So paar van ons tjommies in die Kaap het besluit om 'n team bymekaar te sit vir die naweek se Flugtag kompetisie wat Sondag by die V&A Waterfront in Kaapstad plaasvind en ons het vir hulle zak gegee om 'n vliegmasjien te bou om by 'n ramp af te bliksem in die see in…
Deur Quentin:
Team Journey het nou al vir die afgelope drie maande hard gespook om ons supersonic besie-vliegtuig-ding te bemesteer en ons is so te sê klaar, behalwe vir die kop wat nog gebou moet word en so paar lappe, glitter en sparkles wat geplak moet word.
Met net drie dae oor voor ons, ons naam gat maak voor 20 000 mense, is die gees lekker dubbel K senter A. Hoekom vra jy? Wel, soos enige goeie rebelse span (daai outjies wat agter in die klas sit en tippex thinners snuif vibe) het ons mos al die werk vir die laaste week gelos, dis mos lekker om liewers RedBull en Vodka by die liters te suip in plaas van om te werk.
Alles het redelik goed gegaan totdat ons Dinsdagaand 'n break gevat het om WEER hoender vir aandete te eet en die fancy elektriese garage deur toegemaak het. Toe ons terug kom wou die deur nie oop nie, niks, zip, zilch fokol!
So al ons tools, lap, vlerke, naaimasjien en gemoed is in die garage toegelsuit.
Ons buddy by wie se huis ons werk sit in Tehran besig om onwettige alkohol te suip en ninjas op te chat terwyl ons sit met ons hande afgekap.
Vandag is Vrydag en Ek gaan nou 'n blikkie Q20, buisie KY en 'n hammer vat en kyk of Ek die garage deur kan bewerk, of anders gaan daar 'n angle grinder of twee in werking kom.
Maar moenie vrees nie, dis mos Suid Afrika die, ons sal iewers tussen 'n boer maak 'n plan en regstellende aksie vibes die deadline maak.
Vir die van julle wat in Die Kaap gaan wees hierdie naweek, kom loer in by die V&A waterfront, kom chat met ons en moedig ons aan want fok weet ons gaan dit nodig kry na hierdie laaste week. Moet asseblief nie vir ons enige drank aanbied nie, die reëls stipuleer dat niemand onder die invloed van alkohol of met 'n hangover hulleself 6meter van 'n ramp af mag gooi nie.
Ons span nommer is 23 en ons launch tyd is 14:15 – weather permitting – dis 'n ander storie: 35km/h winde word voorspel. Dis mos fokken lekker in die Kaap.
Luister ook uit vir ons op The Fresh Drive op 5FM Vrydag vir die Feel good Flashback vir 'n interview en ons theme song:
Leer die lyrics, sing saam en support die dodgy Dudes en Dudette in hulle 80's drag.
Hier is so paar fotos van die span en van ons vordering met die bouproses:
Leon: The clamp (ground crew)
Quentin: Tietspier (ground crew)
Emmerentia: Maverick (pilot)
Team Journey – Redbull Flugtag 2012
9 Desmeber 2012 V&A Waterfront 11:00 – 17:00
Gaan LIKE ons op Facebook, anders moet ons al die geld terug gee aan Watkykjy: http://www.facebook.com/TeamJourneyRedbullFlugtagSa
O ja, en ons soek 'n naam vir ons besie. Die beste een wen 'n R100 bar tab by The Hildebrand of Quay 4 op die dag van die event. Julle sal moet kom aanmeld en ID saambring, dan gee ons vir jou cash. Kom tune ons sommer by die event.
Watkykjy staan op 3,056,192 post views in totaal sedert 1 November, 2019.