Almal het al daardie oomblik gehad. Jy luister na die nuuste poptreffer op die radio, jy haat dit met 'n passie en sodra jy klaar ge-keelkots het, skiem jy “Ek kan 'n beter song as dit in die toilet uitkak”.
Wel nou't jy die kans om te sien of jy dit actually kan doen en 'n song te skryf vir 'n rêrige êrige band wat al gespeel het voor mense en shit.
Nou in sy tweede jaar, gee Sanlam en Litnet se Sing'it 2012 Liriek skryf kompetisie jou die kans om jou inner sensitive-singer-songwriter uiting te gee en dis heel eenvoudig: Skryf 'n song vir een van ses bands wat die jaar se kompetisiekunstenaars opmaak, upload dit Facebook toe en sit dan terug en droom oor al die bitches wat jy gaan kry en al die bling wat jy gaan kan bekostig as jy wen.
Hierdie jaar se bands is:
Zaki Ibrahim
Tumi & the Volume
Zinkplaat
Louise Carver
3rd World Spectator
EkHouVanJou,Okay?
As jou lirieke gekies word deur een van die bands, kry jy 50000 skille om vir jou enigeiets te koop wat jou hart begeer, soos daai nuwe low-glo vir jou Mazda Midge, of daai industrial nosehair-trimmer wat jou cherrie skiem jy nodig het. Al die bands record dan hulle wen-liedjies, wat in Februarie volgende jaar verniet vrygestel word op die interwebs.
Uit die ses kan die publiek vote vir hulle gunsteling, wat vir jou dan R50000 in die sak gaan bring, en nog 50k vir die band om 'n next level musiek video te maak van jou next level liedjie.
Jy kan al die inligting kry op Sing'It se Facebook page, of direk na die LitNet site gaan om jou lyrics te gooi. Maar julle sal moet roer, entries sluit op die 21ste Desember en late submissions word nie aanvaar nie, al het jy soos wat ek ek laasjaar gedoen het, die beste Bittereinder song nog ooit geskryf.
Watkykjy staan op 3,057,592 post views in totaal sedert 1 November, 2019.