Paar van julle het dit dalk gemis, maar ons het gister twee R600 Nando's vouchers op Twitter weggegee wat Mr Delivery vandag vir die ouens gaan kom aflaai by hulle huise so net voor die ruggas. Dit help soms om te kyk wat daar aangaan op die Twatters.
Onhou om hierdie Sondag Park Acoustics toe te kom – daar is 'n moerse lekker line-up wat jol asook 'n comedy stage. Meer info hierso. Lyk asof daar weer so 1200 mense sterk gaan wees. Piele vir Sannie!
Ons gee wel iets weg in volgende week: Twee van metallica se nuwe DVDs, Quebec Magenetic. Dis heel maklik om dit te wen. In fact, as jy reeds vir jouself tickets gekoop het vir die Watkykjy Party volgende Saterdag by Arcade Empire is die kans goed dat jy 'n DVD kan score. Ons sal teen volgende Vrydag twee random barcocdes trek van die tickets wat vir die party gekoop is om twee wenners te kies. Dan gee ons sommer jou DVD vir jou by die jol. As jy te gesuip gaan raak sal ons dit vir jou na die tyd gee by jou kar. Lekker backstreet deals.
As jy nog wonder oor die party, hier is die info:
Facebook event: https://www.facebook.com/events/478153152233567/
Ticket sales: http://www.ticketbreak.co.za/event_details/1605
O ja, onthou ook van die Oppikoppi kompetisie waar jy tien fokken kaartjies vir jouself kan wen vir die grootste jol in Suid-Afrika in Agustus. Gaan loer hier in om te check wat die vibe is: Oppikoppi kompetisie.
En omdat ons so verskriklik fokken nice en gaaf en aweome is en net sulke lang piele het sal ons volgende week sommer tickets na RamFest toe ook weggee. Sommer na al die venues toe. Hoe is daai vir 'n naai?
Raait, dit is vir nou eers genoeg kak gepraat. Jy wil seker huistoe gaan. Nouma fokof dan! Dis naweek, kom ons fokken duik!
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.