Dis krismistyd hier by Watkykjy en hierdie jaar het ek al my favourite goed gekry in een kerskous: Onnies, konnies, airtime en nuwe musiek om te luister en te review. Aangesien daar 'n paar albums was om te geniet het ek besluit om sommer een moerse compilation review te gooi, maar sonder al die gewone kakpraat en langdradigheid. Net die belangrikste info wat jy nodig het om informed-holiday-gift-purchases-for-friends-and-family te maak. Mens kan in elkg eval net so lank in Menlyn se Look & Listen rondtos voor die selfmoord drange inskop.
Eerste aan die beurt is The World from the Side of the Moon, die debuut album van Phillip Phillips. Hierdie bra het 2012 se American Idol gewen maar dis verbasend nie so kak soos wat jy automaties sal dink nie. Dit klink nogals soos Dave Matthews band… Actually klink dit fokken presies soos Dave Matthews band. Ek het nie geweet dat Dave Matthews al so lank dood is dat sy reincarnation oud genoeg was om aan Idols deel te neem nie maar dit blyk die geval te wees. Hierdie album sal jou ure se genot verskaf as jy dit speel binne earshot van enige DMB fan en dan kyk hoe hulle hulself bekak oor die nuwe “pop” rigting rigting wat sy musiek gevat het.
Volgende is Christmas In The Sand, Colbie Caillatt se kersfees album. As jy nie weet wie sy is nie, moenie worry nie, ek ook nie. Sy het bykbaar toe ek op hoërskool was 'n hit gehad met die song “Bubbly” wat presies die klank is wat ek gemaak het toe ek in my mond gekots het na ek Christmas In The Sand moes luister. Ek weet dis onvanpas om enige soort emosie en passie te soek op 'n krismis album maar die jirre weet hierdie tipe kak maak my tiete lam. Dis die soort album wat mall managers koop om as agtergrond musiek te speel in die foodcourt, van die begin van November af reg deur tot die Back to School promotions weer begin. Dit tel seker in haar guns dat sy mooi lyk in 'n kersvader print bikini. Sy's 'n baie mooi meisie maar op 'n gesonde, heilsame manier. Amper soos sexy Weetbix.
En dan laaste is Die Heuwels Fantasties se nuwe album, Alles Wat Mal is.
…meer soos Alles Wat Kak Is. Enige musiek wat ek luister sal ten minste 'n kans gegun word, maar die day-glo, ironiese eighties nostalgia wat DHF hierso oplewer doen dit net eenvoudig glad nie vir my nie. Die produksie is vlymskerp en daar's 'n paar songs wat…nee, fokkit, ek kan net nie 'n silver lining om hierdie sit nie. My Ma het altyd gesê dat as ek niks goed het om te sê nie, ek eerder my fokken bek moet hou, so in plaas daarvan om gal te braak, gaan ek eerder positief wees en hieronder vir julle 'n lys van krismis geskenke gee wat jy eerder kan kry vir daardie spesiale persoon in jou lewe.
1. Hierdie mooi onderbroeke. Vir jou hande.
2. Hierdie exciting putt-putt game. Vir terwyl jy kak.
3. Hierdie ongelooflike elektriese koekroller.
4. Hierdie lekker Knoffelbrood.
5. Hierdie nuutste Jurie Els CD.
Watkykjy staan op 3,056,059 post views in totaal sedert 1 November, 2019.