My idee van Super Rugby rugby behels iets soos 'n moerse game tussen die Bulls en Stormers, maar dis mos eers volgende week. Ons begin sommer die jaar deur weer die seep in die stort te laat val en kom ons sê net die smiles van die klomp ex-cons is breër as die muur rondom JZ se paleis. Ek meen, hoe het die narre by Sanzar dit reggekry dat die toernooi in daai Kangaroo kweekhuis begin? Ek kyk eerder 7de Laan reruns van 1999 – jy weet, daai een waar Hilda die spesiale gereg met some russiepit red.
Super Rugby begin noddefok more nie, so kom ons sif gou eerder deur dié jaar se nuwe stel reëls wat hulle vir ons gunsteling speletjie uitgedink het.
1.Crouch, touch, slet oftewel set
Right, dis mooi kort en kragtig – iets wat die average voorry nie gou gaan vergeet nie. Daai "pause" vibes het my in elk geval laat dink aan 'n bees se facial expression voor hy deur die slagpale gejaag word. Nou lyk dit my line die manne soos masjiene op en daar is dalk aansienlik minder risiko vir early engagement wat dikwels tot vinnige tikskoppies lei. As jy nog nie van next level rugby kakpraat uitmaak nie – moenie worry nie, meeste refs het ook nie 'n fokken clue wat in skrums aangaan nie. Ek ook nie.
2. Die five-second rule
Dis nie is 'n nuwe drinking game nie.
Hierdie nommertjie is daar om die game vir daai All Black wat laaik van off-load in die tackle so bietjie vinniger te maak. Die kan die game so bietjie verander – veral as dit by daai games kom waar die manne naby die 80 minute merk begin bal vashou in rucks om tyd te try mors.
As die ref nou "use it" skree het die scrummie vyf secondes om gat skoon te maak. Dis amper soos daai choppie wat jy op die vloer langs die hond se kosbak laatval het: tel hom binne five seconds op en niemand kry spuities more nie.
Hierdie verandering in ONS game is beslis nie deur ons mense uitgedink nie. Ons voorries is mos groter en het minder ball-skills so ons like dit soms om dinge stadig te hou. Well done, Sanzar.
3. Quick trow-ins
Nog so bietjie spoed om te compensate vir dele van die game wat kakstadig gaan word (check die volgende verandering vir meer info).
Hierdie move maak so bietjie meer sin. Waar die manne altyd nie kon vinnig ingooi as die bal van 'n knock-on uitgerol het nie, kan hulle nou. Voorheen sou die ref die skrum gegee het – nou kan die manne laatwiel as hulle wil.
4. Meer krag vir TMOs
Naas is moerse happy oor die een en as hy sy sin kry sal daar seker oor so paar jaar 'n ref vir elke speler op die veld wees. Ek scheme hierdie extra powers van die TMO gaan ons goed demoerin maak. Oom "you may award the try" kan nou twee fases terug gaan om te check of daar nie 'n knock of 'n fokkop of note was nie. Ons vergeet gou hoe die manne 'n fokken halfuur nodig het om te check of 'n ou score of nie. Seriously manne.
5. Langer pouse
As die manne nie genoeg gaan relax terwyl die TMO sy mind opmaak nie, behoort die ekstra twee minute tydens halftyd die trick te doen. Is dit beter vir die game? Nodefok. Is dit beter vir die grootkoppe wat die tos advertensies verkoop? Hell yeah, bitches! Hulle melk hom en my gut feel reken daai zak gaan als in 'n Kiwi of Kangarooland op eindig.
Dit bring my by my volgende punt en ek hoop Saru harden so bietjie the fuck up. Volgens die Sanzar gryskoppe werk dit mos so. Die Aussie viewership figures is pateties, maar dis cool. Die Kiwi's pull wel so paar extra manne, maar daar bly net iets soos 4000 mense op daai eiland.
Daarteen sorg ons "Saffas" nie net vir die hoogste kykerstalle nie, ons het 'n paar befokte stadions en ons pak vir hulle redelik vol. Loftus sal so te sê sold out wees as die ware Jakob begin en al is die Cheetahs redelik bedroef oor Jean Smith se uittrede sal min dinge 'n traan afdroog as 'n solid start teen die Sharks nie.
Ons support die game stukkend en as jy check hoeveel nuwe kragapies uit die Varsity Cup begin pop, behoort ons die shots te call en reëls verander om ons te pas. Onthou julle nog toe hulle getune het die losgemaal is illegal? Wat van daai vryskoppe wat hulle by e;lke tweede fokken breakdown weggee het op 'n stadium. Net om aan die kak te dink maak siek.
Okay piele, genoeg complain vir een dag.
Hier is my picks vir week een en ons belowe om, soos laasjaar, elke week te tune wiedefok ons skiem gaan wen
Rebels v Force (10:40 Vrydag)
Opsomming: GAAAAAAAAAAAAAP
Voorspelling: Rebels met so 12, nie dat ek regtig 'n fok omgee wie die skaapsteker derby wen nie.
Brumbies v Reds 10:40 (Saterdag)
Opsomming: Ek sny eerder gras of fix daai potplant wat in duisend stukkies is nadat ek doosdronk na gholf saam Griffin gebreek het.
Voorspelling: Jake White se manne met so 5 punte en paar huge hits op Meneer Ek-kan-bliksem Cooper.
Username/Pool name: Duidelik
Pool code: hatebane
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.