YouTube is amper-amper beter as TV deesdae. Daar is ‘n kakhuis vol interesting shows wat jy self kan gaan uitsoek en aan kan subscribe. Weet jy hoe werk subscribe? Jy fokken click op “Subscribe” op die ou se naam wat ‘n video ge-upload het as jy in-sign met jou Gmail account op YouTube, dan update dit jou YouTube panel met die nuutse shit, my bru.
Daar is even kief local channels wat weekliks update en ons is uit op ‘n leeujag om hulle vir jou op te spoor, want fokweet, party van julle Watkykertjies het nie zak vir DSTV nie en is met SABC se bokpoes opgeskeep. Goddank vir die interwebs.
Die eerste channel wat ons feature is die Anne Hirsch show. Haar format: Sy interview ‘n paar local celebs en dis meestal fokken awkward en altyd fokken snaaks. Op ‘n creepy manier. Ons het bietjie gaan crotch skuur met die vreemde meisie van Kaapstad en met so paar vrae gepomp…
Griff: Wat is jou issue met almal se hare wat jy in daai sif jar versamel?
Anne: Eerstens, dis ‘n jam jar, nie ‘n sif jar nie. Jy sal nooit ‘n sif daar kan inpas nie! Ek wil ietsie hê waarmee ek my gaste kan onthou en jy weet nooit hoe wetenskap vorder nie. Eendag kan ek dalk selfs my eie rooi tapyt vol SA celebs kloon.
Griff: Ah, ek sien. Ek maaak uit van die hele tapyt vol tappits, maar hoe sal jy die ultimate Suid-Afrikaner bou as jy net een mag clone?
Anne: Ek’t al op ‘n tapyt vol tappits geloop. Dink dit was in Kampsbaai. Ultimate Suid-Afrikaner… Riaan Cruywagen se hare, Simba van Top Billing se lyf, Toya DeLazy se styl en Antjie Krog se brein.
Griff: Bloem. Wat is die ultimate coolste ding van Bloem en wat is die ultimate kakste feature van Bloem?
Anne: Coolste – JRR Tolkien was daar gebore. Kakste – kort na sy geboorte het hy getrek…
Griff: Jirre, hoekom gaan almal altyd so aan oor Tolkien? Hy het mos al die Star Wars boeke en die Harry Potter reeks geskryf? Is daar nie iets cooler en iets kakker as dit nie?
Anne: Nee man, JRR is ‘n rapper. Cooler as hom is die Bloemfontein Waterfront en kakker… seker maar die Bloemfontein Waterfront.
Griff: Hoe lank is jy nou al weg uit Bloem en hoekom?
Anne: Amper elf jaar. Ek’t in Stellenbosch gaan drama swot (duurste vakansie van my lewe) en toe drama nagraads by UCT en nou kan ek nie ‘n vliegtuigkaartjie terug bekostig nie.
Griff: Ek hoor dieselfde storie van mense wat drama by Tuks swot. Hulle is almal waiters wat probeer geld spaar om by UCT te gaan swot. Vir hoe lank was jy ‘n waitress?
Anne: Twee dae… Moenie vir my vra om flippen kos aan te dra nie!
Griff: Hoekom dra jy ‘n fokken strepiestop en drink uit ‘n strepiesmug uit?
Anne: Want dis vir my fokken lekker.
Griff: Ja, fokken lekker ‘Where’s Wally’ vibes. By the way, ‘n mens bly gewoonlik weg van strepiesklere voor die kamera.
Anne: Nie ek nie. Living on the edge vibes hier by The Anne Hirsch Show!
Griff: Wat is in daai mug?
Anne: My prokureur het my aanbeveel om nie hierdie vraag te beantwoord nie.
Griff: So met ander woorde liquid tik. Nice. Ek drink dit ook.
Anne: Net ‘n single met bietjie dry lemon. Takes the edge off.
Griff: Wat is jou fascination met Angelina Jolie?
Anne: Dis nie ‘n ‘fascination’ nie, ons is beste vriende.
Griff: Dan neem ek aan jy het al haar tiete gevroetel?
Anne: As jy ‘vroetel’ aan tiete het jy groot probleme!
Griff: Wat kyk jy?
Anne: Dexter Season 6
Griff: Ek het dit klaar gekyk. Hy gaan dood in die laaste episode. Jy moet The Following kyk. Daai kak is legit.
Anne: Kan ek dit by jou kry? Ek sal my hard drive vir jou bring.
Griff: Sure, Bring net brannas saam. Mac of PC?
Anne: Ek het ‘n PC maar soek ‘n Mac maar ongelukkig spaar ek nog vir daai vliegtuigkaartjie terug Bloem toe.
Griff: Fokken hipster.
Anne: Fokken yuppie!
Griff: Wat is ‘n hipster?
Anne: Iemand wie se heupe moer bekend is?
Griff: Kan werk. Soos Elvis s’n. Maak jy zak met The Anne Hirsch show?
Anne: Ons doen dit vir die kuns. Geld is nie vir ons belangrik nie. (As daar ‘n Watkykertjie is wat The Anne Hirsch Show wil sponsor, kontak ons asseblief by www.annehirsch.co.za – ons aanvaar kontant.)
Griff: Die Watkykertjies is almal arm marabse. Ek dink jy gaan sukkel daar. Hoekom is The Anne Hirsch Show nie op TV nie?
Anne: Tussen 3 Talk met Noleen en 7de Laan is daar nie meer plek vir ons nie.
Griff: Op ‘n skaal van 1 tot bars uit jou broek: hoe lekker was Dorothy Black se drukkie in “daai” episode?
Anne: Ek’s tans besig met terapie dansky aan “daai” episode, maar net tussen jou en my (dis mos privaat né?)… dit was bitter lekker…
Griff: En nou vir so bietjie van jou eie medisyne: ‘n Naweek saam met Griffin in Bloemfontein in die ou Pomphuis met brannas en Scrabble en jy verloor of ‘n aand saam met Griffin in Kaapstad by ‘n party saam met die Wedding DJs waar almal verloor en die polisie wen?
Anne: Lekker ene! Definitief Bloemfontein, siende dat ons ‘angry’ drink, is daar meer mense wat ek kan bel om te kom help as iets ernstig fout gaan. Maar highly unlikely dat ek in Scrabble sal verloor. Hashtag Mad Skills!
Griff: Kak man, ek sal jou opfok! Enige wyse woorde vir die Watkykertjies? Hoe moet hulle die lewe benader?
Anne: Kyk The Anne Hirsch Show en gee lekke stywe drukkies!
So there it are. Gaan gooi ‘n draai by http://www.annehirsch.co.za/, volg haar op Twitter en subscribe aan haar YouTube channel. As jy enige voorstelle het vir cool local YouTube channels wat ons moet feature, drop vir ons ‘n fokken e-mailtjie, ag toe. Kyk daar onder die “Kontak” section, pa se groot kind.
Watkykjy staan op 3,056,649 post views in totaal sedert 1 November, 2019.