Om vir julle alles te vertel wat by RAMfest 2013 innie Kaap gebeur het sal nie deug nie. Daar was te veel fantastiese oomblikke, kaksnaakse tye, wonderlike mense, epic sêgoed en klipharde rock en fokken roll. (Natuurlik was sommige goed nie wettig nie en sommige goed net… wel… verkeerd. Baie verkeerd.)
Maar anyway, kom ons begin by die belangrike ding. RAMfest 2013 was fokken poescool. Punt. Ek sukkel steeds om by die “normale” pas van die werkweek in te skakel en niks is meer pret nie. Maar kom ek probeer ‘n review aanmekaarbliksem wat half sin maak of iets. Fok.
Die nuwe venue vir die Kaapse RAMfest is ongelooflik. Net buite Riviersonderend, tussen berge en langs ‘n rivier met heelwat bome en shit. Selfs gras, die werke pappie. Bekend as Circle of Dreams is dit ook waar pilkoppe op trance kom bokse pak in die lug. Kief jol. Dik nature vibes.
Soos dit gesofistikeerde metalheads betaam het ons crew in die Kreef Hotel tuisgegaan. Befok lekker om ‘n tafel te hê om by te drink (wat iemand anders opslaan) en ‘n stoel (waarvan jy dronk af kan bliksem en iemand anders kan optel). Dan ook ‘n lekker groot tent (wat iemand anders opslaan) en ‘n bar wat altyd koue skuimkoppies het. Skoon spoelies vir nukkerige bruinbere. Als. (Ek het my Oppikoppi stripes in stukkende tweemantente van ’96 af, so fuck that noise in my oudag.)
Donderdagaand was ‘n blur. Soos die tradisie nou maar is, raak ons toe bitter gespat en mis meeste bands. Okay, pretty much all die bands. Selfs RAM FKN JAM twaalfuur, wat ironies is want ek DJ daarin. En dis ons eerste festival. Tegnies het ek dit nie gemis nie, ‘n weergawe van my het gespeel en daarna onmiddellik gaan “slaap”. Hard gaan slaap. Jy ken.
Vrydag was befok. Om mee te begin weet mens ander mense werk, so dis altyd kiefpiele. Toe begin dit reën, maar dit was actually nogal nca. Nie te warm nie en dit sorg vir ander vermaak soos metalheads wat kaal bolyf rugby speel, Goths wat glimlag en modderige mense. Ook binne kuier by die Kreef en kief nuwe mense ontmoet wat ook daarvan hou dat ek elke paar minute Leon Schuster tunes sing, sing, sing sê die maaaa-NE!
Manne, raak ons mos aan’t kuier, soveel so dat ons dit regkry om wherever ons gaan mense te verdryf. Dit gebeur meestal na aanleiding van ‘n joke oor ‘my bra Handogg wat ‘n Watkykjy competitor wil begin – whatlookyou.poes. Blitsvinnig kom ons op met die nuwe domain .poeshard vir metalbands soos bv. whatlookyou.poeshard. Ons skree dit ook vir mekaar wel… poeshard en meeste mense verkies om eerder in die reën te staan as naby ons te bly sit. Ons clear selfs ‘n backstage area. Fokken marabse. Ons nou.
Toe kom die magtige dreuning oor die veld uitgesweef. Seker die top local band tans (en beslis my favourite live act), die Black Cat Bones (https://www.facebook.com/TheBlackCatBones?fref=ts) vat die sopnat stage en kry die luigatte en banggatte om op die nat gras te kom boogie en rondskaats. Die energie wat hierdie manne create is genuine electric. En dis hulle harde, stripped down, eerlike, straight-up, 101% proof rock en roll wat hulle so giftig maak. Fokken beautiful.
Hierna is ek mightily impress deur die Future Primitives (https://www.facebook.com/FuturePrimitives), ‘n trio wat gritty indie rock uitbelt. Maar nie affected indie tos soos die Killers nie. Weereens true rock wat die basics reg doen en kliphard uitfok. Befok op stage ook. Check hulle shit uit, hulle LP (ja op plaat!) drop eersdaags. Worth it. Once.
Toe volg ‘n strange maar cool interlude deur Franse duo Inspector Cluzo (https://www.facebook.com/pages/The-Inspector-Cluzo/262041845186?fref=ts). Self beskryf as funk ‘n roll is dit ‘n guitarist en drummer (“Fuck the bass player” tune hulle) wat ‘n show opsit wat jokes insluit en funny performances en quips tussen die actual tunes. Franse is weird.
Min goed, however, sou ons kon voorberei vir Van Coke Kartel (https://www.facebook.com/Vancokekartel?fref=ts) se blistering set. Kyk, hulle was nog altyd ‘n befokte live band maar hierdie was die world class performance deur consummate professionals. Van die well weighted intro wat almal in die rooi laat peak het, tot die gees dwarsdeur, tot die blistering guitar solos en die slim verandering van pas deurentyd was dit ‘n show soos min. En asof dit nie genoeg was nie was daar ook cool guest performances deur ouens soos Theo Crous, Jack Parow en ander ouens wat ek nie nou kan onthou nie. Sestien valves. Maklik.
Saterdag het baie gehad om teen op te leef en boy het dit fokken naby gekom. (Spoiler alert: Ek het wel about negeuur die aand uitgepass en al die international bands gemis. Maak mos of ek mal is en drink alles.)
Ons het die helige Saterdag verwyl deur eindeloos kak te praat, die Kreef deur te kuier en ook daar ‘n heerlike rock en roll set te gooi terwyl ons ‘n bottel Jack, ‘n bottel KWV 3-Jaar en ‘n bottel Jägermeister te klits. Met bier as chasers. En tequila net om die mond uit te spoel.
Dis van die einste Jägermeister wat ons “BOK IN MY MOND!” begin skree het op ‘n kol; ons nuwe sêding tussen Leon Schuster songs. Ek kan nie mooi onthou nie, maar ek dink almal het dit verskriklik baie geniet. Behalwe dalk mense wat nie aan ons tafel was nie.
Verder het die dag net uitgerafel. Ons is van Red Heart rum diefstal beskuldig (ja right), ek was amper in ‘n fight oor ‘n schwarma en lae bloeddruk en die Jägies BOK het geloop soos stroop. Tussenin is daar na bands gekyk, onder andere ook die metal stage wat meer soos die comedy stage was, maar niks kon vir my kers vashou by die Vrydag line-up nie.
Het wel gehoor dat Rise Against fokken cool was en het Bring Me The Horizon van my tent af geluister. Dit was nou vir jou ‘n spul fokken geraas. Die outjies klink kwaad jong. Heavy.
Maar so kom alle goeie dinge tot ‘n einde en na ‘n bietjie paniek Sondagoggend oor ons vasgepark is, sê ons ons goodbyes en klim in die Swart Gevaar. En sit die Howlin’ Wolf tunes aan. Dot poeshard. Loshande een van my heel beste feeservarings van die laaste vyf jaar en beslis een vir die boeke.
Duik! Duik! Duik! Sê die maaaa-NE!
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.