Ons post nie gewoonlik hierdie tipe goed nie, maar die arme bra sukkel en al wat hy vra is dat mense die honde kom haal…
Hello,
Ek hoop regtig julle kan my help, ek sit met my hande in my hare.
My naam is Andre Potgieter. Ek het vir die laaste ses jaar die "Richtersveld Animal Shelter" op Port Nolloth gehad. Ek en my oorlede vrou het dit begin omdat daar so n groot behoefte was vir so n shelter. Die naaste SPCA is op Uppington, 600km van ons af. Al sou die mense hulle skakel oor rondloper en siek diere, is daar net altyd dieselfde antwoord" dis te ver, en ons het nie fondse om sover uit te ry nie". Ons het hierdie shelter heeltemal op ons eie en ook ons eie onkostes gedoen, omdat ons albei so n passie het vir diere.
My vrou is verlede jaar Januarie oorlede, en ek het op my eie aangegaan. Die perseel wat ek tans huur, is deur die eienaars ,Chefron, verkoop sonder my medewete.Ek moet die perseel waarop ek my besigheid ,PN Brakedown & Auto Electrician services, sowel as die shelter en ook my blyplek teen einde
Februarie ontruim.
Ek sit tand met 43 honde wat oor Desember ingekom het. Ek het al verskeie e-mails aan die Nationale SPCA gestuur om hulp te vra om die diere te hervestig. Hulle hetgese dat ek die diere na Springbok toe moet neem,150km van my af, sodat n Vet hulle daar kan uitsit.Al hierdie dinge moet nogsteeds op my onkostes gebeur, en nadat ek hulle vertel het dat ek ook nie die nodige voertuie en goed het om al die diere te vervoer nie, het hulle dood eenvoudig gese dat dit nie hulle probleem is nie.
Ek wil nie die diere van kant laat maak nie, en het verskeie advertensies op Gumtree en Junkmail gesit. Sover het ek al vir twee honde huise gekry.
Ek hoop regtig iemand daar kan my help, of my dan net in die regte rigting wys.
Andre Potgieter
073 189 2404 sel
Main straat
Port Nolloth
Watkykjy staan op 3,048,779 post views in totaal sedert 1 November, 2019.