Hierdie storie oor Kreols vis chips (let wel, nie vis en chips nie) kan seker nie anders as om met 'n nostalgiese terugblik af te skop nie. Want dit lyk of almal (selfs mense wat in die negentigs gebore is) ewe skielik pragtige herinneringe het van die aardige aartappelhappie. Uit die see. Die see aartappel.
Verbeel jou dis somewhere in die laat 80s. Klein Chopper is op laerskool in V'town – en'n opperste klein kak as jy my vra – en game vir enige dare wat jy sy kant toe slinger, veral as dit geld of pryse insluit. Pryse soos Kreols.
En so offer 'n ryk maatjie verleidelike pryse vir laaities wat bereid is om simpel kak aan te jaag daarvoor. Lang storie kort en ek moes modderwater drink uit poeletjies onder die publieke krane vir twee pakkies chips. Nogal baie.
Dank Vader Kreols word gekenmerk aan die skerp reuk en vissmaak en die modderwater was gou vergete. Jy sien, vir 'n Vereeniging plotkind in 80s Suid-Afrika wat niks gewoond is nie, was Kreols soos goud. Beter as goud, dit was soos om suksesvol jou hande onder 'n meisie se pantyline in te kry. Hemels.
Dis nou obviously 'n hele paar jaar later en vir 'n ruk al sien ek online en hoor oor braaivleisvure hoe mense reminisce oor hierdie wonderlike visgegeurde aartappelhappie. Selfs petisies opgestel, en ons almal weet hoe goed daai kak werk.
Anyway, onlangs sien ek toe Kreols in 'n Engen winkel op Somerset-Wes – of iets min of meer net so kak. Heel gretig skaf ek dit toe aan en soos al die ander mense wat so stupid was, kom ek blitsvinnig tot dieselfde insig.
Dis nie actually so great nie. In fact, dit is pretty fokken aaklig. Die aaklig van die see. Want sien, êrens staan dit seker geskrywe dat "die mielie van die see" nie 'n werkbare konsep is nie. Dit ruik soos ou vis en proe soos Nik Naks sonder oranje. Not good.
Natuurlik freak mense nou daaroor uit. "Simba het die resep opgefok." "Dit het anders geproe in my tyd." "Bring ons gunsteling happie terug." Ensovoorts ad nauseum. Jy weet mos.
Maybe het Simba aan die resep getimmer, maar ek skiem al is dit dieselfde resep ons nog steeds dieselfde reaksie gesien het. Jy sien, dis nie meer 80s Suid-Afrika nie. Ons is bietjie meer gewoond. Ons het byvoorbeeld nie meer twee tipes chips nie. Ons kan actually krieket speel teen iemand anders. En rugby. Ons drink nie meer modderwater uit poeletjies voor die krane nie. Ons sensor nie meer als wat goed is nie. Ons slaan nie meer swart boemies dood wat in die park lê en slaap… Umm…uh…
Punt is dit. Jy kan anyway nie onthou hoe die chips geproe het nie, jy skiem net dit was poeslekker (pun intended, I guess) want jy verbind dit met kindwees en lekker tye. Meantime is dit soos Apartheid, deel van die "goeie ou dae" maar nie actually sulke goeie ou dae nie, let's be honest. Behalwe as jy miskien van kleefmyne by die skool gehou het, of dalk Casspirs op die nuus, oorlog in Angola en Makarov pistole op die bus.
Kreols is kak, pretty much soos die eighties in Vereeniging was. Ja sure ons het pret gehad, maar dit was ten spyte van die omstandighede – nie as gevolg daarvan nie. Dis virfokkenseker. Kreols was lekker want daar was amper fokkol om dit mee te vergelyk en ons was kinders wat enige iets sou eet wat nie groente is nie. Selfs kak soos liquorice en daai simpel sweets wat soos appelkose lyk. Fokken stupid.
So next time, score 'n pakkie Lay's of Flings vir jou tanne of Dorito's as jy 'n wegbreker is. Of as jy dan moet nostalgies fokken wees, tand Nik-Naks of Ghostbusters. Dis at least lekker en gaan nie so fokken erg stink of jou so teleurgesteld los soos 'n standerd ses laaitie na 'n denim broeknaai sessie nie. Vra my…
Watkykjy staan op 3,048,171 post views in totaal sedert 1 November, 2019.