Okay fine, daar is baie min goed wat ek vir julle met sekerheid kan rapporteer na afloop van die Synergy festival in die Kaap. Maar ek sal probeer om die losstaande herinneringe aanmekaar te vleg met houtlym en baaltou, of my naam is nie Chopper Charlie nie.
1. Synergy het plaasgevind langs die Theewaterskloof dam neffens Villiersdorp. Ek weet dit want ek het 'n waterfront property gedeel met Iron Leyden, die Man van Staal. Ook, want ek het dié foto op my foon gekry…
(As ou Vaaldam joller kon ek die dam uitsig waardeer tesame met die hemelse klank van jetski's en dose op bote wat Swedish House Mafia pomp.)
2. Die konsep van "sinergie" is die effek wat verkry word as elemente kombineer om iets te laat plaasvind wat groter of beter is as die som van die elemente, of iets wat die elemente nie op hulle eie kan laat veroorsaak nie. Zzzz…
By Synergy die festival, dink ek dit verwys na die effek van baie verskillende vreemde goed by jou mond ingooi en dan kyk wat gebeur. Soos dit…
3. Prodigy het daar gespeel. Dis waarom ek wou gaan, maar die naaste wat ek aan hulle gekom het deur die loop van die naweek was dit…
4. Hierdie sticker het ek opgemerk by die Heartbreak Motel se klein Red Bull fridge. Nee, hulle weet ook nie…
So, kom gerus na Synergy toe. Dis 'n baie lekker fees en nie te ver uit die dorp uit nie. Dink ek…
Watkykjy staan op 3,110,906 post views in totaal sedert 1 November, 2019.