LadyHawke is 'n movie uit die eighties uit. Dis ge-direct deur Richard Donner, dieselfde bra wat onder andere Superman en Die Hard gemaak het. Michelle Pfiefer en Rutger Hauer speel lovers wat cursed is om nooit bymekaar te wees nie. In die aande verander hy in 'n wolf, en in die dae word sy 'n arend. So hulle kan nooit zaber sonder om diere-mishandeling te pleeg nie. Dis 'n vreemde fliek.
LadyHawke is ook die stage name van Philipa “Pip” Brown, 'n warm 33 jarige tannie van New Zealand. Sy maak musiek wat sy self klasifiseer as “radio friendly pop”. Sy's nogals redelik spot on met haar interpretasie van haar eie musiek, maar as sy gesê het sy maak “radio friendly pop that sounds like every female artist over thirty and where every song sounds vaguely similar” sou dit meer akkuraat gewees het. Met haar nuutste album, Anxiety, skiem ek sy probeer 'n vreemde chick wees net soos die movie Ladyhawke vreemd is. Sy kry dit amper reg, maar ongelukkig nie heeltemal nie.
Dis eintlik onregverdig om te sê dat sy nie oorspronklik klink nie, want sy probeer regtig hard. Sy speel al die instrumente op die album self, skryf al haar songs self, en sy doen dit met 'n new-wave, lo-fi swagger wat vreeslik fashionable klink, maar actually 'n paar jaar terug al nie meer vars was nie. Die produksie is befok, maar daar's nie enige songs wat uitstaan nie en as jou aandag nie op die musiek is nie (and let's face it, dit sal heelwaarskynlik nie wees nie) is dit moeilik om die verskil tussen een song en 'n ander te hoor. Dis nie kak nie, maar dis net duskant cool-genoeg-om-van-te-hou.
So as jy perongeluk hierdie LadyHawke album by iemand gekry het laas krismis of vir jou vroëe-jaars verjaarsdag in 2013, dan is daar darem egter nog hoop vir jou. Al wat jy hoef te doen is om die album kakhard te speel terwyl jy die fliek LadyHawke, Superman en Die Hard almal gelyk kyk. Dit help as jy fucked gerook is ook en 'n pakkie Thinz gesnuif het. Dan imagine jy jouself as Bruce Willis wat in 'n rooi onderbroek vlieg oor 'n gebou wat hy laat ontplof met sy laser oë terwyl hy dier-sex het met 'n magical wolf-arend en “Yipikayay Motherfucker” skree.
Fokkit. Daar het ek nou my kriteria van hoe musiek moet klink vir die res van my lewe. Once.
Watkykjy staan op 3,056,593 post views in totaal sedert 1 November, 2019.