Ek en Anni Malan het gehoor van ‘n music festival in Sandton, maar het dit aanvaanklik nie geglo nie, want ons het nie gedink dat yuppies kan party nie. Ons besef toe later dat dit nie ‘n grap is nie, en toe ons die line-up sien toe besluit ons om die Rise and Shine Festival uit te check.
Dit was verbasend maklik om daar uit te kom. Ry self en parkeer sommer in Sandton City vir tien bokke vir die dag en stap ‘n kort entjie soontoe, of ry die Gautrein en stap ‘n kort entjie soontoe, easy peasy.
Uit beginsel uit het ons die ‘Halcyon Yoga’ sessie gemis, want agt uur op ‘n Saterdagoggend is heeltemal te vroeg vir sulke kak, en ons is nie hipster (of soepel) genoeg daarvoor nie anyway. Toe ons daar aankom was Shotgun Tori al in volle swang op die verhoog, met heelwat mense wat sit en chill op die gras en onder die bome.
Soos die oggend verloop het, het al hoe meer mense daar aangekom, en teen die middag was daar ‘n goeie crowd en ‘n fantastiese vibe.
Nou goed, ek was al by verskeie “day festivals” van die aard, en ek kan met alle eerlikheid sê dat hierdie ‘n goeie een was. Die musiek was uit die boonste rakke, die venue was great, die kos was lekker, die biertuin was befok, en die reelings het seepglad verloop.
Teen die einde van die dag was meeste van die mense wat onder die bome vir die son weggekruip het voor die verhoog vir ‘n lekker party. Anni Malan het heeltemal te veel happy coconuts gehad (regte-egte coconuts met rum in) en haar soos gewoonlik wangedra. En verskeie dronk hipsters het ons vermaak met cartwheels op die gras en allerhande ander dronk toertjies.
As hulle dit weer hou sal ek verseker gaan.
Beeg H
Watkykjy staan op 3,056,592 post views in totaal sedert 1 November, 2019.