Troepe van die Watkykjy Militante vleuel, julle het nou lank genoeg rondgehardloop met tyres om julle middellywe, pawwies op-en-af gedraf, regs met driëe afmarsjeer en oor naweke julle tjerries gaan pregnant maak voor julle terug baracks toe keer. Dis tyd om opgeroep te word vir jou verpligte diensplig. Die filistyne van die musiekbedryf is op ons. Hulle skiet wild en wakker op ons. Ons het 'n noottoestand en dis fokken Koorlog, ou vriend! Dis tyd om kant te kies.
En nou vir so bietjie inspiration:
Ek sien in jou diep blou oë dieselfde vrees wat my hart wat kak vreet van my sou neem.'n Dag mag kom wanneer marabse soos ons se moed gebreek kan word, wanneer ons ons gabbas verlaat en alle bondgenootskappe soos 'n XR6 gearbox verbreek sal word, maar daai dag is nie vandag nie, pappie! 'n Uur van Rottweilers en verpletterde skilde, wanneer die era van die zefgatte in duie sal stort, maar dit is nie vandag nie, my ou! Vandag fokken faait ons! In die naam van alles (minus jou skoonma) wat vir jou dierbaar is op hierdie goeie aarde, smeek ek dat julle vasstaan, manne van die Wille Weste!
Ons sal elke Vrydag hier by die miershoop vergader om ons skietgoed te double check.
(Wat ons eintlik probeer sê in 'n moerse round-about manier: kies watter tune vandag se Koorlog wen)
Heuwels Fantasties – Beloofde Land
Rooies – Ek's Sexy En Ek Weet Dit
Watkykjy staan op 1,052,438 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Comments
Nee ek sukkel om te kies
Al hoekom ek Rooies se video deur gekyk het was vir die girls, verder wat de donner is dit???? Heuwels se song is by verre die better een!
Dis maklik! Heuwels fan Fokken spaties Natuurlik! Die beste band OOiT!!
Dis maklik! Heuwels fan Fokken spasties Natuurlik! Die beste band OOiT!!
Miskien as Hunter bietjie meer tiet gewys het…
Ag nee fok, regtig! Heuwels, bietjie eensydig. Fokof Rooies.
Holy shite.
Rerig?$(&@;
Ha. ten miste vat die Rooies karakter homself nie ernstig op nie. (of, liewer ek fokken hoop hy vat homself nie te ernstig nie)
Vir Altyd die Heuwels
Heuwels skop Rooies se minus 'n plus! Kom nou maak volgende week 'n challenge asb.
Heuwels
Dit gaan 'n taai skermutseling wees !
Rooies – want ek is gatvol vir al die airplay wat Heuwels kry. En dis `n kak song, en Rooies is die stiksel in elke vrou se rok. Een stem vir Rooies dan. Ok, kom ons duik.
Heuwels natuurlik!waddefok rooies, wat n pot poes
Die Rooies video is BEFOK! Hoekom is daar nie meer sulke goed op tv nie?!
Nee fokit! As Rooies wen dan het ek alle respek vir die mensdom verloor!!!!
Mmm, dis bietjie blaaint bra's. Koorlog met Rooies (die underdog) teen Heuwels (die wêreld se favourite)… Ek gaan met Rooies net om 'n chappie innie asbak te wees.
Dis bietjie blaaint bra's. Koorlog tussen Rooies (die underdog) en Heuwels (die wêreld se favourite)…Ek gaan met Rooies net om 'n chappie in die asbak te wees!
Rooies weet dat hy n mockery maak van Afrikaanse popmusiek. Wat is regtig die verskil tussen wat hy sing en iets Arno Jordaan se "Toeter op my water scooter" of Gerhard Sten se "Baby Tjoklits"? Arno & Gerhard vat hulself baie ernstig op en sien mekaar as n "kunstenaars".
Wat de fok is die rooi ou se storie en wie luister daai kak ! Fkn sopbeen en koek kak woorde nee man is sulke kak nie onwettig in meeste lande nie !
heuwels by ver rooies is n fokken doos
Rooies Braai op n fokkin WEBER , en nou weet die hele WKJ dit . Dwis !
Seker nog met fokkin charcoal ook .
Rooies All the way!
Heuwels is befok maar Rooies is befokter. Rooies vir President
Heuwels, Ou
Blaaaint ouens, Rooies het n hele video vol tiete en hy vat die hele sing storie vir n moerse afdraand. Ek like heuwels befok en hulle het n Ford met maksimum downforce. Hoe kies n man? Jy kies tiete. Op Rooies!
Heuwels en ek het nie eers die fokken videos gekyk nie. Barry, jou mening beteken fokkol, net soos jou musiek kennis. Toeter op my water skoeter is wel 'n bitter irreterende kak song, maar Nic Stevens sing dit. Fok. Ek smaak net vir kak maak omdat ek op 'n sondag by die fokken graft sit. Fok.
Al 2 songs is kak! Kies sommer Kurt Darren maar ongelukkig nie deel van bg kak songs. Fok my!
Die enigste verskil tussen die twee songs en videos is dat Heuwels se produksie professioneel en Rooies s'n amateur is. Verder is albei ewe kak, verbeeldingloos en onoorspronklik.
Nee fok, daar's baie verskil: Heuwels is van die beter moderne stuff wat ek al gehoor het – gee dit so 7/10. Rooies kry 9/10 vir tiete en 1/10 vir alles anders.