Verlede jaar was my eerste keer by die Up the Creek music festival (http://www.upthecreek.co.za/). Tydens net twee dae het ek gemanage om saam met dronk griff 'n paar vername musicians af te pis, arme Iron Leyden met 'n belt te lyf te gaan oor 'n vermisde drank insident, die Vrydagaand driehoekige huisies dronk uit te klim en die Saterdagaand die fees van onder my matras te beleef en heelhartig saam te skreeu terwyl Chocky niksvermoedende feesgangers hard tackle en dwing om "Don't Stop Believing" saam te skree.
Goeie tye. Heeltyd speeltyd. Maar fokken kliphard en aanhoudend so ek was effe versigtig dié keer. Net donkies en eerstejaarstudente stamp hulle koppe klomp kere teen dieselfde klip. Of dalk is dit donkies en dronkies…
Ewenwel, ek het beplan vir 'n rustiger fees. En ene gekry. Soort van. Ene waar die musiek baas is met drank wat hap-hap aan sy gat. Ene waar almal intune op dieselfde stasie, die venster laag afdraai, 'n lui arm uitgooi en die pedaal mooi diep intrap.
"Tony trap die petrol laat ons vinniger kan ry…"
Want Up the Creek is oor die bands china. Once. Dis live bands die hele naweek, rock en blues en folk en regte mense wat kitaar slaan en niks-se-ge-doef-doef-doef-rev-rev-poes-poes nie. Nul Red Bull tent met tripped-out teenagers nie. Net tunes. En gees. Woes baie gees. Oral.
Soos Vrydag, wat net reg begin het die middag vroeg met nuwelinge Dividable Grand (https://www.facebook.com/dividablegrand ) van (ek dink) Knysna, wat vir legend Schalk Joubert op bass gehad het. Heelwat promise en 'n oraait sound om dinge af te skop. Heel skaflik.
Toe Ballistic Blues (https://www.facebook.com/BallisticBlues), sulke jong latte uit Kaapstad wat uitkap soos min. Tight tunes, lekker energy al is dit poeswarm en helder sonskyn, plus van die grootste afro wat jy al gesien het. Ooit. Beautiful.
Daarna was dit tyd vir die blues grofgeskut met Crimson House Blues (https://www.facebook.com/CrimsonHouse) en daai lekker diepstemmige geraas wat hier binne in jou siel kom dans, veral so op 'n poeswarm Vrydagmiddag. Class act, all the way. Gees.
Anders as baie ander in die audience het ek glad nie gedink Nik Rabinowitz was snaaks nie. Nul snaaks, in fact. Ons het onsself eerder vermaak deur te joke oor die duidelik gemerkte "working flush toilets" en dividable grams. En skuimkoppe in ons nekke af te gooi. Miskien bietjie te veel…
Van lekker lag kom lekker uitpass en ek word wakker elfuur die aand in my tent met 'n beef schwarma (koud) in my hand en my broek so klein bietjie afgetrek. Aaaanyway…
Ek mission toe terug stage toe, net fokken betyds om in The Mysticcs (https://www.facebook.com/themysticcs) se witwarm set vas te loop. Jirre boys, nou kyk toe is dit een pad en dis grondpad. Klam spons wat ek is, raak ek toe weer lekker geswaai op die manne se ses-sillinder rock en roll. Kliphard gedans en lekker gespring, thanks julle fokken heroes. Well done.
Saterdag dag is altyd 'n lekker fokken vibe. Lekker bruinbrand en vasbrand in die Breederievier terwyl die termometer hom diep in die rooi druk. Daar was musiek deur die dag, maar ek het nie rerig aandag geskenk nie want HOT MEISIES IN BIKINI'S julle naaiers. Oral en die heel tyd. Jirre ek love Up the Creek. Too much.
Die heilige water van die Breede het mooigemaak met my volwasse babelas en ek was reg vir die aand se gebeure. Als lekker uptempo en rocky bands, maar nie heeltemal my dam se ganse nie. YOAV en Jeremy Loops het hulle one-man-band looping guitar/ percussive vibes expertly afgepull en Peachy Keen se rockabilly energie en Desmond & the Tutus se infectious grooves het mense lekker aan die move gehad. Almal goed, maar niks wat my laat hande in die lug gooi soos 'n revival preacher nie. Dalk omdat ek aspris stadig gesuip het.
Maar maybe was dit omdat ek so fokken uitgesien het na seker my favourite local band op die oomblik, die Black Cat Bones (https://www.facebook.com/TheBlackCatBones?fref=ts). En hulle het nie disappoint nie. Fokkol bra. Nee fok, check elfuur het daai spul langhaar shamans van rock en fokken roll allie pad uit Pretoria die main stage in hulle staalbek gevat of hy niks weeg nie, hom 'n uur of wat lank ordentlik rondgeskud en hom na die tyd bloederig en flenters eenkant toe gegooi asof daar fokkol oor is. Once pappie.
Behalwe 'n poes nice repertoire van hulle eie befokte tunes met favourites soos "The Long Drive", "Up On A Mountain" en ander was 'n besliste hoogtepunt twee liedjies saam met 'n local rock legend, Piet Botha.
Die eerste was "The Ghost Of Tom Joad". In 'n briljante move het hulle beide die Bruce Springsteen version en die Rage Against The Machine versions gecover. In een song. So hulle het basically 'n original en 'n cover ge-cover. Dis like spieël in 'n raaisel shit dude. Next level kwadraat. Hoendervleis. Fokkit.
Toe as encore, slaan die manne uit met 'n "take no prisoners" rendition van "Rockin' In The Free World" deur Neil Young. Saam met 'n see van sexy, sweterige mense het ek saamgespring en sing, hardgebalde vuis in die lug. Gees. Dik gees. Fok dit. Heilige gees.
Tot 'n fokken dronk marabs kaal met 'n cracker in sy hol oor die stage ge-hol het en toe saam met 'n spul ander kaal marabse amper die stage afgebrand het. Fokken simpel ja, maar 'n jaar terug was dit dalk ek. So ek sal nie die eerste steen gooi nie. Nie dié keer nie.
En toe ek die werkbakkie se ronde wit neus Sondagoggend in die rigting van die N2 stuur, toe kom daar 'n rustigheid oor my. Die musiek het my genees, soos die heilige water van die Breede waarin ek net 'n dag vroeër skelm gepis het. Sela.
Dankie Up the Creek, dit was fanfokkentasties. Presies 'n jaar, dan dans ons weer…
Watkykjy staan op 3,089,936 post views in totaal sedert 1 November, 2019.