Tattoos, tiete en trippel.

In Sport deur Watkykertjie bydrae

(Deur die Kwaai Ou Man)

Ek is al so donners oud dat boks nog ‘n sport was in my jongdae, so julle mense sal dalk verbaas wees om te hoor ek het my kak gelag en gate uit geniet toe die Wit Buffel en Sonny Bill mekaar in die zefster hoofstad van Aussie, Brizz Vegas, in ‘n sweterige greep vasvat en so dan en wan ‘n poeshou na mekaar se koppe korrel. Shit, dit was verskriklik, maar op ‘n weird fokken manier juis meer entertaining as gevolg daarvan. My buurman tune my dis vir hom gewees soos ‘n half verkakte cabaret. Cabaret? Jip, ek is oud en dit was een van my favourite movies ooit en enigeen wat stry, is ‘n poephol.

Maar Francois Botha het aansienlik groter tiete as Liza Minneli destyds en ek scheme ook nie die bra sal so goed vaar as hy die theme song moes gesing het nie; ek wou nou amper post hoe cool Liza 40 jaar terug was net om julle ‘n bietjie te beskaaf voor die fokken slagting en aaaaag, fok, ek gaan anyway:
(Skip hierdie beslis as jy by die bloed wil uitkom, die’s vir die Liza-manne):
Wel, dis ‘n fokken movie en Sally Bowles was sowat tien maal cooler as Sonny Bill en die Wit Buffel tesaam. Fok, tesaam gemaal met drie, hoewel die Buffel se drafstap-dansie op die maat van Bob Marley se kakste tune my darem op ‘n perverse manier laat grinnik en gril het. Maar ek wil nou fokken graag by julle jong mense weet: is hierdie kak die ding wat julle deesdae boks noem? In my oupa se dae was dit só iets:

Ek meen, daai eerste rondte had meer aksie as al Witbuffel/Sonnybill se gefokken stoei gister. Firpo is al vyf maal op sy gat dan poes hy vir Dempsey deur die toue. Julle gedink daar was Vrydag hiervoor kans? My toppie was hitttete die gelukkigste – sy geslag fighters was die beste, maar oeps, die arme mense het nie destyds TV gehad in Suid-Afrika nie want Albert Hertzog het gescheme apartheid kak sodra ons TV kry en – naai my kolliehond! – Albert Hertzog was die keer fokken reg. Witmense sou hulself dalk destyds gelyk bekak het as hulle gesien het hoe pis cool Sugar Ray Robinson op sy dag was. Hy was so cool:

sugar ray
En hy’t die Raging Bull, Jake La Motta, soortvan sy tief gemaak:

Nou daai Sugar Ray was die kilo-vir-kilo koning, maar daar was ene vir my geslag ook en hy moes homself bewys teen Hagler, Hearns en Duran. As ek nou iemand moes kies vir my tjomma uit dááis, sou dit Hagler wees. Fokkit, spaar jou die agt minute en check Hagler teen Hearns. Ek was jonk genoeg om vyfuur vir die fight op te staan en alle ander boks was daarna kak:

So kan julle laaities imagine die knaende bolletjies kots wat ek Vrydag moes terugsluk toe ek sien hoe die Wit Buffel en Sonny Bill “boks” en hulle die fokken fight sommer so in die loop van alles met twee rondtes verkort toe hulle sien Sonny Bill is in die kak? ‘n Kak bokser sal feitlik altyd die snot kan moer uit ‘n uitstekende rugbyspeler. En op ‘n perverse manier laat like dit my boks op my fokken oudag effens meer. Dis die mees onbeskaamde besigheid op aarde. Porn movies, mynbou, wapenhandel en die gefokken smous van Afrikaner doefdoef CDs verfokkenvaag mos as jy dit vergelyk met ‘n sport waar jy die rondtes sommer so off-the-cuff verminder as jy sien die potensiële volgende payday is besig om in sy gat op te verdwyn?

Boks is nog altyd so fokken skelm, jy kan iets oorkom. Deesdae is dit inderdaad cabafokkenret. (Om myself te interrupt, wat vir ‘n dom kont is Sonny Bill Williams dat hy sy skouers laat ink vol van sy van? Ek hou van tjappies myself, maar die getuig net ons tjeer vir broodkoppe as ons na die sportstadion toe gaan. Ek meen. Jy groei sulke breëee fokken skouers en dan laat tatt jy “Williams” daarop. Poephol!)

En op daai noot, cabaret lyk deesdae so:

en boks so (OK, die’s ‘n highlight package van die Buffel/Sonny Bill – ek sou my oë en my fokken internet cap spaar as ek julle was:

En ek verkies kleiner tiete as die van die Buffel. En Sonny Bill Williams speel rugby dat hy kak, maar lyk nie of hy ‘n duik in ‘n kasterolie-drol kan slaan nie. Sal ek dit in sy gesig se? Dit hang af van tyd, plek en my prokureur.

(Hierdie feature op Kaptein Kortbroek se fokkenmain sport blog, so gaan skiet 'n draai daar. Ons dal kort-kort cross polinate)

Hierdie post is 319 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,142,098 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
Watkykertjie bydraeTattoos, tiete en trippel.