RAMfest hierdie naweek in Joburg gaan fokken ass kick as mens kyk na wat in die Kaap gebeur het. Almal tune dit was die beste ene sover gewees. Ons is self ook moerse opgewonde om weereens te gaan gatskuur daarso. Hoe opgewonde? Check net hierdie fokken knop in my broek! Jeeeaaaow!
Julle het self ook die kans gehad om tickets te score. Die Watkykertjies wat die tickets na die Kaap festival toe gewen het, het ons laat weet dat hulle die kak uit die plek uit geniet het. Nou is dit tyd om die Joburg wenner aan te kondig, maar kom ons begin met die ou wat heel laaste gekom het (letterlik) en nie ‘n ticket gescore het nie:
Die rede? As ons jou tune om ons te vertel na watter festival jy sou verkies om te gaan, bedoel ons dit. Ons kan nie fokken ruik waar jy bly nie. En in hierdie geval, wil ons regtig nie ruik waar jy bly nie.
En nou vir die Joburg wenner (Durban was vas aan die kak op die pot gewees). Haar e-possie lees:
Die girls wil baie graag Joburg RAMfest toe! Komaan ouens, score my ‘n kaartjie of twee, dit sal moerse nice wees! 😉
“T”
(Obviously het ons haar gatsiggie verdoesel sodat die festival goers nie soos jags wolwe met boners agter haar aandrentel nie.)
Goeie werk, meisie. Hou jou e-mail dop.
Ons sal nog besluit of ons later op Twitter nog ‘n ticket sal weggee. Net die tyd sal leer…
Watkykjy staan op 3,085,564 post views in totaal sedert 1 November, 2019.