Dit maak my fokken mal as ouer mense my probeer bevriend op social netwerke soos Vleisbroek en Kakvoël (statistieke toon dat 99.99999% van Twitter aktiwiteit gebeur tydens ontmoetinge met die bruinbeer ) en dit lyk nie vir my asof dit enigsins gaan ophou nie. Teen Junie sal my tannies seker al comment op my Watkykjy artikels – 'kief piele boeta' en my Ouma 'n gebedsgroepie reël vir my op Skype.
Fok dit. Kom ons smokkel met die krimpies se koppe een laaste keer voor hulle agterkom hoe alles werk. Officially noem mens hierdie tricks ‘Easter Egg’s’ en die interwebz is vrot van hulle, maar moenie dit vir die ou mensies vertel nie. Volg die instruksies hieronder en toets hulle self. Fokken lekker man.
Vyf maniere om oubal te laat dink hy het, of gaan ‘die Google masjien breek
- Maak Google oop. Instruct hulle om ‘Do a Barrel Roll’ intetik in die search bar. As jy search sal die hele skerm ‘n 180 degree doen. No jokes. Die rede wat jy die krimpie gee is dat Google opgewarm moet word elke keer voor mens search, anders gaan hy te vinnig search en breek. Dieselfde logika kan mens gebruik deur hulle ‘tilt’ te laat search. Sit terug en kyk hoe hulle die Google masjien opwarm.
- As oulap weier om die Google masjien op te warm, laat hulle ‘Google Gravity’ intik en op ‘I’m feeling lucky’ click. Die hele Google skerm val ineen soos toe Josua en sy makkers Boo! treffers op hulle trompette gejol het om die mure van Jericho op te fok . Vertel jou Ouma sy het die interwebz gebreek soos haar 1931 DeSoto se gêrboks. Faktap.
- Vertel krimpie dat Google soms viruses kry en dat dit hulle verantwoorlikheid is om die virusse dood te maak as dit Google aanval. Die idee is dat jy hulle oortuig om oorlogvoering teen virusse te begin oefen deur ‘Zerg rush’ in the search bar te skryf en dit te search. Try dit. Ure se plesier. Jy kan seker maar ook 'n sixpack bier in 'n coolerbox langs jou staanmaak. Ja mag dalk dors word.
- Het hulle die eerste drie stappe onder die knie? Raak die krimpie sommer makpiel en search wanneer hy lus is? Righto, vertel hulle dat hulle nou reg is vir die hoërgraad weergawe van Google wat jou breingolwe lees en dan die search results vir jou display. Stuur hulle na http://www.google.com/mentalplex/ en geniet dit. Once.
- Ek (en by implikisasie jy) gaan heel moontlik hel toe vir hierdie ene, maar as jy sit met ‘n ouer mens wat in hulle kop nog letterlik lewe in Apartheid wys vir hulle http://www.blackle.com/ en verduidelik dat Google vir wit mense is en blackle is vir ons ander landsgenote. Blackle.com is eintlik maar net ‘n energy efficient weergawe van Google, maar as die donners wil vashou aan daardie fucked-up tydperk in ons geskiedenis dan kan ons hulle mos bietjie embarrass.
(volg Franstasties op Twitter)
Watkykjy staan op 3,056,588 post views in totaal sedert 1 November, 2019.