Braai Hard: ‘n Standaardgraad lesplan in vleisswaai

In Snotstories deur Franstasties

Kyk, hierdie artikel is nou nie vir jou bedoel nie. Ons ken jou kaliber. As jy by laaitjie se Voortrekkernaweek braai dan kry jy sommer ook 'n medalje by die Kommando Offisier tydens Saterdagaand se prysuitdeling. Almal vra jou happies advies, maar soms raak dit te veel en dan wil jy net daai vreemde moer wat jou vrou se bestie spyker in die gesig vreet as hy nog een keer jou sosatieresep probeer steel. Jy wil darem van jou geheime terughou om in te sluit by daardie braaiboek wat jy eendag gaan klaarmaak. Maar nou toe, ons het die oplossing. Ons doen sommeer 'n vinnige reeks artikels oor braai. Stuur dit vir daardie nar as hy jou weer pla en skryf ‘Watkykjy’ in die subject line. Net so.
Vir die van julle wat gaan saamlees, welkom maats. Ons lesplan is dalk standaardgraad, maar niks funksionele graad kak soos ‘onthou genoeg ys’ of ‘vriende maak ‘n braai gesellig’ sal hier gehoor word nie, pêl.    

Dit gaan witwarm word hier. Maak jou reg, papawer.

Les 1: Wat kan ek maak dat my braai nie so erg rook nie?

george-poesElke jaar teen kerstyd mompel jou dronk Oom oor die fokken groen hout wat mens ‘hierdie tyd van die jaar’ kry by Hartenbos se BP. Maar waarvan praat hy? Is dit net sy sifilis wat opvlam? Dis eenvoudig, maats: bome is lewendige dinge en die aanwesigheid van natuurlike sappe binne die boom maak dat hy ‘groen’ is. Dieselfde beginsel geld as jy ‘n baba oopvleg met ‘n bottermes om te bewys dat hy ‘rooi’ is. Wat het dit te doen met braai? Wel, dis die rede waarom jou hout lyk asof hy hondsolheid het. Die hittebron (jou Blitz) bring die sappe in die hout tot en met kookpunt wat dan maak dat hy so borrel en suis.

Die hout rook nie omdat 7-Eleven dit buite in die rëen gelos het nie. Dit rook omdat die boompie nie lank terug gesny was nie en nog nie tyd gehad het uit te droog nie. Die oplossing is om een van daardie ouens te kry wat halwe bakkies vol hout verkoop en moerse baie hout in jou tuin te los om uit te droog. Moenie worry oor rëen nie, dit doen absoluut fokkol aan die hout nie. Dis die sappe wat moet uitdroog en dit vat tyd.

Nou maar toe, dis hoe maklik dit is. Tot volgende week toe dan. En onthou, jou braaivleis is die lekkerste wat Ouma al ooit geproë het.

Hierdie post is 226 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,466,434 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
FranstastiesBraai Hard: ‘n Standaardgraad lesplan in vleisswaai