Hos aan al die Kaapse Watkykertjies! Woensdag, 12 Desember gaan Rob Van Vuuren en Martin Evans jou broek aan die moederfokken brand steek met hoogs vlambare komedie, musiek en totale chaos. Die show sluit ook Franscois Van Coke, Arno Carstens, Conrad Koch en die PaigeMac band in.
Hierdie show het die "Standard Bank Ovation Award for Comedy" by die National Arts Festival gewen vroeër die jaar. Na Arno Carstens en Francois van Coke elk so paar tunes gejol het, sal hulle die grapgatte op die couch join en so bietjie uitmekaar gehaal word. Conrad Koch en sy demented puppets sal ook sorg dat jy effens jou hol rek en hom dalk skeur. Entrance is R60 by die deur en R50 online deur www.webtickets.co.za.
Maar hey, kom ons gee sommer vyf fokken double tickets weg vir die show! Dis mos amper Krismis, of hoe? Tune ons sommer net hieronder in die comments as jy die tickets soek. Ons sal die eerste vyf outjies elk 'n dubbel ticket in die klou stop wat dit Woensdagaand 12 Dec by Mercury Live in die Kaap kan bywoon. So fokken maklik soos dit! Laat waai, kwagga!
Watkykjy staan op 3,090,625 post views in totaal sedert 1 November, 2019.