Dis naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffin

Die eerste Vrydag van 2013 het net gou om die hoek kom check of jou kak al gepak is. Gelukkig vir jou is daar nog min mense by die graft en jy was hierdie week laer as slangkak op jou stoel gewees. Gryp hierdie geleentheid aan en duik vroeg huistoe, want van volgende week af spat die kak weer in alle rigtings. Dan is dit weer meetings en uithang saam met tos mense vir at least agt ure per werksdag van jou misrabele lewe.

Daar is krieket op die TV by die huis. Jy is in elk geval poes arm na Desember. Laat jou voete raas!

PS: Ons los jou met 'n Watkykertjie se briefie:

Hey hey
Check bietjie die video.
Die ou het ons gebet hy sal deur die tjoop kan duik lekker gespat
Dalk kan julle hom laai op die site
Dries.

snorkel-met-'n-morkel

Hierdie post is 619 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,135,864 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinDis naweek, kom ons fokken duik!