Imagine Dragons is nie 'n rock band nie.
In interviews sê hierdie Amerikaanse band miskien dat hulle rock musiek maak, maar volgens my gaan rock music oor seks, dwelms en die duiwel…of seks met die duiwel terwyl jy op dwelms is. Imagine Dragons se debuut album, Night Visions, het sovêr ek kan hoor geen satan-zol-zaber in nie. Dit is definitief nie rock musiek nie. Maar dit is nie te sê dat dit nie "rock" nie.
As jy enigsins die afgelope paar maande radio geluister het, sou jy al die song Radioactive gehoor het. As die eerste snit op die album, is dit 'n goeie "mission statement" van waaroor die band gaan. Moerse synthy Hip Hop beats gekruis met amper folk-agtige melodies en 'n talent om verskillende genres saam teen die muur te gooi en te kyk wat plak. Radioactive is die donkerste song op die album, lekker einde-van-die-wêreld vibes en al, en as jy een van daai mense is wat net singles op iTunes koop is hierdie beslis die een om te kry.
Verder aan verander dinge so bietjie van rat en die tunes raak ligter en meer upbeat. It's Time is die ander song wat jy al heelwaarskynlik op die draadloos gehoor het en dit het daai hele infectiously gelukkig ding aan die gang. Die tipe song wat jy luister oppad terug huis toe na 'n suksesvolle stint in rehab. Tiptoe, Every Night en Cha-Ching het ook hierdie "Ek's happy en ek het 'n Mac en ek's 'n graphic designer" gevoel. Soms laat dit jou dink aan The Killers, maar dis nie verassend nie aangesien Imagine Dragons ook van Las Vegas af kom. Wie sou nou kon dink dat die klank van wettige prostitusie so populêr sou word? Dit alles voel vreeslik modern, vreeslik "nou"…
Sorry, ek moes net gou myself 'n PK gaan gee het omdat ek iets beskryf het as "nou". Maar selfs die band se naam drup van post-post-post moderne oulikgheid. Imagine Dragons is 'n anagram (ek verkies die term letterskommel) van 'n secret naam wat hulle oorspronklik gehad het. Die beste teorie op die interwebs is tans "Adoring Enigmas" maar ek persoonlik verkies "Raiding Mangoes" of "Gonad Migraines"
Op die ou einde is die beste oorkoepelende term om Night Visions te beskryf seker "anthemic" Elke song is sy eie klein stadium-ready, montage-friendly package, en klink tailor made om enige TuksFM DJ klam te maak.
Ek voorspel dat ons hierdie jaar nog baie gaan hoor van Imagine Dragons, en ek is verlig om te sê dat daai idee my nie heeltemal hartseer maak nie.
Watkykjy staan op 3,049,129 post views in totaal sedert 1 November, 2019.