Dit was net so voor FIFA ons land kom opfok het toe die horingbrigade vir die eerste keer in Soweto in gebliksem het.
Daarsy, fok en bliksem in my eerste sin. Anyway, my een chomma was daar en het even 'n policeman se perd met blou ge-spraypaint en daar was shebeens waar hulle kon dronk word en uitpaas. Van die manne het eers twee dae later by die huis aangekom en dit het niks met die oorwinning teen die Crusaders uitgewaai nie.
Hierdie naweek is dit weer sukke tyd, maar daar is een klein verskil: daai die-hard Lions freaks gaan ook daar wees. Die ander groot verskil is dat slegs die Lions fans actually worry of hulle span gaan wen. Die Bulls het mos hulle Vodakont Cup span gestuur.
Ek meen seriously.
Nietemin is daar weer 'n valid rede vir die average undercover marabse om in die township in te mission. Mamma hoef nie eens te worry as tracker bel en vra hoekom pappa in 'n weird area is nie.
Okay genoeg van die game waaroor niemand 'n fok voel nie.
Ek sal eerder like om te sien hoe Juan Smith sy John Deer t-shirt vir 'n Cheetah trui verruil. My laaste game was so ses jaar terug op Rustenburg en as ek nou weer moet jol sal die kleinste scrummie my faktap tackle. Ek hoop en bid (ja ek bid soms, maar meestal net vir nog drank) dat die man hierdie jaar 'n moerse shot jol.
Kyk ou Willie Alberts is 'n yster en ons bly mos in 'n land waar daar meer as genoeg flanke is, tog is daar min manne wat so lekker jol soos Smith en hier verwys ek nie na Graeme Biff nie.
Terloops Biffie, jou yster! Geen nugter man sou kies om eerste te bat op daai mamba in Jozi nie, maar jy wou 'n 100 in jou 100ste kaptein as toets op jou Biffday try moer en ek moet bieg dit was amper meer 'n geval van 100 balle wat verby daai outside edge gevlieg het. Tos idee met die toss en na 100 keer in die pound seat is ek seker die bra is 'n solid kaptein, amper so solid kaptein soos Kaptein Kortbroek.
Op daai topic, gaan check bietjie die befokste sport website in die wêreld uit: http://www.kapteinkortbroek.co.za
My bier word warm, dalk het Morras ook vir my 'n slukkie water.
Watkykjy staan op 3,064,714 post views in totaal sedert 1 November, 2019.