Laas Sondag het ek soveel humble pie gemunch dat my sooibrand eers teen Dinsdag begin beter raak het. Rennies het absoluut fokkol gehelp nie so ek moes soos 'n pregnant vrou met 'n bottel Gaviscon rondloop. Thanks vir al die kief comments ouens. Humble pie is egter donners lekker as mens dit moet eet omdat twee Suid-Afrikaanse spanne jou Superbru so bietjie opgefok het.
Geluk Bulle, lyk my julle moet maar elke game in daai pienk frokkies jol. Braaiboy is about die enigste ou wat ek ken wat hulle vir die wen geback het. Hy was egter nie deel van die komma nul kwadraad persent mense wat die Cheetah vlag gewaai het nie.
Right, as jy hierdie rugby bloggery van my al so bietjie dopgehou het sal jy weet ek byt elke week 'n ander span kak en die week wen die onvoorspelbare Cheetahs die prys.
Ja, hulle het die Highlanders hard gebliksem maar hoedefok verander dieselfde groep spelers van iets uiters useless tot 'n rockstar rugbyspan in 'n kwessie van 'n week? Ek meen fokkit ouens, julle is soos die Franse rugbyspan; niemand is ooit seker hoe goed of sleg julle op die dag gaan wees nie. Om die Cheetahs te support is amper soos om die lotto te speel hoewel mens met die lotto dalk so bietjie minder verwagting het dat jy iets gaan wen.
Wie sou nou ooit kon raai die Cheetahs kan actually tackle? Om net drie punte af te staan is mos nie Cheetah rugby nie, of hoe? En hoekom kon julle nie net die eerste twee games ook so jol nie? Die Blikore moer mos altyd die game weg as hulle halftyd voorloop. Wat het van dit geword? Fok julle Cheetahs, ek sien sommer hoe julle nog 'n hele paar keer met julle fans se gemoedstoestande gaan yo-yo speel.
Al ooit gehoor van so bietjie bestendigheid? Die average kam-in-die-kous boer sal dit meer smaak as 30 duim reën. Word bietjie wakker. Speel elke week soos ons weet julle kan, of los dit.
Klouter die sooibrand weer heer teen my midrif op.
Raait, hier volg die week se maak-of-ek-'n-clue-het.
Vrydag
Highlanders v Hurricanes (8:35)
Opsomming: Hulle maak dit ook nie maklik vir 'n start nie want tussen die Highlanders wat soos kleuters gelyk het en die Hurricanes wat my elke week drop/verras weet ek nie meer nie.
Voorspelling: Highlanders met so nege om op te maak vir laasweek se poef performance.
Waratahs v Cheetahs (10:40)
Opsomming: Verloor die Cheetahs die een moet hulle sommer in Australië bly. Seriously ouens.
Voorspelling: Cheetahs pomp een van die boringste spanne met so agt en Super Sarel wys sy ou spanmaats die middel vinger.
Kings v Chiefs (17:10)
Opsomming: Ongelukkig vir die PE manne wat mekaar so in die stands donner is die game nie teen Kaizer Chiefs nie.
Voorspelling: Jetlag is nou verby. Chiefs met 19.
Saterdag
Crusaders v Bulls (8:35)
Opsomming: As die Stormers dit kon regkry om nie drie in 'n ry te verloor nie … Ramfest babelas… sal die highlights dalk check.
Voorspelling: Solid stuff deur die Bulls, maar Dan Carter pomp in die 74ste minuut 'n droppie oor om sy span 'n twee punt oorwinning te gee. (Sam Goma het sy bene gegooi vir die game)
Reds v Force (10:40)
Opsomming: So asof iemand actually die kak gaan kyk.
Voorspelling: Reds met 25 – want skaap.
Sharks v Brumbies (17:05)
Opsomming: Hulle moet seker sometime 'n drie of twee druk en al is Jonny Deysel beseer het Jake White nie meer daai Pocock doos in sy span nie.
Voorspelling:Sharks klim bietjie in vir 'n slag en rook die Aussies met 12.
Watkykjy staan op 3,083,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.