'n plan van aksie uit te figure. Op tweeters het @BrandJustus mos die week getune "Donderdag is Human Rights Day, maar Saterdag is fokken Liver Damage Day, danksy al die SA spanne wat speel." Maar voor ons die brannas gooi en die vuur begin aansteek moet ek eers van die geleentheid gebruik maak om die Cheetahs uit te kak. Fokkit, Cheetahs, kom tog net reg! (Prys ek hulle na laasweek se wen, weet ek sommer hulle gaan my drop die week). So ek hoop True Blue Smit skop 'n ding raak. Seriously ouens, hou op rond tos!
Dan, as jy een van daai fake Stormers fans is wat die Brumbies op jou SuperBru gepick het… ouens, julle maak my so debliksem in, ek kry sommer vir @Sam_Goma om julle met die Gauteng curse te bless. Die bra moet net sy klippies en kak gooi dan wen ons vir julle al daai faktap Joburg bestuurders waaroor julle so bitch elke Desember (permanent vibes, pappa), so paar potholes en so tros fokken E-tolls om jou bloeddruk en beursie hard te naai.
Fokken fine. Snake White en rampokkers wat van skaap hou (en nou praat ons nie van braai nie) oftwel die Brumbies, speel so goed en drink so min. Shit, net die feit dat hulle nie 'n paar biere na die game teen die Sharks kon drink nie is al klaar genoeg rede om die Stormers vir 'n wen te pick. Wys bietjie ballas, Stormers en hou op kak en kerm. My weird Brakpan brasse wat die streeptrui prys mag maar meer oor hulle pool positions worry en die Perdjie-span support – hulle is actually undecover Lions. Maar die res van Province poeste (As AB mag Poes sê op TV mag ek ook) het geen verskoning nie want die Stormers jol nie eens teen 'n span met All Blacks in nie.
Cape Crusaders… amper kots ek in my mond.
Voor ek dit heeltemal verloor, kom ons gaan maak gou so paar predictions.
Crusaders v Kings (8:35 kick-off)
Opsomming: Welkom in Kiwi-land. Eina ma, dit was seer – hierdie ooms se bene is so dik soos boomstompe.
Voorspelling: Kings verloor so bietjie weer, die keer met so 18 punte.
BraaiBoy reken: Sluk jou favourite babelas muti, luister na SuperSport se manne en terwyl die Kings pakslae kry kan jy die skottelbraai light en brekkie bou. Word wakker en sluk jou favourite babbelas muti.
BraaiBoy menu: Bacon, eiers, boerewors met toast en dalk 'n gebraaide tamatie met uie as jy dit like.
Reds v Bulls (10:40 kick-off)
Opsomming: Altwee die spanne het laasweek soos en met hulle holle gejol. Noem dit 'n hunch maar dalk maak die Blou Nulle bietjie mooi die week.
Voorspelling: Reds loop voor teen halftyd, maar die Bulls bons terug met hulle Super Subs na die breek en wen met so 5.
BraaiBoy mission: Nog nie tyd om te braai nie, want ek reken die Bulls gaan ons trots maak, so jy beter die TV dophou. Brave manne kan 'n brannas skink en begin dink aan vuurmaak.
BraaiBoy menu: Ek worrie nie te veel nie, die Bulle gooi so bietjie rooi.
Force v Cheetahs (12:45 kick-off)
Opsomming: Die Ebersohn ouers is vandag happy either way want at least gaan een van hulle laaities 'n smile hê na die game. Tog wil hulle weer in Mimoza Mall kan rondloop sonder om gebliksem te word, so ek skiem hulle skree vir Robert.
Voorspelling: Die Force lyk al amper soos 'n rugbyspan, so die gaan close wees. Ek skiem Cheetahs met so 12, want Rhule rule, pappa!
BraaiBoy reken: So teen halftyd moet jou vuur aan wees terwyl die Cheetahs besig is om die Force te force-feed. 'n Lekker boerie roll sal mooi loop saam met die Vrystaat sege.
BraaiBoy menu: Boerwors (verkieslik my brands wat jy by Spar kan kry) en onthou as jy nie met hardekool braai nie moet jy so paar groot stompe opsit – dit gaan 'n lang middag wees.
Sharks v Rebels (5:05 kick-off)
Opsomming: As jy 'n kakhuis vol Cheetahs-spelers in jou span het en jou kaptein is 'n soutpiel moet jy nie vrae vra nie. Fokkit, Plumtree dink soms soos 'n daggaboom. Ek meen, seriously! Ek kies eerder 'n dik Frans Steyn voor ek vir Meyer start.
Voorspelling: Die Rebels suig so erg hulle gaan met so 18 punte op hul neus kyk, want Haai is fokken waai na laasweek se geploeter.
BraaiBoy reken: Teen hierdie tyd het jy klaar by Tops gaan opstock en aangesien die twee kus-spanne na mekaar speel, dink ek ons moet 'n vissie braai.
Braaiboy menu: Snoek klink vir my na 'n wenresep, maar chill eers rustig met jou brannas/biertjie en hou die Sharkies dop.
Stormers v Brumbies (7:10 kick-off)
Opsomming: Die Brumbies het nog fokkol verloor nie, maar vanaand is die eerste keer. Ja, jou sleg Stormer-marabs, die Brumbies se ma se harrrrre!
Voorspelling: Witwarm Stormers klap White se manne met 4. Brumbies sal ook nie die final maak nie. Hoor my lied.
BraaiBoy reken: Steek jou vuur so rukkie voor die game aan of gooi nog kole as hy reeds aan is. Moenie te veel worry om die braai dop te hou nie want om die vuur staan mag dalk beter as nog 'n Stormers nederlaag lyk.
BraaiBoy menu: Daai snoek moet nou al jou ouma se geheime bestanddele inhê sodat ons netnou lekker kan eet.
Lekker ruggas, lekker braai en lekker soek na jou lewer die volgende dag.
O ja, voor ons vergeet daai useless Waratahs jol Sondag.
Waratahs v Blues (7:05)
Opsomming: Jy ruik soos snoek en jou cherrie laaik dit fokkol. Check maar die game en maak na die tyd 'n plan.
Voorspelling: Blues maak dit 'n Bloody Sunday en looi die ouens wat 300 keer kakker as die Kings is met so 24 punte.
Watkykjy staan op 3,124,125 post views in totaal sedert 1 November, 2019.