Slaan ons mos uit by die Grand Arena om Rodriguez live in Kaapstad te sien, op die laaste aand van sy toer. Fokkit. Nie gedink die oubaas sal so effek op my hê nie. Want dit was fokken gees pappie. Rodri-gees. Once.
Eerste dinge eerste. Rodriguez is besig om ‘n moerse herlewing te geniet agv die ‘Searching for Sugarman’ doccie wat ‘n rukkie terug uit is. Befokte movie oor local dudes wat Rodriguez loop soek het na allerande stories soos dat hy live op stage selfmoord gepleeg het en wat nog. Check dit as jy kan. Truth really is stranger than fiction. Great movie ook.
Ek moet erken dat ek nooit een van daai studente was wat baie dagga gerook het en na Rodriguez geluister het nie. Maybe voor my tyd, maybe omdat ek ‘n metalhead was wat gesuip het, maak nie saak nie. Maar sy tunes was maar oral rond, as mens by sulke studente se kommunes gaan kuier het of in vreemde klein venues rondom Pretoria. Braais, seances, sokkies whatever.
Terug by die show, en ek moet ‘n paar baie vreemde goed uitlig betreffende die aand. Eerstens die opening band, ene Newton’s Second Law. Kan jy Newton se tweede wet onthou? Nee jy sal nie, net soos jy nie hierdie band se musiek sal onthou nie. Terribly average tunes en die bassist wat so tekere gaan dat hy homself amper omgegooi het (agtuur die aand met al die stage lights aan) het nie gehelp nie. Vreemde keuse. Kak eintlik.
In elk geval, Newton’s Second Law verdwyn genadiglik in geskiedenis in maar net voor hulle waai, toe spat die vonke. Sien, Poesklein Ruantjie spring oor ‘n barrier agter ons om te gaan pis (want hy wou nie die hele ry krimpies laat opstaan nie) en security trek hom plat. Baie mooipraat later is die man terug. Met ‘n bier darem.
(Min mense wat uitgegooi word tydens ‘n band soos Newton’s Second Law, nog voor die main act begin. In ag genome ook dat Rodriguez nou nie juis uitgooi tipe musiek is nie. Ai Poesklein Ruantjie. Ai.)
Finally is dit sulke tyd en Oom ‘Driguez en band vat die verhoog. Tweede vreemde ding, ook toevallig in twee’s. Daar is twee drummers met full drum kits, reg langs mekaar. Vir Rodriguez. Rodriguez. Het jy al sy musiek gehoor? Iron Maiden of Sepultura het nie eers twee drummers nie. Maar Rodriguez het. So ou oom en so jong dude. Dalk ‘n intern? Ewenwel vreemd.
Nog vreemder is dat beide drummers agter sulke Pope Mobile glas partitions skuil. Vir klankbeskerming? Of skuld hulle iemand geld? Verwag die Grand Arena dat mense die drummers sou gooi met iets uit verwardheid oor daar twee is? Insekbeskerming? Nugter weet, maar drum hulle lustig agter die stortdeur.
Meer belangrik, Rodriguez beginte jol en die tunes loop soos stroop. Goue stroop. Bygesê songs een tot drie het ‘n hiccup of twee gehad, maar jy kon die gees wat die man veroorsaak voel in die lug. Krimpies, ou hippies, gewone mense, boytjies, Ingelsmanne, jong hippies, Engelse chicks (hot), nog meer gewone mense en selfs ons spul dronkgatte tune in en mainline sy pragmusiek straight in ons chakras in. Subliem.
Met net drie albums agter sy naam (check die movie oor hoekom) run Rodriguez pretty much deur sy hele repertoire, asook covers soos “Like a Rolling Stone’ van Bob Dylan, “Fever” en van Frank Sinatra.
Derde vreemde ding is ‘n cover van ‘Blue Suede Shoes’ wat die middeljarige Barbie voor my wild laat opspring en holswaai. Tot die genot van die ander middeljarige omies in haar ry en die skaamte van haar sneeudier man. Die crowd klap lekker saam (soos oumense nou maar doen), maar die song keuse staan uit as ‘n vreemdheid in ‘n andersins amazing set.
Tussenin gooi ou Sixto water in sy nek af en sê elke nou en dan iets skerp. Na ‘n bonehead skree “you’re a fucking legend” tune hy: “Now now, I would prefer to be treated just like a normal legend.” Classic.
Of hierdie joke wat hy vertel: Dokter sê vir Mickey: “You can’t commit your wife just because she’s fucking crazy.” Tune Mickey die dokter: “I didn’t say she was fucking crazy. I said she was fucking Goofy.” Net so.
Maar die musiek bly die main ding. En dis fokken main. Veral die songs wat minimum input van die backing band het, staan uit soos ‘n paal bo water. Rodriguez is op sy heel beste as hy alleen wegstrum met sy lang, benerige vingers in daai off-beat ritme en net sy stem dit aanvul om die gees te laat daal in die Grand Arena.
Hierdie is ‘n dude wat al gelewe het. Hard gelewe, gesukkel en manual labour gedoen het. Verlore was vir die musiekindustrie vir jare en jare en nou weer gevind, amper soos Tata Madiba wat ook vir jare verban was en toe teruggekom het as ‘n nog groter gees. Respek.
Teen die tyd dat ‘Sugarman’ opkom, staan almal in die skare al en sing uit volle bors saam. Die een tannie voor ons bars in trane uit. Hande is in die lug, lighters word geswaai en couples soen mekaar. Ek wonder by myself of al die ‘gewone’ mense om ons weet wat die lirieke beteken. Almal sing. Tot ‘n mens.
Laaste vreemde ding van die aand strike my so driekwart deur. Voor langs Oom ‘Driguez staan en pose so windbol elektriese kitaarspeler van hier af, kompleet met leerbaadjie en sonbril. Tienuur die aand. Op stage. In die Grandwest Casino. Langs Rodriguez.
Bene wyd geplant probeer hy so verveeld as moontlik lyk, half of hy nie daar wil wees nie. Idiot. Op nadere inspeksie, is die dick se website adres op sy kitaar aangebring. Bietjie reklame op die grootskerm terwyl hy saam met ‘n regte legende speel. Fok weet, definitief van hier af. Skaam.
(Die power chord speler van Parow se naam is blykbaar Graham Gillot en dit is sy website: www.grahamgillot.com. Hy word deur Courier-IT gesponsor. Enough said.)
Klaargespeel word Rodriguez van die stage begelei, net om oomblikke later weer terug begelei te word vir die encore. Onmiddellik voel ek skuldig oor my aandeel in die gehandeklap en voetestamp. Die arme man is oor die sewentig en loop nie lekker nie. Hy moes lankal in die bed gewees het. Shame man.
Ons sweef uit die venue uit. Ek het ‘n moerse smile op my gesig. Almal is gelukkig, tevrede, geseën. Alhoewel meeste van sy tunes introspektief en rustig is, kan mens voel hoe dit jou siel goed gedoen het. Jou gees. Rodriguez is ‘n storieverteller, ‘n denker, ‘n briljante liedjieskrywer, ‘n consummate performer. Maar ook ‘n shaman, ‘n legende – ‘n genuine artist.
Sy musiek is nie flashy nie, sy styl is nie flashy nie. Dis eenvoudig, maar true en nie gemaak om enige iemand te probeer beïndruk nie. Waarheid. Gees. Respek.
Rodriguez albums:
Cold Fact
Coming From Reality
Searching For Sugarman
Watkykjy staan op 3,083,873 post views in totaal sedert 1 November, 2019.