Hoesit my brasse! Ons het awesome nuus! Watkykjy het vanoggend gou by Oppikoppi HQ ‘n draai gaan gooi en hulle forseer om vir ons tien tickets te score om weg te gee na hierdie jaar se Oppikoppi festival in Augustus (2013). Obviously gaan dit geen walk in the park wees nie. Jy moet fokken werk vir jou tickets, maar ons lead by example. Dis hoekom ons ‘n tas vol props voor hulle neergegooi het en almal soos idiots laat aantrek het en hulle afgeneem het. Wat moet jy doen? Wel, basies dieselfde. Check die Oppikoppi Harlem shake video hieronder. Jy gaan so outjie moet maak as jy wil wegloop met tickets vir jou en nege van jou nuutste, beste buddies. Dis reg, ons gee tickets weg vir een groep vriende van tien, nie tien individual tickets nie. As ons dit kan doen, kan jy ook:
Dis actually fokken maklik. Ons gee klaar vir jou die 30 sekonde tune (download hierso). Jy het net ‘n static kamera nodig op een angle en ‘n tjommie wat effens uitmaak van iets soos Windows Movie maker. Ons is seker tussen jou en jou groep gabbas dat iemand ‘n nefie se tannie se vriendin se niggie ken wat ‘n computer en miskien ‘n iphone of een of ander tipe kamera het en low level editing skills kan pleeg.
Julle het tyd tot 31 Mei 2013 om julle videos te submit. Dis meer as drie maande om jou gat in rat te kry. Ons sal soos die submissions inkom dit hier op Watkykjy looi sodat julle na al die mal kak kan kyk wat die marabsies instuur. Laai dit op YouTube en mail die link na griffin@watkykjy.co.za.
Reels:
1. Gebruik die tune wat ons vir julle gee
2. Die clip mag nie langer as 30 sekondes wees nie
3. Jy moet dit op YouTube laai en vir ons die link mail
4. Jou video se naam moet soos volg lyk: Harlem Shake Oppikoppi – <jou team se naam>, byvoorbeeld Harlem Shake Oppikoppi – Oppikoppi Crew.
5. Videos sal soos dit ontvang word op Watkykjy gewys word van tyd tot tyd, so maak seker jy is fine daarmee om jou naam gat te maak en te verewig op YouTube.
6. Oppikoppi en Watkykjy sal die beste vier videos uit al die entries kies as finalists.
7. Sluitingsdatum is Vrydag 31 Mei 2013.
8. Uit die vier beste videos sal die een met die meeste YouTube views vanaf die sluitingsdatum die wenner wees op Vrydag 28 Junie 2013, 14:00.
9. Die prys op die spel is 10 tickets. Een prys van 10 tickets na die Oppikoppi Festival in Augustus 2013.
10. Ons gaan aan geen huilerige korrespondensie deelneem nie, en die beoordelaars se besluit is finaal. Soos die dood.
11. Have fun.
Thanks aan die volgende bands, tesame met die Oppikoppi Crew wat kom deelneem het aan die fun video op moerse short notice:
Black Cat Bones – https://www.facebook.com/TheBlackCatBones?fref=ts
Jet Black Camaro – https://www.facebook.com/jetblackcamaro?fref=ts
Naming James – https://www.facebook.com/NamingJames?fref=ts
Some Grow Young – https://www.facebook.com/somegrowyoung?fref=ts
Watkykjy staan op 3,090,353 post views in totaal sedert 1 November, 2019.