Voor ek myself as some poet try uitmaak, wil ek net mention dat meeste van my takhaar tjommies na daai 2010 fokop hulle Bafana jerseys vir karwas missions begin inspan het. Ek onthou nog presies daai dag toe Tshabalala nie teen Mexico gescore het nie. My mission was op 'n vierde verdieping flat in naby Sunnyside saam met twee solid boerelesbians wat tot vandag toe nog 'n shooter verslawing het. Hulle het feitlik fokkol van sokker af geweet nie en dit was piele.
Om te dink aan die span en hoe hulle nou aanploeter is egter kak depressing so ons worry eerder oor Affies se eerstespan wat more die stryd teen die Swart Pette aanvoer. Skink 'n branna en dink aan Griff se Lijuuns wat teen Mother Russia jol.
In die meantime gaan lees bietjie hierdie cherrie se take op cherries wat nie kan bestuur nie. Sy noem haarself Betsie op Wiele en sy scheme sy weet fokken alles:
Bliksem, as ek geld gesit het op elke bet wat ek gemaak het met ‘n man oor die specs van karre sou ek moer ryk gewees het. Okay dis effe oordadig, but you get the point. Dit het alles begin to ek as ‘n 5-jarige snotneusie met ‘n blonde spuitfontein op my kop verkies het om eerder met ‘n stink seuntjie scalectrix te gespeel het eerder as om Barbie soos ‘n transvestite op te dress.
Ek’s versot op karre – en ek het tiete. Die waarheid is vrouens is generally kak bestuurders. Ek weet ek is sexist teenoor my eie geslag, maar shit hulle ry stadig, stupid en sonder ‘n plan. Voord julle bitches begin hate, gun my die geleentheid om darem myself verdedig. Die enigste rede hoekom die skoner geslag ander padverbruikers hulle krone laat afkners is omdat hulle bang is.
Vir highways, spoed, krag en loud enjins, so as jy my nogsteeds ‘n PK wil gee, luister eerder mooi hoe jy meer balls op die pad kan hê.
Mens noem dit ‘n advanced driving course – gaan doen net on hemelsnaam een. Hoe meer jy weet van ‘n kar, wat hy kan doen en hoe om
die ding te hanteer, hoe minder gaan jy in jou panty pee as die speedo oor 80km/per uur gaan. En meeste van die courses laat jou toe om te drift – moerse cool vir die dames wat meestal rond drift in 6inch heels na te veel tequila.
Believe it or not, daar is vreeslose feekse wat deelneem aan motorsport, en nee hulle is nie almal butch lesbos nie. Hulle het ook net verkies om eerder go-karts te ry as om in hulle ma’s se hakskoene rond te paradeer. Ek was gelukkig genoeg om die Nurburgring koningin Sabine Schmitz te ontmoet en dit vat ‘n groot paar ladyballs om Red Bull se windgat David Coulthard in ‘n die legit F1 monster aan te vat met ‘n poeperige Renault Twingo op Kayalami.
Maar ek weet ook dit sit nie in elke dolla se doedelsak om die groot monsters aan te durf nie, so as jy nie heeltemal nat word vir die klank van ‘n Italia 458 (dis nou ‘n Ferrari, dames) se exhaust klank nie, probeer asseblief net om beter te bestuur.
My tip aan cherries wat bietjie die tietsakke wil laat flapper; gryp daai stuurwiel vas, moenie op die blerrie ding sit nie, en moet onder geen omstandighede dink jy kan met high-fokken-heals bestuur nie (ek kan, maar ek ry nie soos ‘n vrou nie). Dan’s jy mooi in beheer – waar elke vrou mos nou eintlik wil wees…
Watkykjy staan op 3,090,627 post views in totaal sedert 1 November, 2019.