Van Coke Kartel – Chaos (nuwe video)

In Van Coke Kartel deur griffin

Van Coke Kartel se nuwe killer video, Chaos is sopas die interwebs ingejaag. Dis ‘n tune vanaf hulle Wie’s Bang album en feature Jack Parow.

vck

wies bangSo bietjie ekstra info. Julle sal check dat dit deur Ben ge-direct is – daai tjommie van ons wat daai poeshectic Fietas video gemaak het. Ben is al twee keer met ‘n mes gesteek, asook met ‘n vuurwapen aangehou, hy is per ongeluk geskiet deur die onluste polisie tydens ‘n Honeydew oproer en het ‘n paar blou oë ontvang,  alles in die naam van sy rou werklikheid filmwerk. As dit by musiek-groepe kom was Ben meestal betrokke met Die Antwoord om vir hulle ‘n verskeidenheid visuele kuns te skep.

“MK het my genader om ‘n visuele fees te skep vir hierdie fantastiese liedjie, so ek het gespring na die hierdie geleentheid. Ek wou ‘n video skep wat handel oor die drama van die einde van die wêreld soos ons dit ken. VCK en Jack Parow was wonderlik om mee te werk en het my volledige kreatiewe vryheid gegee om die liedjie te realiseer. Ek het die stelle gebou en het al die stukke van die legkaart gereed gehad om te gaan, dan het ons geskiet soos die tyd ons toegelaat het. Ons entoesiastiese redakteur Cremer van Dango het homself tot die uiterste gedruk en gehelp om hierdie kunswerk saam te sit. Met so ‘n briljante span soos Robo Wilson, ons DOP, en Wilma Smit, ons vervaardiger, het dit ons in staat gestel om hierdie video moontlik te maak op ‘n klein begroting met epiese resultate. Vele dank aan my span en aan Van Coke Kartel en Jack Parow wat my so goed laat lyk.”

Director: Ben Jay Crossmam
DOP: Robo Wilson
Producer: Wilma Smit
Editor: Cremer Van’Dango – Hey!Fever
Make Up and Hair: Liz Pretorius and Sammey Joe
Visual Effects: Lyle Van’Dango
Art Direction and Matt Painting: Ben Jay Crossman

Hierdie post is 150 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,601,359 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinVan Coke Kartel – Chaos (nuwe video)