Geagte Zefmeester,
Die poes wat ons ‘n President noem se onlangse uitlatings oor honde het so swaar op my gemoed geweeg dat ek die onderstaande wil indien vir u hopelik gunstige oorweging vir moontlike anonieme plasing op u welbelese Webwerf.
Honde is van die dierbaarste (pun intended) goed op aarde. Ek bedoel, ons het oor honderde duisende jare saam met hulle geëvoleer, en behalwe dat mens hulle nie mag spyker nie is honde baiekeer so naby aan ‘n soulmate soos wat ‘n moerse groot deel van die planeet se bevolking sal kom.
Ek ag myself besonder gelukkig: ek het beide ‘n menslike soulmate wat ek wel mag spyker, en drie lieflike honde wat pretty much ook net so naby aan my hart is (actually, afhangend van die tyd van die maand, en die beterhelfte se fokken moods, is die honde soms nader – maar ek hoor reeds hoe kraak die dun ys onder my pote so kom ons los dit maar net daar…)
So dit was met verwarring en ‘n instinktiewe “ag fok jou man” reaksie dat ek onlangs toe lees van ons geëerde President wat sê moenie julle honde veearts toe vat en ander caring stuff met hulle doen nie.
Ek was stomgeslaan…OK so stom soos wat ‘n serial kakprater soos ek kan wees…vir ten minste vyf minute. Jirre, Prez. Jakes…wat de fok het die arme goed nou ooit aan jou gedoen??? OK dalk het iemand jou ‘n apartheid-era joke of twee vertel (julle weet mos: Wat is swart en bruin en lyk goed aan ‘n inbreker? ‘n Rottweiler…) wat vir ons dierbare viervoetige maatjies jou gramskap op die hals gehaal het, maar anders as dit kan ek my nie indink wat die skielike uitbarsting kon trigger nie.
Ek meen, dis nou nie asof jy so kak aanjaag in jou poesisie en die ekonomie opfok en stoopitte goed doen soos die Interwebs te wil dagvaar, en jou gretige vingertjies die hele tyd in die cookie jar te wil indruk (en nog ander dele van jou anatomie op ander plekke oral in te druk…) ten aanskoue van die hele wêreld, dat jy moet aandag aflei van jou menigvuldige fokops nie, of hoe?
Anders as jy oordeel honde nie; hulle is equal opportunity wesens van natuur. Ek het byvoorbeeld al baie hard probeer om my honde te leer om net op die ANC ondersteuners in die buurt se gras te kak as ek hulle vat vir walkies, maar helaas vee hulle hulle gat af aan my (die honde, nie die ANC ondersteuners nie – come to think of it, eintlik albei…veral op Nuwejaar.)
Actually het jy nogal ‘n paar goed in gemeen met honde: Nie een van julle twee is baie lief vir kleerkies aantrek nie, as daar ‘n nuwe teef op die erf is dan druk julle albei dadelik julle snoet in die wolbeursie om dit bietjie uit te check, en julle voel albei ‘n fok oor hoeveel babbiekies julle agterlaat vir ander om op te pas. Come to think of it, dalk is dit die kern van jou argwaan, eerbare Prez – dis too close to home, op baie levels, hence the hatin’.
But we digress: Kyk, ek is ‘n wetsgetroue burger en op my anally retentive manier glo ek aan struktuur, orde en dissipline in ons samelewing (dis tog net reg en respekvol – anders werk jy jou poes bitter om skille met baie nulle in die bank te hê om ‘n paleis in Northcliff te kan bekostig, net sodat Computicket ‘n paartie vir 5,000 dronk fokkers in die parkie oorkant jou huispaleis kan gooi.)
Met hierdie nuutste kak van jou sit ek wel my voet neer: Fok jou, Prez. Jakes. My honde is soos my kinders; nevermind Ons Taal Taal Taal waaroor Jurie Els en Bono – ag askies, ek bedoel Steve Hofmeyr – en ten minste 3 ander mense op die planeet so liries raak nie: vat aan my honde en jy vat aan my.
Dis wel met ‘n tikkie teësinnigheid dat ek vir hulle doggie treats koop by Woolies (nee, nie teësinnigheid a.g.v. Woolies se employment policies nie, eenvoudig net omdat alles daar hond-fokken-duur is) maar my brakkies verdien dit dubbel en dwars. Mens kan nie ‘n prys plaas op nimmereindigende onvoorwaardelike getrouheid nie – jy weet mos; dis amper soos die arme fokkers wat elke keer getrou vir jou stem terwyl jy genoeg van hulle zak elke maand sluk met Nkontla om die hele Soweto vir ‘n jaar lank in weelde te kon laat leef het. Koop bietjie so af en toe vir jou kiesers ook treats, en ek praat nou nie van die eenkeer elke paar jaar wat jy so net voor die verkiesing ‘n moerse jol in die townships gooi met gratis T-shirts en pap en walkie-talkies nie; ons praat van consistent caring hierso – ag toe man, have a heart man?
O ja, en so terloops…lose daai stoopitte luiperdvel outfit, asseblief…aan die president van die grootste ekonomie in Afreaka (of enigiemand anders, for that matter) lyk dit regtig onooglik en, wel, hondkak. Soos ons hier in die Moot altyd aanhaal: Dit lyk so effens woef, ek sê…
Watkykjy staan op 3,084,456 post views in totaal sedert 1 November, 2019.