Op pad na die Curriebeker-eindstryd veroorsaak 'n dronk vrou wat poedelnakendkaal op haar rug langs die pad lê, 'n verkeersknoop.
'n Bloubul-ondersteuner stop, klim uit, haal sy hoed af en sit dit op haar mees strategiese plek in 'n poging om die dame se waardigheid te beskerm.
'n Lions-ondersteuner sien die gebaar, stop, klim uit en sit sy hoed oor haar borste. Die hoed is egter nie heeltemaal groot genoeg nie en mens kan nog die buitekante van haar borste sien.
Natuurlik wil geen WP-ondersteuner deur 'n Bul- of Lions-ondersteuner uitgestof word nie, en die WP-ondersteuner stop ook, klim uit, skuif die Lions-hoed om net een bors te bedek, en bedek die ander bors met sy WP-hoed.
Die polisie daag op en die 3 manne word gevra om te bly as getuies. Die senior polisieman lig eers die WP hoed op, sit dit terug en skryf toe notas neer, daarna die Lions hoed en nog notas word neergeskryf. Hy lig die Bulhoed op, kyk, sit die hoed terug en skryf nog notas. Weer lig hy die Bul hoed op, kyk en skryf weer notas neer.
Met die 3de keer se oplig van die Bul hoed raak die Bul -ondersteuner wat sy laerskoolseun saam met hom het, bietjie ontsteld oor die duidelike skending van privaatheid en vra vir die polisie-offisier: "Luitenant, jy het nou al drie keer gekyk, wat is so interessant?"
"Wel," sê die polisie-offisier, "ek is maar net baie verbaas – gewoonlik sien mens 'n poephol onder 'n Bulhoed. Hierdie is 'n aansienlike verbetering…"
Watkykjy staan op 3,091,020 post views in totaal sedert 1 November, 2019.