Die petrolprys en eToll gaan reguit vir ons almal se boude. Veral eTolls wat nou landuit gerol gaan word, so julle ouens in die Kaap kan maar ophou lag vir ons Valies hierbo.
Een manier om zak te spaar is om 'n liftclub te begin of om soveel mense as moontlik in jou kar te pas. Soos hierdie nege studente van die University of Johannesburg wat hulleself in 'n Mini in ge-squeeze het en nou met 'n nuwe rekord sit.
Jy kan natuurlike beter doen met BioPlus se Make a Record, Break a Record. Gaan net na hulle site toe en jy kan R50000 score. Maak joue eie kief rekord op of breek iemand anders s'n. Vandag duik ons dus met komplimente van BioPlus.
Fokkit maats, dis amper Krismis. As jy nou nog by die werk sit, is daar iets moerse fout met jou. Meeste van julle gaan seker oor die naweek kersfees hou. Stuur bietjie foto's in van jou kak persente. Tot dan is dit eers naweek en ons moet nou eers so bietjie fokken duik!
PS: Bizarre Bedonderde Donderdae sal van 3 Januarie af weer terug wees. Dinge is kak hectic by Watkykjy HQ. As ons by some miracle dit wel regkry om episodes voor dan te maak, sal julle eerste daarvan weet. Wees veilig oor die naweek en moenie soos 'n poes bestuur nie. Ook nie dronk nie. Jy soek nie vleispyp in jou poefkanaal oor Kersfees in die tjoekie nie.
Watkykjy staan op 3,056,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.