Min van ons is lus om in shopping centres te gaan rondfok oor die Kersgety en meeste van ons is last-minute mense. Dis maar net hoe dit is in Zef Afrika. Los alles tot op die heel fokken laaste oomblik. En dan fok goed meestal uit. Die dag voor Kersfees wil almal mekaar net bliksem en kak tune. Jy weet hoe dit is – fokol parking en sodra jy parking kry wil almal jou kar "mooi oppas". Dan kom jy by "sold out" rakke uit. Dis nou nadat 'n krimpie jou hakskeen afgery het met die industrial Makro trollie en jy dan vir 'n uur in 'n ry moet staan by die tills. Fokken nagmerrie kwadraad.
Soos elke jaar het ons weer so paar voorstelle vir Krismis shopping wat jy sommer online kan doen. Sommer so van die kakhuis af terwyl jy met die bruinbeer worstel by die werk. Ons spring sommer weg deur blatant ons eie piele te suig:
"Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos" – deur Griffin en Chopper Charlie (80 skille)
Hierdie outjie is al in 2008 geskryf en verkoop nog die hele tyd teen 'n fantastiese tempo. Amper so 'n fantastiese tempo waarmee die boek met jou weghardloop. Die print run het nou uiteindelik tot sy einde gekom en daar is omtrent so 40 copies van die outjies oor, so help ons om dit op te koop voordat ons die remaining paar boeke gaan gebruik om die pool tafel se voete uit te balance. Die boek is poes snaaks. Kry hom as jy hom nog nie het nie:
"Braaitreffers" – Hannetjie Joubert (189 skille)
Almal van ons braai. Jy kan net sowel leer om dit oordentlik te doen met so paar kief resepte. Soos Zefshop tune: "Braaitreffers bevat heerlike braairesepte; van voorgeregte en bykosse tot by ketelbraai en nageregte. Of jy nou vis, biefstuk, skaapvleis, vark of hoender verkies, dié boek het iets vir jou."
How to Play Guitar Step by Step (216 skille)
As jy hierdie outjie vir iemand vir Kersfees gee, behoort hy beter as Nicholas Louw te speel teen Boxing Day en kan moontlik sy eerse CD record teen nuwejaar, want dit vat nie veel om beter as meeste Afrikaanse "popsterre" te speel nie. Veral nie as hierdie boek jou die edge gee nie. Teen die tyd dat Oppikoppi 2013 aanbreek het jy genoeg kennis om daai dronk poes met die bokskitaar om die kampvuur te wees wat die kak uit almal iriteer. Hy kom met 'n DVD ook. Fokken futuristic!
Julius Malema Kakpapier (35 skille)
Zefshop se Julius Malema 3 ply kakpapier is ideaal as jy persente vir 'n hele span family members moet koop. In plaas van kouse of 'n slab tjoklits vir oom Hennie en sy agt pyporreltjies, gee vir hulle hierdie novelty kakpaier. Vee jou gat aan kinderpolitiek af. Dit is ook ideaal vir pubs, novelty shops, political rallies, kerk bazaars, om hondekak op te tel en akute uitbreek van spontane diarrhoea te beveg en is slegs by Zefshop beskikbaar. Die hele toiletrol is van begin tot einde met Julius Malema se bakkies geprint. Voer hom kerriestrepe!
Makita high pressure washer (net so oor die 1000 skille)
Ek het actually 'n outjie van dieselfde specs aangeskaf – 'n Karcher. En dit was na ek 'n tjommie se pressure washer eers geleen het om te kyk of die fokken goed actually werk. Hulle was by Makro afgemerk van R1700 na R1200 en as ek van die Makita geweet het, so ek dit eerder gekoop het. Daar is ook kleiner versions van die Karchers by Makro beskikbaar wat by so R400 begin. Elke huis het 'n pressure washer nodig, ek fokken sweer. Al wat jy nodig het is water en hierdie outjies maak fokken skoon soos Titanic by die Oscars. Jou kar, jou paving, jou vensters, jou mure en jou siel. Hieronder is 'n voorbeeld van kak wat om die swembad skoongemaak is en dit het omtrent fokol tyd gevat. Ek het so stukkie vuil gelos laat julle die verskil kan check:
Bucky Balls (550 skille)
Iets wat ekself oorweeg (vir myself) vir Krismis terwyl ek op die interwebs rondgefok het opsoek na kamera lense. Gelukkig kom dit ook in cheaper en kleiner combos uit. Fokken freaky magneetballetjies waarmee mens allerhande kak kan bou.Dis meer van 'n rondfok speelding waarmee jy voor die TV of by die graft in meetings mee kan speel en dit lyk nie of mens dit vinnig sal neersit nie. Maak die innerlike standaardgraad ingenieuer in jouself wakker. Tot jy al die balletjies wegpoes. Hier is sommer 'n video ook. Dit lyk of hulle 'n navy seal gebruik het om die fokken demo te doen. Ek sal maar vir eers vierkante en driehoeke bou:
Nikon Coolpix Waterproof S30. (799 skille)
As jy nie genoeg zak het om 'n fancy waterproof kamera te koop soos 'n GoPro nie (hulle gaan vir omtrent 3000 skille), kan jy settle vir Nikon se S30 waterproof kamera. Dit is 'n 10 megapixel kamera wat 3 meter waterproof is en jy sal hom so paar keer van net onder jou toggos op die paving ook kan laat val met sy shockproof casing. Die outjie neem 1280×720 video ook af, so jy kan daai hot niggie van jou se parra area in die swembad afneem as hulle oorkom vir kalkoen en krismisboks. Moet net nie uitgevang word nie. As jy in Brakpan bly, is jy either way safe…
Musiek (sommer lekker local musiek)
As jy nou regtig 'n cheapskate wil wees kan jy vir iemand Jack Parow se Eksie Ou (net oor die 50 skille) en Van Coke Kartel se Wie's Bang (ook net-net oor die 50 skille) koop en as een persent gee vir Krismis. Beide is fokken lekker albums en jou unsuspecting persent ontvanger sal salig onbewus wees van jou kort-arms-diep-broeksak-sindroom (tensy hulle natuurlik Watkykjy lees – dan is jy lekker uitgevang en gefok). Twee goeie albums vir net oor die R100 is mos 'n fokken bargain?
BraaiBoy se Grid Grabbers (220 skille)
Die perfekte perskenkie vir die marabsie of boere omie wat meer braai as wat hy slaap, draties kap of diere doodskiet. Jou hoef nou nie meer jou hande te brand of die rooster met koerantpapier, jou Supersport blokkieshemp of jou cherrie se oven mits af te haal nie. Kakwarm roosters sal ook nie meer op jou tone val nie. Gebruik hierdie light weight aluminium Grid grabbers om jou te help. Nouma lekker braai, hoor?
Soberac anti-hangover pille (85 skille)
Nou nie juis 'n Krismis persent nie, maar jy gaan dit defnitief fokken nodig kry oor die feesgety. Ons het sommer self hierdie outjies getoets die afgelope Saterdag met 'n 8 ure drinksessie ('n kombinasie van bier, brannas, shooters en sletsappies). Daar is 24 pille in die bottel en jy drink twee voor jy suip en twee na jy suip. Dit gee jou ses hangover vrye drinksessies teen ongeveer R14 per drinksessie (een bier, my bra!)
So daar is vir jou so paar tips vir krismis shopping. At best het dit dalk die tor in jou kop laat begin ronddraai of miskien so paar ander idees gegee.
Watkykjy staan op 3,089,794 post views in totaal sedert 1 November, 2019.